Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer maak Hom bekend aan die herbergier

65 Toe die herbergier dit sien, skrik hy, en hy wis nie wat hy nou moes sê nie.

[2] Maar Ek sê aan hom: “Vriend, hoe staan dit nou met die swakheid van jou geloof?”

[3] Daarop sê die herbergier, nog heeltemal verbaas: “O vriend, wat my geloof in Jou Woord betref, sou Jy my nou kan laat glo wat Jy maar wil, en ek sou Jou glo! Werklik, Jy moet `n baie magtige profeet wees, selfs nog groter as Moses en Elia! Miskien het Jy al op vele plekke groot tekens gedoen om die vervalle geloof in die een ware God van Abraham, Isak en Jakob weer opnuut lewe in te blaas en in die hart van die mense weer die ou vrees vir God te wek; maar ek leef hier tussen die berge, heeltemal afgesluit van elkeen, en ek hoor nie baie van wat daar in die wye, groot wêreld is en gebeur nie, en ook die sporadies verbykomende reisigers op hierdie ou weg onderbreek hulle reis maar selde by my om die vroeër aangehaalde redes - en daar kan dus al baie wonderbaarlike dinge in die wêreld voorgeval het, waarvan ons tog niks ter ore gekom het nie. Wat doen Jy eintlik aan die hoof van hierdie metgeselle van Jou; wat is Jou eintlike doel? Want ek het die indruk dat Jy nie maar net rondtrek in die wêreld om waterlose streke van water te voorsien nie!”

[4] Ek sê: “Daarin kan jy wel gelyk hê; maar dit verbaas My dat jy, wat self `n Galileër is, tot nou toe nog niks oor My gehoor het nie. Enkele jare gelede het jy tog herhaalde kere in Nasaret gekom, in welke stad Ek lang tye aan die sy van die ou, aan jou welbekende Josef, as timmerman gewerk het! En daar het jy tog allerlei dinge oor My gehoor. Herinner jy jou dit dan gladnie meer nie?”

[5] Nou sê die herbergier stomverbaas: “Jy - is Jy die timmermanseun, oor wie die Nasareners allerlei sprokies en fabels vertel en wat hulle as `n half waansinnige sonderling beskou? Ja, ja, oor die timmermanseun het ek `n paar jaar gelede wel die een en ander gehoor, maar die meeste slegs uit Sy jeug; want as volwasse jong man en later as man skyn Hy maar heel weinig meer behou het van die vermoëns wat hy as kind gehad het. Hy het baie min gepraat en het ook geen tekens meer gedoen nie, en toe het die mense hulle dan ook nie baie meer oor Hom bekommer nie.

[6] Dus - Jy is die jongste seun van die ou Josef, van wie hy baie hoë verwagtings gehad het, maar waaraan hyself uiteindelik begin te twyfel het, omdat Jy bykans heeltemal stom geword het en byna glad geen tekens meer gedoen het nie! Ag, nou word baie dinge vir my duidelik wat ek vroeër nooit sou geglo het nie! Maar nou sou ek eers graag uit Jou mond wil hoor wat die doel van Jou rondreis is, en nou wil ek egter baie graag dat Julle hierdie nag by my bly!”

[7] Ek sê: “Kyk, binnekort, wanneer Ek teruggekeer het na waar Ek vandaan gekom het, sal My leerlinge in die hele wêreld uitgestuur word en in My Naam aan die mense verkondig wat hulle van My geleer het, en dan sal die doel van die rondreise wat Ek nou doen, wel bekend gemaak word.

[8] Wie in My en My Woord sal glo en daarvolgens sal handel, uit die se lendene sal strome van lewende water vloei, en hy sal nooit meer dors hê nie; want hy sal die ewige lewe in die waarheid en in die gees van alle liefde uit God in hom hê.

[9] Dit is maklik om `n rots te beveel om natuurlike water uit hom te laat stroom; maar omdat die mense in hulle gemoed en hart nou baie harder geword het as hierdie rots, wat op My Woord water uit hom laat stroom, is dit ook baie moeiliker om die mense sover te bring dat die water van die lewe uit hulle lendene kan stroom - die water wat die ewige waarheid in God is en nou in die Woord tot die mense kom.

[10] As dit in die Woord ook tot jou sal kom, glo dit dan en handel daarvolgens, dan sal jy in die Godsryk `n fontein word, waarmee vele wat met die ewige lewe van hulle siele na die waarheid dors, hulle sal kan verkwik. Daarmee het Ek jou die doel van My rondreise uiteengesit.

