Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die werksaamheid van die siel

142 Daarop sê `n ander visser: “O Majesteit en Heer, U sê dat dit vir geen enkele siel nuttig is as sy dadelik met haar koms op hierdie wêreld volledige innerlike helderheid sou besit nie, omdat sy - wat ons nou goed begryp - tot algehele traagheid en passiwiteit sou verval; want as iemand iets kosbaars verloor het, sal hy dit beslis net so lank soek totdat hy dit stellig weer sal vind - en so soek die siel deur haar troebel uiterlike sintuie verlore gegane helder innerlike lig. Maar as sy weer die grootste lewenskat gevind het, hoe sal dit dan met haar verdere aktiwiteit gestel wees? Want as `n mens dit wat hy kwyt was, gelukkig weer gevind het, hou sy soeke en derhalwe sy aktiwiteit immers weer op! As `n siel deur haar aktiewe soeke volkome gevind het wat sy soek, verval sy hoogs waarskynlik weer tot volledige traagheid en passiwiteit; maar in daardie geval sou haar volledig passiewe wese weer opnuut as te ware dood wees, en dit sou haar saligheid op geen enkele manier ten goeie kom nie. In dié opsig, o Majesteit en Heer, is dit vir my nog nie heeltemal duidelik nie.”

[2] Ek sê: “Vriend, omdat die ware lewensaligheid immers nie bestaan uit helder beskouings en begrip nie, maar alleen uit die werksaamheid van die liefde, wat steeds moet toeneem, moet elke siel haar eers tot haar enigste lewenselement maak, omdat sy andersins nooit die innerlike helderheid van die lewe kan bereik nie; want die werksaamheid van die liefde is `n innerlike lewensvuur, wat deur sy steeds toenemende aktivering tot `n helder liggewende vlam moet word.

[3] As die lewenselement in die siel egter volledig ontwaak is, sodanig dat die siel op die manier self die lewenselement word - wat wil sê dat die hele mens in die gees opnuut en derhalwe wedergebore is - dan bly die siel, ondanks haar innerlike helderheid, wat `n gevolg is van die tot die hoogs moontlike vlak gestygde werksaamheid van die liefde, ook steeds in die hoogs moontlike graad werksaam, en haar saligheid en helderheid neem toe, na gelang die graad van haar liefdesaktiwiteit - en nie na gelang die graad van haar helderheid nie, wat sy sonder liefdesaktiwiteit trouens nooit as te nimmer kan bereik nie; want God het al sedert ewigheid bepaal dat geen enkele gees en geen enkele mensesiel ooit sonder die ooreenkomstige werksaamheid, die lig sal kan bereik nie.

[4] Hoe maak die mense op hierdie materiële wêreld lig? Kyk, hulle vryf hout teen hout of klip teen klip, net vir solank totdat daar vuurvonke vanaf kom! Die vuurvonke val op lig ontvlambare materiaal, wat `n lang tyd bly gloei. As die gloed eenmaal in voldoende mate aanwesig is en met brandbare voorwerpe daarmee in aanraking kom - netsoos hout, strooi of `n bepaalde vinnig ontvlambare hars, gemeng met swael en nafta - dan sal daar baie gou `n helder vlam oplaai en sal dit lig word in haarself en na alle kante om haar heen.

[5] Sou daar sonder die voorafgaande aktiwiteit ooit enige gloed en daaruit `n ligtende vlam ontstaan het, wat deur haar sigbare lewendige beweging self die hoogste graad van aktiwiteit aan die dag lê?

[6] Kyk, so blyk reeds in die dooie materiële wêreld dat daar, om vuur en lig te maak, `n sekere aktiwiteit dit moet voorafgaan! Aan die lig van die lewe van die siel moet dus des te meer `n sekere aktiwiteit voorafgaan; hierdeur word die liefde gewek, wat die lewenselement is, en uit die toenemende werksaamheid hiervan, ontstaan dan eers die lig van die siel, en dit is die wysheid, wat haarself en alle dinge vanuit haarself sien, beoordeel en orden.

[7] Kyk, vriend, so is dit met die dinge van die lewe van die siel en haar innerlik heldere onderskeidingsvermoë, en jy hoef dus nie bang te wees dat `n salige siel as gevolg van haar godgelyke wysheid, ooit traag en passief sal word nie, omdat die wysheid van `n siel hier, en nog meer aan die anderkant, steeds die gevolg is van haar werksaamheid; as dit ooit sou ophou of sou kan ophou, sou by die siel ook haar wysheid en haar innerlike lewenshelderheid ophou. - Het jy dit nou begryp?” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205