Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Waarheen onophoudelike bid lei. Die gelykenis van die verdrukte weduwee en die hardvogtige regter

(Lukas 18:1-8)

88 Ek sê: “Jy het die beeld baie korrek en volgens waarheid opgevat, en dit was op sy plek om dit hier met `n paar woorde weer na vore te bring. Maar sodat elkeen die beeld wat deur jou aangehaal is, volgens die oordeel van sy eie verstand nog duideliker sal begryp en dit nou `n gunstige oomblik vir Ons is, sal Ek julle `n ander beeld gee, waarmee julle nog duideliker sal sien hoe `n ware mens nie moet nalaat om te bid en te vra nie, as hy die ware krag van My ryk in homself wil bereik. Luister dus!

[2] Daar was eers `n regter in `n stad, wat God nie gevrees het en ook vir geen enkele mens bang was nie. Maar daar was ook `n weduwee in dieselfde stad; sy kom na hom toe en sê: “O, regverdige regter, red my van my teenstander; want kyk, so en so staan die sake, en daarin staan ek heeltemal in my reg!”

[3] Die regverdige regter sien dit op die eerste oogopslag ook goed in; maar hy was nie in die regte stemming nie en wou die saak van die weduwee nie op hom neem nie. Die weduwee hou egter nie op nie, kom herhaalde male by die regter en smeek hom op haar knieë om haar saak op hom te neem.

[4] Toe dink die regter by homself: “Wat sal ek doen? Al vrees ek God nie en ook geen enkel mens nie - omdat die weduwee my nou al soveel las besorg, sal ek haar red, sodat sy nie nog gereelder terugkom en my met haar smeek heeltemal suf maak nie!”

[5] Het julle uit die beeld opgemaak wat die regter gesê en ook gedoen het? En as `n regter, wat streng regverdig volgens die wet oordeel, die aanhoudende smeek van `n verdrukte weduwee al verhoor en haar help, sou God Sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep, dan nie nog vroeër red nie, en sou Hy dalk minder geduld en liefde vir hulle hê as wat die regter vir die weduwee het?

[6] Waarlik, Ek sê vir julle: Hy sal hulle verhoor en binne `n kort tyd red, sowel in hierdie tyd as in die verre toekoms, wanneer Hy as Menseseun netsoos nou weer na hierdie aarde sal kom!

[7] Maar as die Seun van die mens in die tyd weer na hierdie wêreld sal kom, dink julle dat Hy dan geloof sal aantref?”

[8] Andreas sê: “Majesteit en Heer, aangesien ek al vroeër gespreek het, wil ek ook hierdie keer weer spreek, as U my dit sal toestaan!”

[9] Ek sê: “Spreek jy maar gerus; want jy het die insig, die moed en die regte mond daarvoor!” 

[10] Daarop sê Andreas: “Wat die beeld self betref, wil dit dieselfde sê as die beeld van die huisheer en die bedelaar in die nag, wat ek weer so pas vertel het; slegs is die posisie van God ten opsigte van die wêreldse mense, wat in die verdrukking van hulle lewensnag hulp by Hom soek, nog duideliker aangegee as in die ander, deur my weer vertelde beeld. Want in daardie beeld kom God in `n sekere sin sonder enige binding enkel as `n regverdige regter na vore, wat die verdrukte mense wel altyd kan help, wanneer Hy dit wil; en Hy help hulle ook wel, maar eers wanneer hulle Hom egter deur hulle onophoudelike gesmeek, lastig gemaak het.

[11] Ook hier gaan dit louter oor die oefen in geloof en vertroue; as dit eenmaal `n bepaalde onbuigsame krag kry, is die verhoring en die hulp ook daar. 

[12] U voeg nog iets daaraan toe, U sê dat God Sy uitverkorenes, wat hulle reeds in die krag van die geloof en die vertroue bevind, as `n liefdevolle Vader seker nog vroeër sal verhoor, wanneer hulle op hulle reeds bereikte innerlike lewensdag maar ook in hulle nag, wat af en toe nog maklik kan terugkeer, tot Hom om hulp sal roep. Daarin kom U nie meer na vore as `n nagenoeg onverbiddelike wêreldse regter nie, wat, omdat hyself God is, God nie hoef te vrees en ook geen enkele mens nie, maar as `n Vader van diegene wat hulle innerlike lewensdag reeds bereik het. So het ek dit opgeneem en ek glo nie dat ek my vergis het nie. 

[13] Geeneen van ons staan nou almal volledig in ons innerlike lewensdag nie, maar vir `n deel dalk ook nog erg in ons ou lewensnag en het U nog baie te vra, om ons daardeur te oefen in geloof en vertroue en om sodoende sterker te word. Maar U het ons `n versekerde en spoedige redding belowe, en ons glo ook sonder enige twyfel dat elkeen van U beloftes in vervulling sal gaan.

[14] Maar U spreek weer oor `n tweede koms op hierdie aarde en stel aan die einde die vraag of U dan ook wel geloof sal aantref onder die mense.

[15] Wel nou, die gee van `n antwoord op U vraag val nog geheel en al buite die bereik van dit waaroor ons kan spreek, en daarop kan ek U dus geen antwoord gee nie. U sal Self egter wel die beste weet hoe dit in die verre toekoms met die geloof van die mense gestel sal wees, en as U wil, kan U ons dit nog van naderby aandui soos wat U al by verskeie ander geleenthede gedoen het.” 

[16] Ek sê: “Daardie laaste beeld het jy ook heeltemal volgens waarheid en goed opgevat en daarmee het jy My hart egter bly gemaak. As julle dit almal so sal doen, sal die volledige redding van julle siele van die juk van die materie van hierdie wêreld en haar bekorings nie lank meer op haar laat wag nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205