Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die verbasing van die Griek oor die heilsame maal

187 Eén van die geneesdes, wat `n Griek was, gebore en getoë op die eiland Ciprus, maar hom later as visser in Joppe gevestig het en vir die res `n heel ervare mens was, sê aan die dienaar: “Vriend, die land waar ek gebore is en waar ek byna dertig jaar as ervare visser geleef en gehandel het, heet Ciprus en word ondanks sy groot uitgestrektheid aan alle kante deur die groot see omspoel; dit is buitengewoon vrugbaar en in alle opsigte só heilsaam en gesond, dat dit tot `n spreekwoord geword het om te sê: “In ons land ken mens geen siekte en hier sterf mens nie!” Om die rede koop ryk Romeine, Grieke, Egiptenare en ook Judeërs daar vir baie goud besittings, bou daar pragtige wonings en lewe dan heel blymoedig in daardie heerlike land.

[2] Ek was gereeld getuie daarvan dat daar ook siekes daarheen gekom het en van die mees gesonde spyse eet en die beste en suiwerste wyn drink; maar tog het hulle nie so gesond geword soos ons nou hier in hierdie eweneens heerlike plek nie.

[3] Wat is daar eintlik in hierdie spyse en die heerlik smakende wyn wat ons gedrink het, dat ons almal, byna veertig mense met verskillende kwale behep, op één slag en skielik so gesond geword het, asof ons nooit iets makeer het nie?”

[4] Die dienaar sê: “Nóg die spyse, nóg die wyn het julle van jul kwale genees, maar die barmhartigheid en wil van Hom, terwille van wie die twee leerlinge julle hiernatoe gestuur het en in wie julle ten volle geglo het, toe die twee leerlinge van Hom vertel het dat die volheid van die Gees van die een, enig ware God in Hom woon.

[5] Met Sy liefde, erbarming, barmhartigheid en wil was hierdie spyse en die wyn gekruid, en die geestelike kruie het julle gesond gemaak. Dank dus alleen Hom daarvoor en val, noudat julle weer heeltemal genees is, nie weer in julle ou swakhede en sondes terug nie, sodat julle nie nog `n keer kwale oploop nie, en wel erger as hierdie, waarvan julle nou op wonderbaarlike wyse genees is!”

[6] Toe die geneesdes die goeie waarskuwende woorde van die dienaar gehoor het, belowe hulle by alles wat vir hulle gewyd was, dat hulle dit tot hulle dood in alle erns sou onthou. Maar hulle sou graag wil weet waar hulle nou heen moes reis om die groot Heiland te ontmoet, om Homself op hulle knieë die alleen aan Hom toekomende dank te bring.

[7] Die dienaar sê: “Ek het geen opdrag gekry om dit vir julle te sê nie. Maar neem egte liefde vir Hom op, dan kan dit ook nog wel gebeur dat julle Hom te siene kry!

[8] Hy laat Hom maar net deur die mense vind en ook spreek, as hulle Hom soek in hulle van sondes gereinigde harte, ook al sou hulle hulleself aan die einde van die wêreld bevind; want Hy sien alles, Hy ken alles, en Hy ken selfs die mees geheime gedagtes van elke mens, ook al sou hy hom verberg in die verste uithoek van hierdie uitgestrekte aarde.

[9] Doen dus wat ek julle nou gesê het; ek kan dit ook aan julle sê, omdat ek Hom persoonlik ken en, ofskoon ek slegs `n dienaar van die huis en my meester is, self ook vervul is met die gees uit die ewige waarheid van Sy leer.”

[10] Hierop verlaat die dienaar die geneesdes en gaan aan met sy oorblywende besigheid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205