[11] Jy verlang ook dat Ek hierdie nou vinnig intredende nag in jou huis sal deurbring. Maar die wens kan Ek nou nie inwillig nie; want kyk, die dag sal nog `n uur duur, en Ek moet werk solank die dag duur! Vóór sonsondergang wag vir My vandag nog `n belangrike taak, en daarom moet Ek dadelik saam met My leerlinge verder reis. Onthou egter wat Ek nou aan jou gesê het; want weldra sal die tyd kom dat jy dit met jou hele huis hoër sal waardeer as alle skatte ter wêreld!”

[12] Hierop gee Ek die leerlinge `n teken om op te breek en verder te reis, en Ons maak Ons gereed en trek dadelik verder.

[13] Die herbergier begelei Ons `n paar honderd treë, bedank My vir die wonderbaarlike weldaad wat Ek hom bewys het en vra My om so spoedig moontlik weer na hom toe te kom en langer by hom te bly as hierdie keer.

[14] Ek sê aan hom: “Vriend, netsoos jy My nou sien, sal jy My nie meer sien nie; maar as jy deur My leerlinge onderrig sal wees oor My en My wil en in My Naam sal glo, sal Ek in die gees na jou toe kom en ook by en in jou bly. Dit begryp jy nou nog nie; maar wanneer dit sal gebeur, sal jy dit ook begryp!”

[15] Na hierdie woorde neem die herbergier afskeid en keer vol gedagtes weer terug na sy huis, en Ons volg rustig Ons weg oor `n vrye bergrug, en bekyk die baie romantiese omgewing van alle kante.

[16] Toe die herbergier baie gou weer tuis kom, staan sy hele personeel, ongeveer veertig mense in totaal, met groot verbasing en verwondering na die rots en kyk waar die water nou so ryklik uitstroom, en hulle vra die herbergier wie Ek eintlik was en hoe Ek dit reggekry het dat die rots nou sulke suiwer en soveel water uit hom laat stroom.

[17] Die herbergier vertel hulle wel alles wat hy gesien en gehoor het; maar sy mense begryp niks van dit alles nie.

[18] Alleen `n heel eenvoudige herder, wat `n kudde skape na die huis gebring en hulle dadelik by die sterk bron laat drink, sê: “Julle raai, vra en soek na allerlei dinge - en die waarheid lyk hier tog vir die gryp te lê! Iemand wat enkel deur sy Woord dit kan doen, wat geen mens kan vermag nie, moet vervul wees van God se Gees; want alleen God kan so-iets tot stand bring! En aangesien God ons huis hiermee `n meer as groot barmhartigheid bewys het, sou ons Hom nou ook eers moet dank en Sy allerheerlikste Naam prys; en môre sou ons dadelik aan die werk moet gaan om daar benede, waar die vlakte vanself al `n heel breë verdieping het, `n vywer te maak, waarin die water wat hiervandaan stroom kan versamel en vir ons kuddes makliker is om te drink as hier, waar die water te vinnig van die rots na die dal stroom!”

[19] Almal prys die herder vanweë sy goeie idee en sy advies, en sommige knegte pak dadelik pikke, grawe en byle en maak dit in `n uur tyd sover vir mekaar, dat die water na die eerder genoemde laagte kan stroom en daar moes versamel; en binne `n paar dae was die hele laagte, wat tog maar net uit kaal gesteente bestaan het, in `n egte meer verander, waar vele reisigers hulle later uitermate oor verwonder, omdat hulle in vroeër tye hierdie streek hoofsaaklik vermy het, omdat daar in die somer gebrek aan water was.

[20] Weldra trek dan ook vele reisigers oor die ou weg, en die herbergier word baie gou so ryk, dat hy in plaas van die vroeër nouliks opgemerkte klein herberg, `n grote bou en steeds baie gaste gehad het. Vele reis ook daarheen vanweë die wonder, wat vinnig rondvertel word en bly dan `n paar dae in hierdie herberg.

[21] Die herbergier het later ook `n belangrike verbreider van My evangelie geword, nadat hy vooraf goed deur My leerlinge onderrig was daarin.  

[22] Dit is wat alles as toevoeging hierby as gedenkwaardig vermeld moet word.

[23] En so keer Ons nou weer na Onsself terug!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205