Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die maat van goed en kwaad

30 (Die Heer:) “Deur My is in hierdie wêreld egter aan elkeen `n bepaalde maat gestel, beide wat die goeie en ware aanbetref, sowel as die slegte en valse.

[2] As `n goeie mens deur sy ywer die maat heeltemal bereik het, hou alle verdere versoekings ook op, en dan gaan hy in die volle lig vanuit die hemele oor van die een vlak van lewensvoleinding na `n nog hoër vlak, en so verder tot in die oneindige. 

[3] As `n slegte mens nou sy slegte maat vol gemaak het, hou alle verdere vermanings ook op, en dan sink hy vanaf daardie oomblik steeds dieper weg in `n steeds donkerder nag en harder oordeel van sy reeds dooie lewe en bestaan, en deur My word hy nie anders gesien as `n klip nie, waaraan geen lewe nie, maar alleen die oordeel en die ewige dwang van My wil sigbaar is, wat die oues die “toorn van God“ genoem het.

[4] Hoe lank `n baie harde klip egter nodig sal hê, voordat hy ook maar enigsins sagter sal word tot `n soort grond wat nog `n lang tyd onvrugbaar sal wees, dit is `n vraag wat die mees volmaakte engel, wat hom in die hoogste hemelse lig bevind, selfs nie kan beantwoord nie; want dit weet alleen die Vader, wat in My is, netsoos ook Ek in Hom.  

[5] Maar as te veel mense die volle maat van hulle kwaad eenmaal bereik het, sal vanweë die nog weinige goeies en uitverkorenes die tyd van hulle ongestrafte kwade handel deur My verkort word, en dan sal hulle eie oordeel en hulle dood hulle verslind voor die oë van die weinige regverdiges, netsoos dit ten tyde van Noag en van Abraham en Lot en ook ten tyde van Joshua gedeeltelik die geval was, en van nou af aan ook nog herhaalde male die geval sal wees.

[6] Die begin sal die Judeërs weldra meemaak, netsoos later ander rykes met hulle vorste en volkere; oor nie heeltemal 2000 jaar nie sal daar egter nogmaals `n baie groot en algemene oordeel kom, tot heil van die goeies en tot verderf van die wêreldse groot en die volkome liefdelose mense.

[7] Hoe die oordeel daaruit sal sien en wat dit sal inhou, dit het Ek al aan My leerlinge, wat hier by My aanwesig is, verskeie keer onthul, en na My sal hulle dit aan die volkere van die aarde verkondig. Heil diegene wat dit ter harte sal neem en sy lewe daarvolgens sal inrig, om nie deur die oordeel gegryp te word nie!

[8] En nou, My vriend Zaggeüs, weet jy voldoende hoe jy vir jou sieleheil moet handel en wat jy daarvoor moet doen, en Ons het Ons aan jou tafel nou ook voldoende met spys en drank versterk - daarom wil en sal Ons weer opstaan en op weg gaan na Nahim; - want vandag moet Ek vóór sonsondergang in die plek aankom.”

[9] Nou sê Zaggeüs:”O enig ware Majesteit en Heer! Vanaf hier tot by die plek is dit nog `n hele ent, en op die natuurlike manier sal dit wel baie moeilik gaan om dit vandag vóór sonsondergang te bereik; want hy lê immers baie nader aan Jerusalem as wat die afstand van hier tot by die plek wat deur U genoem is! Op kamele kan mens die reis daarheen wel in één dag maak, maar te voet in nouliks `n halwe dag, wat U nou nog oor het, en sal dit sonder `n wonderwerk waarskynlik nie moontlik wees nie!” 

[10] Ek sê: “Vriend, laat dit maar My sorge wees! As Ons die nog langer weg van hier na Essea sonder kamele in één dag kon aflê, dan kan Ons ook die baie korter weg van hier na Nahim goed aflê. Jy sou natuurlik graag wou dat Ek nog hier tot môre bly; maar Ek alleen weet die beste wat Ek van plan is, en so moet Ek dan ook handel, nie net soos wat My vlees wil nie, maar net soos wat Hy wil, wat in My siel woon. En daarom moet Ek vandag nog vóór sonsondergang in die beoogde plek aankom.

[11] Onthou My leer en handel daarvolgens, dan sal jy lewe in die lig vanuit God! En as jy sal hoor dat die fariseërs My gevange geneem het en die liggaam van My doodgemaak het - wat ook toegelaat sal word tot hulle ondergang, maar ook tot opstanding van die vele dooies wat nou nog wegkwyn in hulle grafte van ongeloof en waandenkbeelde en geen lewe van die gees in hulle het nie - raak daardeur dan nie geërger nie, en weifel nie in jou geloof nie; want op die derde dag sal Ek weer opstaan en na al My vriende kom en aan hulle die ewige lewe gee!

[12] Maar oor My vyande sal die oordeel begin om los te breek, wat sal lei tot hulle ondergang, - die vele wat nou nog die lewe sal meemaak. Ek het dit nou vir jou gesê, en jy weet nou hoe jy jou voortaan moet gedra.

[13] Ek het jou nou ook `n pond geleen; beheer dit goed en na behore, sodat Ek dit weer met rente van jou kan terug ontvang, wanneer Ek terugkom! Nou is jy oor iets kleins aangestel, en dan sal jy oor iets groots aangestel word; want wie trou is in die kleine, sal ook in die grote trou bly.”

[14] Na hierdie woorde seën Ek die hele huis van Zaggeüs en begewe My dadelik saam met My leerlinge op weg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205