Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer laat die Indo-Judeërs weer na hulle eie land gaan

133 Toe Ek hierdie toespraak tot die Samaritane beëindig het, word ook die aandete, wat reeds voorberei was, in bakke op die tafel gesit. Die sewe tempeldienare gaan aan `n tafel sit wat vir hulle gedek was, en die Samaritane aan die tafel wat in die hoek van die saal vir hulle gedek was, en vervolgens neem Ons almal die maaltyd tot Ons, wat vir die merendeel uit uitstekend bereide visse bestaan het, en drink die wyn.

[2] Toe die maaltyd na `n uur beëindig was en die wyn die tonge weer losser maak, kom daar `n paar Samaritane na My toe wat My eers hardop met welgekose woorde uit naam van almal dank bring vir die leer wat hulle gegee was. Daarna vra die een My, of hulle as My leerlinge, in geval van nood, ook in My Naam tekens sou kan doen.

[3] Ek sê aan hulle: “Dit sal ten eerste afhang van die sterkte van julle geloof, en ten tweede het Ek julle tog al oorduidelik die volkome ware versekering gegee dat julle alles gegee sal word, waarvoor julle die Vader in My Naam sal vra. Welke versekering moet Ek julle nou nog meer gee?”

[4] Toe die twee dit hoor, buig hulle diep voor My en gaan weer na hulle metgeselle.

[5] Na die kort gesprek, waarna daar verder niks van betekenis voorgeval het nie, begewe Ons Ons ter ruste en slaap tot die oggend, hierdie keer op goeie rusbeddens. 

[6] Daarna bly Ek nog sewe dae met My leerlinge in Kis. Ook die sewe fariseërs bly, saam met hulle dienare, en behalwe hulle, ook die Samaritane, en hulle word deur My leerlinge volkome in My leer onderrig; slegs die vier Indo-Judeërs vertrek vroeg in die oggend weer na hulle land langs `n ander weg, wat baie korter was.

[7] Om te sorg dat hulle nie kan verdwaal nie, wek Ek die van tevore al sterk ontwikkelde innerlike gesig van die meisie, en sê dat sy hulle drie as leier moes dien, waarmee hulle dit ook heeltemal eens was; na die oggendmaal vertrek hulle nog voor sonsopkoms, nadat hulle My eers van ganser harte bedank het vir die leer en vir die verleende barmhartigheid en omdat hulle van Kisjona en ook van die sewe tempeldienare, wat baie goud besit het, ryklik voorsien was.

[8] Wat Ek daarna gedurende die sewe dae in Kis gedoen het, sal Ek baie kortliks aanhaal, om te sorg dat daar geen leemte ontstaan in die vertelling oor My doen en late op aarde nie.

[9] Vir ses dae het Ek met Kisjona en Philopold, nou eers in Kane (`n grensplek) in Samaria en dan weer in Kis, deurgebring, by welke geleentheid Ek die mense wat na Ons toe gekom het, onderrig het en verskillende siekes genees het en met My twee begeleiers ook oor baie natuurlike dinge gespreek en hulle onderrig het.

[10] Die sewende dag versterk Ek eers die sewe fariseërs en ook hulle dienare, waarvan elke fariseër daar sewe het, en stuur hulle na Opper-Egipte via Tirus, waar hulle hulleself in My Naam by Cyrenius moes aanmeld; hierdie gee hulle `n geleibrief en verskaf hulle `n reisgeleentheid oor water na Egipte.

[11] Nadat die fariseërs op hierdie manier maklik op weg gestuur was, wend Ek My tot die Samaritane, wat saam met dertig mense was, versterk hulle en stuur hulle na hulle eie land om almal wat nog blind en doof was, daar die oë en die ore te open. En toe vertrek hulle.

[12] Toe Ek My teen die middag gereed begin te maak om verder te reis, vra Kisjona, Ons Philopold en ook Maria My om nog tot die volgende môre te bly.

[13] Ek sê: “Teen die liefde moet mens hom nooit verset nie; Ek sal dus weliswaar nie tot môre by julle bly nie - omdat Ek vóór alles die wil moet vervul van die Een wat My in hierdie wêreld gestuur het - maar Ek wil tog wel tot na die middag by julle bly; en dus, vriend Kisjona, kan jy nog `n middagmaal vir Ons laat klaarmaak!”

[14] Dit doen Kisjona natuurlik met die grootste genoeë in die wêreld.

[15] Ons gaan aan tafel sit, neem brood en wyn en versterk Ons.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205