Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer is die versoek van Herodus se soldate voor

201 Daarop loop die kommandant self na buite en stamp dadelik teen `n wag, wat hom onmiddellik vra wat hy buite die hut te soek het.

[2] Die kommandant vertel hom sonder omweë die rede, en die wag laat hom verder met rus.

[3] Volkome verbaas keer die kommandant weer terug in die hut; want die hele storm het so volledig gaan lê, dat die meer, sover hy kon sien, spieëlglad was en die skip aan die oewer nie die minste beweging van `n golf hoef saam te maak nie.

[4] Deur die berig word die owerste baie opgewek en sê: “Nou is dit jammer dat ons geen wyn en geen brood meer het nie! Nou sou ek graag nog `n paar uur wou wakker bly en my saam met julle in die lewe verheug!”

[5] Die kommandant sê: “In die hoofgebou en ook in die groot kuuroord is daar nog volop lewe! Miskien sou ons dit via ons nie al te onvriendelike wag tog nog vir mekaar kon regkry om nog meer brood en wyn te kry, wat ons dadelik kontant sal betaal?”

[6] Die owerste sê: “Probeer dit maar!”

[7] Die owerste in die hut het sy wens nog nie geuiter nie, of in huis het Ek Markus al duidelik gemaak dat hy dadelik nog meer brood en wyn, maar van die beste soort, na die hut moes laat bring, wat dan ook onmiddellik gebeur; want by Ons in die huis word alles wat daar in die hut bespreek en beplan word, hardop deur RafaEl weergegee, wat groot vrolikheid teweegbring.

[8] Die kommandant staan juis op die punt om die hut uit te gaan en met die wag te onderhandel oor nog meer brood en wyn, of daar kom al `n dienaar met verskeie helpers die hut binne, wat hulle twee keer soveel brood en ruim drie keer soveel wyn as die eerste keer bring, waaroor die owerste en alle ander hulle buitengewoon verbaas.

[9] Die owerste wil dadelik betaal, maar die dienaar sê: “Daar is môre ook nog tyd voor!”

[10] Daarop vertrek hy dadelik met sy helpers, en diegene in die hut wis nie waaraan hulle toe was nie. Die een kyk die ander verbaas aan, maar geeneen van hulle wis uit te maak deur wie se toedoen hierdie tweede, groter besending brood en wyn gebring was nie.

[11] Na `n rukkie se nadenke begin die owerste as volg te spreek: “Luister, dit begin vir my alles ietwat duideliker te word! Hierdie hut hier, wat weliswaar baie goed en stewig van sederhout gebou is, het vas en seker `n geheime opening, waardeur die wag die gaste daarin kan afluister en hoor wat hulle vir mekaar sê. As daar iets onregmatig sou gebeur, sou hulle ons baie verseker die volgende dag oor elke ondeurdagtig gespreekte woord baie skerp teenoor `n regter moet verantwoord.

[12] Ons eerste oorleg het ons wel so sag en stilletjies gehou, dat die wag absoluut niks daarvan gehoor of begryp het nie, omdat ek my goeie mening in die oud-Hebreeus aan julle meegedeel het; maar ons versoek vir nog meer brood en wyn, het ek in Grieks, taamlik hardop en goed verstaanbaar uitgespreek, wat die wag verseker gehoor het. Hy het dit dadelik voorgelê aan `n dienaar van die kuuroord, en die het hom gehaas om ons wens voor te wees, wat ook inderdaad so was. Dat hy ons nou duidelik beter bedink het as die eerste keer, sal wel die volgende rede hê: Die meester van die kuuroord sal ons kosbare wapens eers goed bekyk het, die hoë waarde daarvan gesien het en toe aan die dienaar gesê het dat hy ons wel beter en rykliker mag bedien, omdat ons ook in staat sou wees om vir `n rykliker en beter bediening te betaal. So en nie anders nie sou dit gegaan het, en ons hoef ons hoof nie meer daaroor te breek nie.

[13] Laat ons nou eet en drink op die welsyn van alle goeie en waaragtige mense, en verder nie meer nadink oor ons slegte geskiedenis nie! JaHWeH is die siele van diegene wat in die meer verdrink het, genadig en barmhartig! Amen.”

[14] Na hierdie woorde van die owerste, wat die wag wel gehoor het, loop hy die hut binne en sê met `n ernstige, vriendelike gesig: “Owerste van jou klein troep, netsoos jy alles nou beoordeel het - en ek het dit baie goed gehoor en begryp - het dit absoluut nie gegaan nie! Want ek het geen dienaar opdrag gegee om julle meer brood en wyn te bring nie, waarvan julle almal geheel ooreenkomstig die waarheid onder die strengste eed van verseker kan wees. Daar moet wel `n heel ander rede daaragter sit. 

[15] Maak jou nie verder bedruk daaroor nie; want ons lewe hier in `n streek waar wonders nie seldsaam is nie, vandaar dat die kuuroord die naam “wonderbad” gekry het; want mense sê dat die ontstaan daarvan op sigself al geheel en al wonderbaarlik was, en so is ook die geneeskrag daarvan steeds werklik wonderbaarlik. Wees dus maar vol vertroue; want die oord is `n oord van heil en nie van vloek en die oordeel daarvan nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205