|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 51
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die herbergier vra na die Heer
51 Daarop gaan die herbergier met sy vrou en die bediendes weer na die kombuis, en baie gou daarna word die bestelde en baie goed bereide visse en `n groot pot met goed gekookte lensies op Ons tafel gesit, en Ons begin te eet; die herbergier moes met Ons meedoen, word daarby heel vrolik en wis Ons `n hele boel te vertel oor wat daar die afgelope paar jaar in Samaria alles aan wonderbaarlike dinge voorgeval het.
[2] Onder andere vertel hy ook (die herbergier): “Dit verbaas my egter dat julle as Judeërs, Galileërs en Grieke byna niks skyn te weet oor die beroemde Galileër, wat ongeveer twee en `n half jaar gelede met enkele leerlinge hierheen gekom en in wonderbaarlike bewoordings vertel het oor die koms van die ryk van God nie, en wat in die stad en die omgewing wonders gedoen het wat alleen vir God moontlik kon wees! En onlangs nog het daar Judeërs hiernatoe gekom wat sê, dat hulle deur Hom uitgestuur was om die evangelie aan alle volkere te verkondig. En ons glo hulle ook; want hulle bevestig hulle bewerings ook deur heel opmerklike wonders, deurdat hulle enkel deur die oplê van hulle hande, in Naam van die Een wat hulle uitgestuur het, baie siekes skielik genees het. Bowendien was hulle leer presies dieselfde as wat Hyself in die genoemde tyd hier onderrig het, en daarom glo ons die leerlinge des te meer.
[3] Sê my tog, noudat Ons hier eenmaal so gesellig bymekaar is, wat julle weet oor die groot Man, wat vir my werklik gedenkwaardiger as wie ookal is en ook ver bo alle mense verhewe is! Want by ons Samaritane geld Hy onteenseglik as die beloofde Messias, die redder en verlosser van die mense uit die mag van elke vyand van die waarheid, die liefde, die lewe en die vryheid daarvan. O, sê my tog of julle iets oor Hom weet en so nie, wat, en ook wat julle van Hom dink!”
[4] Ek sê: “Vriend, Ons weet baie oor Hom en het baie met Hom op; maar as Hy, netsoos jy self sê, twee en `n half jaar gelede Self hier was, onderrig en wonders gedoen het, sal jy Hom tog ook wel persoonlik gesien het? Of het jy geen geleentheid gekry om Hom tydens Sy aanwesigheid in hierdie stad persoonlik te sien nie?”
[5] Die herbergier sê: “Vriende, dit is vir my nou so betreurenswaardig! Ek was juis in die tyd hier afwesig, omdat ek in Tirus `n handelsaak moes reël, en my personeel het eers iets oor Sy aanwesigheid gehoor toe Hy al verdwyn het. Toe ek `n paar dae later tuis kom, hoor ek in die hele stad en omgewing oor niks anders praat as net oor die Man nie, Sy leer en Sy dade, wat so ongelooflik groot en wonderbaarlik was, dat `n vreemdeling dit egter nie kan glo as mens hom dit vertel nie, ook al is dit werklik net deur die Woord en die wil van die Man tot stand gebring.
[6] Daar woon `n arts hier in goeie welstand met `n vrou, wat, netsoos elkeen weet, vroeër wat haar kuisheid betref, nie so `n goeie naam gehad het nie. Die genoemde arts sou die Man baie goed geken het en van Hom ook die wonderkrag gekry het om allerlei siekes enkel deur die oplê van sy hande te genees. Van die arts het ek dan ook die meeste oor die Man der manne gehoor. Hy het my ook Sy uiterlike gestalte beskryf; maar by die beste beskrywing bly die werklikheid steeds in die duister. Jy vorm jou in jou fantasie wel `n beeld, wat ten slotte egter tog nie ooreenkom met die werklikheid nie. En ek kan my dus om heel verstaanbare redes geen juiste voorstelling maak van die gestalte van die groot Godmens nie.
[7] In die land Samaria trek ook `n sekere Johannes *(Johannes die jiglyer, sien deel 1 hoofstuk 73) rond, wat vroeër `n bedelaar was, maar nou ook die leer, wat hy van die groot Man gehoor het, aan die ander mense verkondig, self `n streng lewe lei en deur gebed en die oplê van sy hande in Naam van die groot Man ook baie siekes genees en ook die besetenes van hulle kwelgeeste bevry. Wel nou, die man was ook al `n paar keer by my gewees en het my baie vertel, en daarom het ek hom na vermoëns ook altyd uitstekend bedien; maar tog kan ek my nie heeltemal voorstel hoe die groot Godmens daaruit moet sien nie.
[8] `n Jaar gelede, toe ek van baie reisigers baie groot dinge oor Sy aktiwiteite gehoor het, het ek Hom `n hele maand agterna gereis en het in plekke gekom waar Hy kort tevore onderrig en werk verrig het; maar as ek in `n plek aankom en ywerig navraag oor Hom doen, was dit steeds: “Ja, twee of drie dae gelede was Hy hier en het Hy dit of dat gesê en dit of dat gedoen!”, en ek het ook bewys genoeg gesien dat dit so was.
[9] Kortom, ek het `n oorvloed aan geldige bewyse aangetref dat Hy daar was en handelings verrig het; slegs Homself het ek tot nou toe nog nie te siene gekry nie. Maar van `n gegoede Judeër uit Bethlehem, wat ook baie met die groot Godmens ophou en in Hom glo, het ek gehoor dat Hy Hom op alle groot feesdae in Jerusalem en wel in die tempel ophou en die volk onderrig, hoewel die duistere en slegte fariseërs in hoë mate teen Hom gekant is. En daarom wil ek, hoewel ek `n deur die ortodokse Judeërs `n veragte Samaritaan is, op die eersvolgende tempelwydingsfees tog na Jerusalem reis en kyk of ek die groot Godmens miskien tog `n keer te siene kan kry.
[10] Voorlopig maak `n reisiger my egter al meer as gelukkig, as hy my maar baie oor Hom kan vertel; as hy dit kan en hom ook in sy geloof heeltemal rig volgens die groot Man, wat vir my so gewyd geword het, dan kan hy by my in huis sy tyd deurbring solank hy wil, kan of wens, en kos sy verblyf en selfs die beste ete hom niks. Werklik, as julle my ook baie oor die groot Man kan vertel - maar wel heeltemal ooreenkomstig die waarheid - sal ook julle by my geen hoë rekening hoef te betaal nie. Dus, beste manne, vertel my ook iets oor Hom!”
[11] Ek sê: “Ja, My beste vriend, Ek sou jou weliswaar baie kon vertel oor jou groot Godmens, in wie die volheid van die Godheid liggaamlik woon, en Ek sou jou ten slotte selfs Sy getroue ewebeeld kon toon, as jy tenminste vir slegs `n paar dae jou mond in bedwang sou kon hou; maar daardie punt lyk nie jou sterkste kant te wees nie?!”
[12] Die herbergier sê: “Ja, as dit oor my heilige Godmens gaan, kan Jy wel gelyk hê; want wat iemand so `n groot vreugde verskaf en sy hart volop in beroering bring, kan mens ook moeilik stilhou. Maar as dit egter nodig is, kan ook ek swyg, daarvan kan Julle volledig verseker wees.”
|
|
|
|
|