|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 162
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die gesprek tussen die Romeinse opperregter en die Griekse arts
162 Nou kom daar `n vername Romein, wat die arts al `n wyle gestaan en afluister het, na Ons arts toe en sê aan hom: “Vriend, watter een enig ware God het jy dan gevind, terwille van wie se almag jy hier teenoor jou meer beskeie metgeselle teen alle ou gode, alle mense, alle furieë en duiwels, aan die wilde verskeurende diere, adders en slange en in jou fantasie stellig ook teen die elemente oorlog verklaar het? Jy ken die wette van Rome en die streng en onverbiddelike handhawing daarvan, en ek is `n Romeinse opperregter en het my mense hier. Wat sou jy sê as ek jou nou, ondanks die almag van jou nuwe God waarvan jy seker weet of hoop dat die jou sal beskerm, tog deur my geregsdienare laat gryp en in `n ellendige kerker laat werp? Regverdig jouself nou dus oor jou nuwe, enig ware God, of daar sal met jou gebeur wat ek jou gesê het!”
[2] Vol manlike onverskrokkenheid sê die arts: “Hoë regter, u het ook as sieke hierheen gekom, nadat u eers by alle gode en ook by alle artse, selfs by my op Melita, hulp gesoek het vir u ongeneeslike longkwaal! Wat sou u dink van iemand wat mens kan sien en spreek, wat u in één oomblik deur die wonderbaarlike mag van Sy wil selfs op `n afstand sodanig sou genees, dat u netso volmaak en blywend gesond sou wees as wat u ooit tevore in u jeug was?
[3] Sou u so iemand dalk gelykstel aan ons, wat mekaar nie meer kan help nie, en hom met u Romeinse regterlike mag bedreig? Of sou u uiteindelik nie by uself sê nie: “Kyk, dié Man is in staat tot wat slegs `n god, maar nooit `n mens kan doen nie. Hy moet dus in Homself ook van `n volmaakte goddelike natuur en `n goddelike wese wees!?”
[4] Kyk, so iemand het ons gevind! Daar staan twee, wat vanmôre op die berg deur Hom, slegs deur Sy wil, genees is. Hulle het ons daardie blye berig gebring en ek, wat arts is op Melita - netsoos wat u goed sal weet, omdat u my `n jaar gelede, vanweë my welbekende goeie naam, self besoek het en ek die ongeneeslikheid van u ou kwaal netsoos my eie slegte toestand, goed onderken het - het as gevolg van die oortuiging van my twee vriende in myself `n volledige vertroue in die waaragtige Godmens opgeneem en Hom gevra of Hy my nie op dieselfde manier wou help as wat Hy met my twee vriende gedoen het, wanneer Hy miskien vandag nog seënryk na die kuuroord toe sou kom, netsoos Hy belowe het.
[5] Maar ek het die wens nog maar nouliks met die volste vertroue in die wonderbaarlike mag van die Godmens teenoor hierdie plek - en lotgenote van my hardop uitgespreek, of daar skiet as te ware `n bliksem deur alle vesels van my liggaam – en kyk, op dieselfde oomblik word ek so volkome gesond soos wat ek nooit tevore was nie!
[6] Die Godmens waaroor ek u, hoë regter, nou vertel, besit dus nie alleen die suiwer goddelike eienskap om elke siekte deur die almag van Sy wil te genees nie, maar Hy weet ook van `n afstand die mees geheime wat u in uself dink en voel en kan u dan ook vanaf die grootste afstand help.
[7] Kan die keiser dit ook met al sy dapper legioene of ons stomme Zeus, Apollo of `n ander god wat hoog deur u vereer word? As hulle dit sou kon doen, sou ons onsself sekerlik nie in ons ou en laaste dae toevertrou het aan die kuuroord, waaroor ons weliswaar baie roemryke en wonderbaarlike dinge gehoor het nie. Met al ons vele gebede en offers aan ons gode het ons geen haar beter geword nie, maar inteendeel van dag tot dag slegter - en die so hooggeprese kuuroord, waar u uself al langer bevind as ek, het u toestand, volgens my insig, nog nie merkbaar verbeter nie!
[8] As my nuwe God nou, wat volgens my onverskrokke bewering die enig ware is en nie deur die ou, selfsugtige en lui priesters versinde nie, u ook skielik so sou help soos wat Hy my gehelp het - wat sou u mening dan oor Hom wees, en watter taal sou u vanuit u diepste gemoed hardop deur u mond uitstoot?”
[9] Nou sê die regter: “Ja, as dit so sit, kom alles in `n ander daglig te staan! Ek oefen my amp in Tirus uit en het ook al baie gehoor oor `n sekere Wonderheiland, wat in die Judese land rondtrek, en ook dat Hy `n heeltemal nuwe godsdiens onder die Judeërs versprei, `n groot aanhang kry en daarom deur die Judese priesters en hulle owerstes oral vervolg word, maar dat hulle Hom tog nie kan gryp nie; maar oor die goddelikheid van Hom, wat so beslis deur jou vasgestel is, het ek tot nou toe niks gehoor nie.
[10] Maar hoe dit ookal sy, omdat Hy Hom eers sedert `n kort tydjie in hierdie plek ophou en selfs die kuuroord wil besoek, sal ek Hom by die geleentheid ook nog wel nader leer ken.
[11] Van ons opperstadhouer Cyrenius en sy ondergeskikte adviseurs weet ek wel dat hulle baie erg oor Hom is - maar of hulle Hom ook as `n God erken, daaroor het my nog niks ter ore gekom nie; dit kan heimlik wel so wees, maar hulle sal nie openlik daaroor praat nie, maar alleen onder mekaar.
[12] As vriend sou ek jou dus ook nou wil aanraai om dit nog ietwat meer geheim te hou en eers hardop daaroor te praat as daar nog meer oor jou God van werklike goddelike aard na vore sal kom onder die mense; want anders sou jy tog, en veral met die duister priesters, aansienlik probleme kan kry.
[13] Ek is nou self geen vriend meer van die lui en bowendien steeds boosaardige afgodedienare nie - want hulle het my menige pond goud en vele ponde silwer afhandig gemaak, en dit alles vir niks - maar wee diegene wat dit sou waag om in hulle aloue wespe, perdevlieg- en skerpioenneste te por! Meer hoef ek jou nie te sê nie.”
[14] Daarop sê die arts, heeltemal gloeiend van ywer: “Vriende, met die sekere hulp van my nuwe en enig ware God durf ek die heilige groot en lewende waarheid teenoor alle mense hardop uit te spreek, en hulle sal my nie te na kom nie! Die oortuiging leef nou al diep in myself, hoewel ek nog nie die barmhartigheid gehad het om die persoon van my God en Heer te sien nie; hoeveel groter sal my moed dan wel nie word nie, as ek Homself gesien en gespreek het! Mog Hy nou gou na ons toe kom!”
|
|
|
|
|