Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die noodsaak en die doel van versoekings

23 (Die Heer:) “As hierdie wêreld nie van alle denkbare verleidelikhede voorsien was nie, maar as dit vir die mense maar net was wat `n woestyn vir die wilde diere is, dan sou sy vrye wil, wat aan God gelyk is, sy insig en sy verstand ook verniet aan hom gegee gewees het; want waardeur sou sy liefde dan gewek moet word en wat sou die liefde, nadat sy gewek is, moet begeer en wil, en wat sou sy insig kon louter en sy verstand kon opwek en tot lewe bring?  

[2] Die bykans eindelose groot verskeidenheid, goed en sleg, edel en onedel, is dus maar net daar vanweë die mens, sodat hy alles kan sien, leer ken, ondersoek, uitkies en doelmatig gebruik; daaruit kan hy dan ook gaan aflei dat `n baie wyse, goeie en almagtige Skepper dit alles so geskape en ingerig het, en wanneer die mens uit homself so begin te oordeel, laat hierdie Skepper werklik nooit na om Homself van naderby aan die denkende mens te openbaar nie, netsoos dit nog in alle tye van die mense onteenseglik die geval was.

[3] Maar as die mense te veel verdwaal en verstrik raak in die verleidelikhede van die wêreld en dink dat hulle maar net bestaan om as verstandige en denkende wesens hulleself uit die wêreld wat met alle dinge ryklik toegerus is, van alle denkbare genietinge te voorsien, en as hulle nie die eintlike doel ontdek waarom hulle in die wêreld geplaas is en wie hulle in die wêreld geplaas het nie, dan kan daar natuurlik geen sprake wees van `n egte, hoër openbaring van God en Sy wil van liefde nie; die kan eers plaasvind, wanneer die mense deur allerlei nood en ellende tenminste in soverre begin na te dink, dat hulle vra: “Waarom moes ons eintlik in hierdie ellendige wêreld gekom het, en waarom moet ons onsself eintlik so laat kwel en martel tot aan ons sekere dood, wat `n ellendige afsluiting van ons vertwyfeling is?” - netsoos ook jy, Nojed, vroeër op soortgelyke wyse filosofies geklets het.

[4] Dan het die oomblik ook aangebreek waarop God Homself weer opnuut aan die mense begin te openbaar, eers deur die mond van gewekte mense, en deur ander tekens, maar ook deur allerlei soorte oordele oor die mense, wat deur allerlei leuens en bedrog en die onderdrukking van arm en swak mense, - wanneer ryk en magtige mense trots en liefdeloos en baie oormoedig geword het; mense wat self aan geen enkele God meer dink en nog minder in hulle hart daarin glo nie, maar hulle maar net in alle genietinge van die wêreld stort, oor die arm mense heen loop en hulle selfs nie meer die waarde van `n mens, maar nouliks die van `n gewone dier toeken.

[5] Wanneer die maat daarvan onder die mense op die wêreld eenmaal vol sal wees, kom daar ook `n groot oordeel en daarmee ook `n groot, direkte openbaring van God aan die mense, wat in hulle hart nog die geloof in God en dus ook liefde tot Hom en hulle naaste bewaar het.

[6] Dan sal die godloënaars en trotse bedrieërs en onderdrukkers van die aardbodem weggevee en die gelowiges en armes opgerig en vanuit die hemele verlig word, netsoos dit nou die geval is en later, oor byna 2000 jaar, ook weer die geval sal wees. Die tyd, waarin so-iets kan en ook seker sal plaasvind, is netso maklik te herken as in die laat winter te sien is dat die voorjaar nader, as julle na die bome kyk en sien hoe hulle knoppe steeds meer swel en sappiger word en hoe die sap, netsoos die trane van die mense, van hulle takke en lootjies op die aarde neerdruppel en in sekere sin smeek om verlossing uit die nood van die winter, waarin soveel bome wegkwyn.

[7] Wanneer die hart van die arme mense dus eenmaal deur die lig van die waarheid vanuit God ligter begin te word en gaan swel, en wanneer die aarde boonop deur die onbarmhartige en grenslose onderdrukking vogtig word van hulle trane, dan het die groot geestelike voorjaar baie naby gekom.

[8] As julle drie en ook julle, My reeds ouer vriende, goed daarna sal kyk, sal julle vinnig en sonder moeite kan ontdek watter tydstip dit nou is, en wie Ek nou eintlik is.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205