Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Wat die Griekse arts verneem het en sy getuienis oor die Heer

160 Terwyl Ons by Markus aan die middagmaal sit, spreek die twee Grieke met hulle metgeselle; want toe die maar al te gou sien dat hulle twee vriende volkome gesond die kuuroord binnekom, vra hulle wat daar met hulle gebeur het, waardeur hulle so gesond geword het.

[2] Die twee kan nou egter met die beste wil van die wêreld nie heeltemal verswyg wat daar in die oggend alles met hulle gebeur het nie. Hulle maak My dus bekend aan hulle metgeselle, maar heel beskeie en terughoudend; want hulle dink aan wat Ek hulle gesê het.

[3] Hulle beskryf My as `n baie groot Judese Wysgeer, wat ook `n buitengewone krag besit om enkel deur Sy wil alle siektes so volkome te genees, dat `n sieke skielik so gesond word soos wat hy nouliks ooit in sy jeug was.

[4] Toe hulle metgeselle dit en nog `n paar dinge oor My wysheid gehoor het, wil hulle ook na My toe gaan en My om genesing van hulle liggaam vra. Maar die twee Grieke hou hulle daarvan af, deur hulle te vertel dat Ek die kuuroord miskien nog dieselfde middag sou besoek. Daarmee stel die metgeselle van die twee Grieke hulle voorlopig tevrede, maar hulle wil tog oor niks anders as net oor My praat nie.

[5] Eén van hulle, wat self in sy eie plek `n gewaardeerde arts was, maak die volgende opmerking, toe hy van sy twee vriende nog iets meer oor My gehoor het: “Nou begin daar vir my oor die besondere Heiland en wyse van die Judeërs `n lig opgaan! Hy sal ongetwyfeld dieselfde wees oor wie ek in Tirus en Sidon al baie vertellings gehoor het. Ook verskeie van julle sou wel meer daaroor gehoor het.

[6] Mense sê dat hy `n Galileër uit Nasaret en die seun van `n timmerman is, wat die vak van timmerman ongeveer op Sy dertigste jaar volledig opgegee het, leerlinge getrek en daarna met Sy amp as Leraar en Geneser begin het. Die priesters van die Judeërs vervolg Hom egter, omdat die hele volk na Hom toe gaan en in Hom glo, omdat Hy Sy leer met groot wonders en ander groot tekens bevestig.

[7] Sommige beskou Hom as `n groot Profeet, ander as `n nuwe Koning van die Judeërs, wat die Romeine uit die Judese land sal verdryf - wat egter nie Sy plan sou wees nie, aangesien Hy `n baie groter Vriend van die heidene moet wees as van die Judeërs, wat weinig ag slaan op hulle God. Nog weer ander beskou Hom as `n suiwer Seun van God en sommiges as die ou JaHWeH Self, wat Homself vanuit Sy mag met die vlees van die mens beklee het om hulle oor alles te onderrig en hulle uit die lang nag van al hulle dwalings te bevry.

[8] Maar hoe dit ookal sy, as Hy na ons toe kom, sal ons Hom self ook sekerlik van naderby wil leer ken, vooropgestel dat Hy inderdaad die Ene is oor wie ek, netsoos reeds gesê, egter al baie van gehoor praat het!”

[9] Nou sê ook die ander: “Ja, jy het waar en korrek gespreek! Ook ons het al verskillende kere die wonderbaarlikste dinge oor die Galileër gehoor, wat natuurlik nog ongeloofliker klink as die mites van ons gode. Daarom sê ons dan ook: as dit so met Hom gestel is, dan is Hy kennelik volgens volle waarheid `n God, in wie ook ons Grieke en Romeine sal glo!”

[10] Die twee reeds geneesde Grieke sê: “Julle het gelyk, en julle het ons daarop opmerksaam gemaak dat ons dit ook al `n paar keer gehoor het in die laaste tyd wat ons, netsoos julle weet, na die waarheid soek. Maar in Sy aanwesigheid het ons nie daaraan gedink nie, hoewel Hy Self daarop gesinspeel het; miskien wou Hy dit Self nie en kon ons onsself daarom ook nie herinner aan wat ons al `n paar keer gehoor het nie. As Hy nou na die kuuroord kom, moet dit ook bespreek word, hoewel nie terwille van ons nie, maar terwille van julle!”

[11] Hulle metgeselle sê: “Beste vriende, eers as Hy aanwesig is, sal dit wel blyk of `n geskikte geleentheid daarvoor sal opduik, en of Hy ons sal toestaan dat ons Hom daarna vra. Ons sal bly en in die hoogste mate dankbaar wees as Hy ons liggame sal genees en veral ons ingewande, wat al swak geword het van ouderdom en volledig ongeskik geword het om ons ledemate lewensdienste te bewys.

[12] Ek is weliswaar arts en het al by heelwat lydende mense die pyne versag; maar die swakhede van die ouderdom, wat ons weliswaar vir die grootste deel aan onsself te wyte het, word nooit meer deur ons kruie, olies en geneeskragtige bid so volledig genees soos wat julle twee deur die Wonderdoener genees is nie. 

[13] Iemand wat slegs deur Sy wil daartoe in staat is, is duidelik meer as tallose massas mense, wat met hulle wil nie eers die swakste draad van `n spin kan laat breek nie, laat staan van `n ou en swak mens die bloed en die ingewande genees. Een mens wat dit kan doen, is dus ten opsigte van die ander mense `n god, en wel om die heel logiese rede dat Hy in staat is om dinge te doen wat mens anders slegs van die hoë, gode sou kon verwag.

[14] Mense sê wel dat die gode steeds maar net onsigbaar vir ons mense werk en dat `n ontelbare aantal van allerlei natuurkragte en diensbare geeste hulle ten dienste staan - maar dit moet die mense maar glo, en nog nooit het daar iemand agter die nabye sluier van die omineuse Isis gekyk nie. Maar ons Man doen goddelike dinge voor ons oë en spreek, leer en neem selfs leerlinge aan, wat van Hom die kuns leer om gelyk te word aan die gode, en miskien ook wel om netsoos hulle onsterflik te word. So `n Man verdien tog onteenseglik die voorkeur bo alle gode, wat nooit vir die oog van `n mens bestaan het nie en hom van hulle bestaan en werk slegs `n halfwaar getuienis gegee het. 

[15] Maar hierdie Man bestaan en lê ooreenkomstig die volle waarheid voor die oë van alle mense getuienis af van die feit dat Hy `n egte, lewende en werklik bestaande God is, wat ons nie eers blind hoef te glo nie, omdat ons onsself met al ons sintuie daarvan kon oortuig; derhalwe verklaar ek Hom alleen daarom al tot `n enig ware God en verwys ek alle ander, alleen in die fantasie en die inbeeldingsvermoë van die mense ontstane afgode na die ryk van die vae en sinlose fabels, omdat Hy julle twee alleen deur Sy wil so gesond gemaak het soos julle, vir sover ek weet, vroeër nooit was nie. Daarom sal Ek by voorbaat alle eer wat aan `n God toekom, aan Hom bewys! Ondanks my ook al lank bestaande maag- en lewerklagtes, verheug ek my daarin om Hom te sien en Hom met alle liefde en diepe eerbied tegemoet te tree. Miskien sal Hy my ook `n volledige genesing waardig ag, wat baie maklik vir Hom sal wees.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205