Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die noodsaak vir die versluiering van die herinnering

178 RafaEl sê: “Luister, my vriend, as jy egter baie innerlike aandag bestee het aan die voorbeeld van die bou van `n groot, stewige kasteel, hoef jy hierdie vraag nouliks meer vir my te gestel het. Wat gaan die nog nie geboude kasteel die materiale aan, wat daarvoor bestaan het? Laat die kasteel eers heeltemal gebou word, dan sal die daaraan voorafgegane materiale vir die hele kasteel wel `n goed herkenbare samehang verkry! 

[2] As jy jou van alle vorige toestande wat jou siel op baie verskillende vlakke al op hierdie aarde deurgemaak het, tot by jou huidige toestand baie helder bewus sou word, sou jy daardeur in jou denke, oordeel en wil dermate verdeel en verskeur raak, dat dit onmoontlik vir jou sou wees om die sedelike eenheid, krag en sterkte uit die Gees van God se liefde, wat nou jou innerlike en enigste ware lewe is en teweegbring, op `n sodanige manier in jou siel op te neem, dat hulle in en met die gees één word.

[3] As die siel één daarmee word, sal sy by die beskouing van haarself wel die alles herinnerende helderheid verkry, waaruit sy met `n salige gevoel van dankbaarheid die eindelose liefde en wysheid van die een, groot Boumeester baie duidelik sal herken en ewig bewonder; dan sal die moontlikheid om terug te kyk, wat jy nou al verlang, nuttig wees vir haar vir die ewige lewe, terwyl dit nou geweldig skadelik vir jou sou wees. 

[4] Selfs noudat die Heer beskik het dat die herinnering aan die voorgaande toestande van die siel totaal versluier word, verval die mense nog veels te maklik en veelvuldig in die dierlike begeerte en hartstogte wat aan die siel kleef, hoe verborge ookal, en gee hulle oor aan hulle luste, word afvallig van God en gedra hulle soos diere; hoeveel te meer sou hulle nie so geword het, as die Heer dergelike herinnerings nie buitengewoon wys soveel as moontlik versluier het nie!

[5] Hoe het die Israeliete, wat die uitverkore volk van God was, nie begin te brom en te raas toe hulle in die woestyn hulle vol Egiptiese vleispotte gemis het nie! Die manna uit God se hemele proe vir, die in Egipte al te baie na die dierlik teruggekeerde kinders van Abraham, nie goed nie, terwyl hulle deur die eet van daardie brood hulle liggaam meer op die sielevlak en hulle siel meer op geestelike vlak kon gekry het en moes kry.

[6] As die Israelitiese volk, wat deur Moses uit die harde slawerny van Egipte bevry was, bowendien die volle herinnering besit het aan die toestande van die ontstaan en die ontwikkeling van hulle siel - sê ek vir jou: Die woedende vraatsug van sulke mense sou erger geword het as die van alle verskeurende diere en baie erger as van julle varke wat, as hulle honger kry, hulle eie jonges nie ontsien nie!

[7] Sou daar by so `n toestand van die mense ooit wel `n geestelike ontwikkeling en daaropvolgende eenwording met die goddelike Gees denkbaar gewees het vanuit die denke, kennis en wil van `n so oorbelaste en verbrokkelde siel?

[8] Uit wat ek jou nou ooreenkomstig die volle en voor die hand liggende waarheid aangetoon het, sal jy goed kan begryp dat dit vir `n mens, solank hy op hierdie aarde nog besig is om één te word met die goddelike gees, volgens die wil van God wat aan hom geopenbaar is, en ook vanuit die volle vryheid van sy eie wil en insig, baie skadelik sou wees as hy vir homself alle voorgaande toestande, waarin sy siel haar bevind het, volkome duidelik sou kon herinner.

[9] Word jy dus volgens die wil van die Heer, wat jy nou goed ken en begryp, eers één met die goddelike gees in jouself, word self `n volmaakte boumeester van jouself volgens die wil van die Heer, dan sal jy jou weldra baie helder bewus word waarom die wyse en ter sake kundige bouer van `n groot, stewige kasteel sy voorheen onsamehangende boumateriaal wyslik so en so georden het, van die grootste tot die kleinste, en dit naderhand tot `n groot, pragtige en ewigdurende geheel saamgevoeg en verbind het. 

[10] Maar solank jy nie self deur en deur ervare en deskundig is in die genoemde boukuns nie, het dit vir jou geen sin om `n groot bouwerk met so `n kritiese blik te bekyk nie, want dit maak jou uiteindelik in alle opsigte deurmekaar.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205