|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 179
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Oor die wysheid van die Heer
179 (RafaEl:) “By `n groot gebou wat klaar is, sien jy byvoorbeeld in `n muur `n steen en dan weer `n balk wat uitsteek. Dan sal jy ook as volg oordeel: “Waarom het die boumeester nou die steen juis in hierdie muur laat messel en die balk daarbo laat uitsteek? Kon hy nie die steen netso goed en doelmatig in `n ander muur gebruik het en die balk in `n ander gedeelte ingevoeg het nie?”
[2] Die boumeester sal aan jou sê: “Vriend, jy oordeel oor my boukuns, waarvan ek baie duidelik bewus is en waarin ek deskundig is, soos `n blinde oor kleur! Kyk, die steen wat jou so erger moet juis op die plek ingemessel wees vir die geheel en die duursaamheid van die gebou, netsoos jou oë hulle doelmatig op die plek in jou hoof bevind, wat vir hulle die mees geskikste is. En so is dit ook met die balk wat uitsteek. Word jy eers self van die grond af aan deskundig in die bou, dan sal jy in staat wees om `n korrekte en ware oordeel te vel oor `n gebou en oor die afsonderlike bestanddele daarvan, van die eerste tot die laaste en van die kleinste tot die grootste!”
[3] Wat `n deskundige boumeester aan jou sou sê, as antwoord op jou oordeel oor sy bouwerk, dieselfde sê ek aan jou as antwoord op jou oordeel oor die toestande van die siel wat haar definitiewe vorm voorafgaan.
[4] Om my jou vraag vanuit jou Griekse wysheid heel duidelik uiteen te sit, het jy die beeld van `n ketting gebruik, waarvan die ringvormige skakels afsonderlik en op hulleself wel voorhande is; maar omdat hulle nie met mekaar verbind was nie, bestaan die een skakel eintlik nie vir die ander nie en kan dus ook geen wederkerige verbinding daarmee hê nie. Want as `n skakel nie goed herkenbaar, sigbaar en voelbaar aan die daaropvolgende hang nie, het die hele los ketting ook glad geen waarde en bestaan eintlik ook gladnie.
[5] Maar ek sê vir jou: gaan maar net kyk by `n baie goeie kettingsmid, hoe hy `n ketting maak! Eers word daar maar net afsonderlike ringe gemaak; as dit eenmaal in die korrekte hoeveelheid daar is, word hulle volgens die aloue reëls van die smeekuns deur tussenskakels met mekaar verbind, en wel sodanig, dat daaruit na die eerste verbindende werk, gedeeltes van slegs drie ringvormige skakels te voorskyn kom. As daardie werk klaar is, word twee gedeeltes van drie skakels deur `n sewende tussenskakel met mekaar verbind, daarna ontstaan daar deur `n nuwe tussenskakel stukke van vyftien skakels, welke ook weer met mekaar verbind word, en dit gaan so deur, totdat die hele, lang ketting klaar is.
[6] As volgens hierdie ou manier van smee die lang ketting van die eerste tot die laaste skakel klaar is, sal jy dan ook nog vra waarom die meestersmid, wat baie ervare is in sy ambag, vir die maak van `n lang ketting aanvanklik maar net afsonderlike, onsamehangende ringvormige skakels gemaak het? Of sal jy dan nie veeleer by jouself dink nie: “Die meestersmid het heeltemal gelyk om so te werk; want daardeur het hy hom oortuig van die stewigheid van elke afsonderlike skakel. As elke skakel nou op sigself stewig is, sal die hele ketting na die verbinding daarvan ook stewig en duursaam wees!”
[7] Ook al lyk die afsonderlike voorafgaande toestande van `n siel vir jou verstand as te ware nie verbind nie, in die oë van die groot Meestersmid bestaan sy al in haar samehang. Want welke meestersmid op die hele aarde sou so onnosel wees om net vir sy uiters eentonige genoeë voortdurend afsonderlike kettingringe maak, sonder om ooit die idee en die wil op te neem om haar tot één hele, goed bruikbare ketting te verbind nie?
[8] Maar as `n aardse smid dit alreeds nie doen nie, wie se verstand ten opsigte van die wysheid van God so goed as niks is, hoeveel minder kan jy so-iets dan van die uiters liefdevolle en meer as wyse God verwag! `n Smid wat onnosel en dwaas sou wees, sou werklik selfs nie die slegste ring van `n ketting kan maak nie, laat staan `n hele ketting. Maar as `n smid met behulp van sy verstand, vakmanskap en krag afsonderlike ringe kan vervaardig, sal hy ook goed in staat wees om `n hele ketting daarvan te maak, omdat hy die afsonderlike ringe maar net vooraf vervaardig het om die hele, goed bruikbare ketting te kry.
[9] En des te meer die God wat afsonderlike voorafgaande toestande van die siel van die mens ook maar net vooraf laat ontstaan en tot `n as te ware afsonderlike bestaan laat kom, ten behoewe van die uiteindelike volledige verbinding daarvan.
[10] As God egter nie wys sou gewees het nie, sou Hy ook nie so magtig gewees het om iets vanuit Homself tot `n as te ware buite Hom bestaande en vormhebbende lewe te roep nie. `n Allerhoogste mag en krag is egter nie denkbaar sonder `n hoogste, suiwerste, alleronbaatsugtigste liefde en, uitgaande van haar ewig lewende vuur, `n allerhoogste en uiters lewende wysheidslig. En van daardie lig kan geen enkele, ook maar enigsins gelouterde menslike verstand, ooit verwag, dat Hy ( dit wil sê die Liefde en Wysheid van God) allerlei swak en onbeholpe wesens in `n dikwels uiters kort lewe roep om Hom daardeur `n kortstondige genoeë te verskaf, soos kinders met hulle speelgoed nie; want in daardie as sodanig totaal onmoontlike geval sou God in Sy Liefde en Wysheid net so magteloos wees soos `n mens en sou Hy deur die mag van Sy wil geen enkele wese tot `n werklike bestaan kon roep nie.
[11] Daaruit kan jy opmaak dat daar ten eerste één ware en ewige, in Homself onveranderlike God moet bestaan, waarsonder geen ander wese denkbaar sou gewees het nie. En ten tweede dat hierdie een en enige ware God die hoogste, suiwerste liefde en dus ook die hoogste wysheid, waarvan al Sy eindeloos vele werke getuig, en daarom ook bo alles magtig moet wees, omdat niks daarsonder geskape sou kan word nie. En ten derde omdat God in Homself as die ewige orde, onveranderlik is, kan ook Sy skepsels na die voorbestemde periode van hulle voleinding, waaraan daar weliswaar wel sommige skynbare veranderings vooraf moet gaan, onmoontlik anders as, netsoos Hy, vir ewig onveranderlik bly.
[12] As dit nou nog nie voldoende vir jou is nie, kan jy ewig nog oortuigender bewyse soek, maar die sal jy nooit vind nie! - Het jy alles wat ek nou vir jou gesê het, goed en as werklik waar begryp?”
|
|
|
|
|