Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer spreek oor Sy menswording

85 Die skrifgeleerde sê: “Ja, Majesteit en Heer; maar ek staan nou as te ware volkome verpletter voor U! Want wat is `n mens teenoor U?”

[2] Ek sê: “Kyk eers na My leerlinge! Hulle is al meer as twee jaar voortdurend om My heen en ken My seker baie beter as jy nou; maar geeneen van hulle het daarom nog verpletter voor My gestaan nie.

[3] Teen Moses is wel gesê, toe hy die aangesig van JaHWeH wou aanskou: “Niemand kan God sien en tewens sy lewe behou nie”, dit wil sê die lewe van sy liggaam. Maar destyds was daar alleen sprake van die ewige Gees van God, aangesien God in die tyd nog geen liggaam aangeneem het nie, omdat dit volgens Sy ewige orde nog nie die tyd daarvoor was nie.

[4] Maar nou het, ooreenkomstig die voorspelling van die profete, JaHWeH die liggaam van die mense van hierdie aarde aangeneem en sodoende tussen Homself as die oerewige gees en die mense `n beskermende wand geplaas, sodat hulle Hom sonder skade vir hulle lewe kan sien, aanraak, hoor en spreek, en niemand hoef bang te wees dat hy deur My sigbare aanwesigheid verpletter word nie.

[5] Tussen My en julle mense bestaan daar weliswaar `n eindelose kloof, waardeur selfs die mees volmaakte engelegees My nie eers kon genader het nie; maar nou is daar oor die kloof `n brug gebou, en die word gevorm deur die liefde vir My van julle kant, netsoos Ek van My kant vanuit My ewig groot, bo alles magtige liefde vir julle mense Self `n mens van vlees en bloed geword het en ook julle swakhede op My geneem het, sodat Ek geen ewig verre God nie, maar `n volkome nabye en maklik te bereikte Vader, Vriend en Broer kan wees na gelang die mate van julle liefde vir My kan word en bly.

[6] As dit tussen My en julle mense nou so gestel is en dus heel anders as ten tye van Moses, kan niemand sê dat hy deur My goddelike verhewenheid en majesteit, wat weliswaar in al haar volheid in My woon, vernietig word nie, omdat Ek immers Self met heel My hart sagmoedig en deemoedig en vol van die hoogste geduld en lankmoedigheid, liefde en erbarming is. Wees dus vol goeie moed en moet geen onnodige vrees vir My hê nie, wat jou al baie lank voordat jy bestaan het, liefgehad het!”

[7] Nou sê die skrifgeleerde met meer moed en selfvertroue: “Maar Majesteit en Heer, hoe kon U my liefgehad het, nog voordat ek bestaan het?”

[8] Ek sê: “Sonder My liefde sou daar geen wêreld en dus ook geen mens tot bestaan gekom het nie. Alles wat die eindelose skeppingsruimte bevat, is My deur My wil beliggaamde liefde, en jy dus seker ook.

[9] My liefde is ewig en derhalwe is alles wat uit haar voortkom, nou voortkom en ewig sal voortkom, dit in feite ook.

[10] Die lewende gees in die mens is My ewige liefde en wysheid, wat alles skep, orden en in stand hou; en hierdie gees is eintlik die ware en in homself reeds ewige mens in die mens, wat om selfstandig te kan word, homself egter volgens My ewige orde in hom eers mettertyd met `n siel en `n liggaam beklee en so `n uiterlike waarneembare vorm aanneem.

[11] As dit nou so is en onmoontlik anders kan wees, sal jy goed insien dat Ek jou reeds ewig lank liefgehad het, voordat jy nog was wat jy nou is! Jy is nou `n as te ware van My afgeskeide lewensvonkie van My liefde en jy kan self `n op My lykende, groot en selfstandige liefdesvlam word deur My bo alles lief te hê en jou naaste, wat volkome gelyk is aan jou, soos jouself. En as jy dit is en My dan ook op die manier liefhet, sal jy weldra in jouself sien, hoe Ek dan die ewige liefde alles in alles is en alles op sy beurt weer in My is. - Begryp jy dit nou?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205