Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die verandering van die woestyn

47 Ek sê: “Wel nou dan! Let op en skrik nie; want daar sal van julle geen haar gekrenk word nie! Kyk, dit is hier `n woeste streek van enkele duisende morge land; niks maar kaal, woeste gesteente nie, slegs hier en daar begroeid met `n half verdroogde doringstruik en `n paar distels. Hierdie woestyn is ook vanweë haar onvrugbaarheid en orige woesteny vir niks anders geskik maar hoogstens as `n miserabele, moeilike en moeisaam begaanbare weg vir vragvervoer.

[2] As Ek in hierdie omgewing `n verandering aanbring en haar dan aan julle en julle nakomelinge as eiendom gee, word niemand daarby in sy landbesit benadeel nie. Julle het julle tog al grotendeels in hierdie woestyn en in die vele ravyne en gate daarvan opgehou, sodat dit julle eintlike woongebied geword het, wat die aan die rand van hierdie woestyn wonende Samaritane en vir `n deel ook Galileërs en Judeërs maar al te goed bekend is, en so sal julle hierdie streek ook in `n bloeiende en vrugbare toestand ongehinderd julle eiendom kan noem.

[3] Maar voordat Ek in julle teenwoordigheid en ten behoewe van julle hierdie woestyn sal seën, moet Ek julle laat sien dat Ek ook Heer is van alle magte en kragte in die hemele, en open daarom nou julle oë, ore en harte! - Openbaar julle, magte en kragte van My hemele wat vir julle vleeslike oë verborge is!” 

[4] Toe Ek dit gesê het, word die innerlike gesig by almal geopen, en hulle sien tallose skares engele en hoor `n verhewe lofsang, waarvan hulle siele die betekenis egter nie kon vat nie; en vele van die mees verligte engele daal na My af en aanbid My Naam.

[5] Toe die voormalige rowers dit sien, word hulle deur groot vrees oorval.

[6] Maar Ek sê aan hulle: “Waarom is julle bang vir hierdie engele van My, wat My in alle saligheid vir ewig onderdanig is en bly? Ek is immers tog die enige Heer oor alles in die hemel en op aarde, en julle was vir `n lang tyd nie vir My bang gewees nie, alhoewel Ek dit vir julle gesê het!”

[7] Hierop klim alle rowers van hulle lasdiere af, werp hulle op hulle knieë en smeek My om barmhartigheid.

[8] Die verskynsel duur ongeveer `n kwartier, en in die tyd beveel Ek die om My heen knielende engele terstond om die magtigste bliksem, wind en reënstorm bo hierdie streek te gebied, sodat Ek hierdie woestyn daarna tot vrugbare land kon seën!

[9] Daarop begin die verskynsel ooreenkomstig My wil te verdwyn; maar in plek daarvan begin die aardse hemel hom met swaar nabye wolke te vul. Dit duur geen halfuur nie, of daar begin vanuit die suide sulke heftige orkaanwinde te woed, dat die rowers en selfs My leerlinge My begin te vra om hulle nie te gronde te laat gaan nie.

[10] Maar Ek sê aan hulle: “Julle het sulke dinge tog al dikwels aan My sy meegemaak, en nooit is `n haar van julle daarby gekrenk nie! Welke mag sou julle kon skaad, as Ek by julle is, kleingelowiges?”

[11] Daarmee stel die leerlinge hulle weer tevrede. `n Paar treë verder op was daar egter `n ruim grot. Toe die storm steeds hewiger word, die een bliksem duisend maal duisendvoudig op die ander volg en die reën in strome uit die wolke begin te stort, gryp die rowers hulle lasdiere en vlug daarmee die grot in, terwyl Ek met My leerlinge op die oop plek bly, sonder om ook maar deur één reëndruppel geraak te word.

[12] Die storm duur maar `n halfuur, en tog het die magtige bliksems die woeste gesteente van die hele woestyn meer as `n manslengte diep tot `n dik laag grys leem vergruis en geknie, en die kriskras spuitende waterstrome het daarmee die vele holtes en klowe opgevul en hulle sodoende geskik gemaak vir landerye en tuine. My wil het onsigbaar die vele ander gate en holtes in die aarde opgevul, en so word die geheel taamlike groot woestyn binne die korte tydsbestek van nouliks `n uur verander in `n weelderige land vir akkers en wingerde. Die storm was verby, die hemel klaar op en die son skyn met haar warm strale nou op `n nuwe stuk aardbodem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205