Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Griek stel die Heer `n vraag oor die skeppingsgeskiedenis

10 Terwyl Ons harpspeler heel beskeie eet en drink, was die leerlinge erg beïndruk en verwonder hulle nie bietjie oor sy wyse woorde nie.

[2] Maar Ek sê aan hulle: “Waarom is julle nou so verbaas oor die verstand van Ons sanger? Het julle dan nog nooit gehoor dat God ook altyd verstand gee aan wie Hy werklik tot Sy eer `n bepaalde taak gegee het nie?! Ek sê vir julle: Die taak van hierdie sanger is op hierdie aarde egter nie een van die geringste nie; want deur die groot warmte van sy gesang en snarespel versag hy die harde harte, waardeur die Woord en die ewige waarheid dan maklik binnedring.

[3] Wanneer Saul die harp van Dawid gehoor het, het sy versteende hart vermurwe en die bose gees het van hom gewyk, en daarom staan daar ook in die Skrif: “Loof JaHWeH God met Psalms, met suiwer stemme en goed gestemde harpe!”Julle moet die harpspeler en sanger sien as iemand netsoos Johannes!

[4] Met hierdie woorde was die leerlinge heeltemal tevrede en hulle begryp toe die oorsaak van die wyse woorde van die harpspeler.

[5] Die heidene kon die woorde van die Psalm egter nie tuisbring nie en sê onder mekaar: “Jammer van die kunstenaar! As hy met sy goddelik suiwer stem soos `n tweede Orpheus, ons gode sou besing netsoos Homerus dit beskryf het, dan sal hy in Athene en Rome verafgood word en sal hy groot skatte vergaar!”

[6] Na `n paar van dergelike niksseggende opmerkings staan dieselfde vreemdeling op wat Ek so pas advies vir sy maag gegee het, kom na Ons tafel en sê, nadat hy die sanger nog `n keer hoog geprys het: “Vergeef my as ek julle miskien steur; maar omdat ons mekaar nou eenmaal as gaste in hierdie eetsaal aangetref het en egter geen rede het om mekaar vyandig te bejeën nie, laat dit ons dan ook oor en weer vergun word om by hierdie egte onverwagse pragtige geleentheid enkele vriendelike woorde te wissel! Want of ons nou heidene en julle Judeërs is, maak altans by my absoluut geen afbreuk aan ons egte menslike waarde nie, en julle skyn, wat dit betref, my mening en lewensbeskouing te deel!”

[7] Ek sê: “Vriend, teenoor My kan elkeen mens vryuit sê wat hy dink, en jy en jou metgeselle dus ook! Spreek dus maar vryuit as jy iets te sê het!”

[8] Die Griek sê: “Ons Grieke, wat ervare en ontwikkelde wêreldburgers is, hou ons al lank nie meer besig met al ons gefantaseerde gode nie, en die beter Judeërs heg aan hulle tempel van die een God stellig nie baie meer waarde as ons Grieke en Romeine aan ons veelgodetempels nie. Hierdie harpspeler en sanger sing vir my `n nie-onbekende Psalm van die vroeëre koning van die Judeërs, wat die tweede was in die reeks konings van julle volk en wat Dawid heet. Sy digwerk sit vol verborge goddelike wysheid; maar wat duidelik daarin na vore blyk te kom, is dat die groot, magtige, dappere en ook seëvierende koning, wat één God bely, alle heidene wil verower om hulle ook tot sy geloof te bekeer, omdat dit sy heerskappy baie makliker sou gemaak het en sy aansien by alle volkere sterk sou vergroot het. Maar of hyself wel so ernstig die éen God gevolg het soos sy gedigte laat glo, is `n heel ander vraag! Miskien wel - maar deur baie dinge wat hy gedoen het, sou mens ook die teendeel kon dink! Maar hoe dit ookal sy, Dawid was en bly `n groot en baie gedenkwaardige man in elkeen goeie opsig, en die aarde sal maar op weinig konings van sy soort kon buig; en ek kan die sanger maar net daaroor prys dat hy as streng gelowige Judeër die Psalms van die groot koning tot onderwerp van sy musiek en sangvoorstellings gemaak het. Maar ondanks al sy voortreflikheid is hy tog bietjie eensydig, deurdat hy maar net die Psalms van Dawid sing. As hy, netsoos Orpheus, ook die heilige liedere van ons ou digters sou wou en kon sing, en as sodanig na Athene of Rome sou kom, dan sou hy - netsoos ek al voorheen opgemerk het - groot rykdom kon vergaar! Maar ons sal dit nou laat rus en tot die hoofsaak oorgaan!  

[9] In die Psalm val onder andere hiedie sinsnede my, veral op, wat as volg lui: “Alle gode der volkere is dooie afgode; maar JaHweH (dus die een, lewende God van die Judeërs) het hemel en aarde gemaak”. Sê my tog of dit volgens die volle, bewysbare waarheid ook inderdaad so is! Want ons heidene gaan daarvan uit dat daar, voordat die aarde en die hemel volledig ontwikkel was, `n ongeordende stof aanwesig was, waaruit bepaalde min of meer intelligente kragte, wat ons nie ken nie en wat later deur fantasieryke mense tot afgode gemaak was, die aarde vervolgens geleidelik aan met alles wat sy dra en ook die hemel gevorm het; maar julle laat in ses dae of wel tydsperiodes alles deur één God uit die niks skep. Wat is dan nou waar? Tallose mense in alle dele van die aarde, wat wyd en syd aan ons bekend is, glo met klein verskille dieselfde as ons en wat die oudste Egiptenare ook as `n bykans aantoonbare waarheid geglo het; maar julle staan netso ver van ons geloof af as die hemel van die aarde! Wie het daar nou gelyk, en welke van die twee is waar? As U die waarheid van julle leer kan aantoon, dan laat ek en al my metgeselle ons geloof vaar en word Judeërs; maar anders bly ons wat ons is en sal van die sanger ook nie verlang dat hy ooit na Athene of Rome kom nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205