Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die profeteskole

56 Tydens die ete vra die herbergier My, of hy die arts nie heimlik moes laat weet dat Ek hier was nie. 

[2] Ek sê: “Dan sou jy vergeefse moeite doen; want hy en sy vrou is op reis en sal eers weer oor `n paar dae tuiskom. As hulle na jou toe sal kom, kan jy hulle wel vertel wat daar hier tydens hulle afwesigheid alles voorgeval het. Maar laat Ons nou ongestoord verder eet en drink!”

[3] Daarop eet en drink Ons heel welgemoed; die herbergier en sy geneesde seun doen dit ook en prys voortdurend die goeie smaak van die edelvisse.

[4] Die herbergier kon `n heel goeie opmerking nie vir hom hou nie, en hy sê naamlik: “O Majesteit en Heer! Die visse wat die eerste in die waters van die aarde geskape was sal ook wel beter gesmaak het as die wat hulle later onder mekaar voortgebring het; want hierdie edelvisse is ook nie verwek nie, maar deur U nuut geskape, o Majesteit en Heer, en daarom smaak hulle ook so buitengewoon goed.”

[5] Ek sê: “Ja, ja, daarin sou jy wel gelyk kon hê! En op dieselfde manier is ook die Woord wat uit My mond kom, kragtiger en werksamer as wanneer dit deur die profete gespreek word; maar hulle woorde kon in elke mens tot dieselfde krag versterk word, wanneer hulle in die wil en die hart van die mens deur die daad goed toeberei word.

[6] My Woord is reeds die Lewe in sigself en maak elkeen lewend wat dit met `n welwillende hart hoor, - want dan gaan die Lewe wat ten grondslag lê aan al die lewe dadelik oor in die lewe van die mens; die Woord van die profeet is egter maar net `n betroubare wegwyser en toon die mens hoe hy tot die lewende Woord uit My mond kan kom en daardeur kan oorgaan in die lewe van die gees.

[7] Ek sê vir julle almal: Uiteindelik moet elke mens in sy hart deur God onderrig word; want wie ten slotte nie deur die Vader of deur God se Gees in My onderrig word op die weg van die suiwer liefde vir My en sy naaste nie, kom nie na My toe nie, die Seun van die ewige Liefde, wat die ewige Lig, die Weg, die Waarheid en die Lewe self is; want Ek het in Myself die wysheid van die Vader. Julle begryp dit nou weliswaar nog nie heeltemal nie, maar julle sal dit begryp wanneer julle na My hemelvaart in die gees vanuit My wedergebore word; want dit is die ewig in Homself volledig lewende Gees van alle Waarheid, en Die sal julle in alle wysheid binnelei. Jy het daarom wel gelyk toe jy gesê het dat die nuwe geskape visse onvergelyklik baie beter smaak as die wat hulle naderhand onder mekaar voortgebring het.”

[8] Daarop sê die herbergier: “O Majesteit en Heer, ek het baie dinge gehoor oor die vroeëre profeteskool, wat veral in die tyd van die rigters erg in swang was en ook daarna nog ten tyde van die konings tot bykans in ons tyd bly bestaan het. Maar tog het ek nooit duidelik kon ontdek waaruit hulle les en oefeninge nou eintlik bestaan het nie. Maar wie eenmaal ooreenkomstig die volle waarheid `n profeet geword het, deur sy mond het die gees van JaHWeH onmiskenbaar gespreek, wat verskeie groot profete ook deur hulle dade bewys het. 

[9] Waaruit bestaan die les en oefeninge van `n profeteskool dan eintlik?”

[10] Ek sê: “Luister, My vriend, wat daar destyds slegs in allerlei ooreenstemmings gebeur het, as voorbereiding vir hierdie huidige tyd, staan nou in vervulling voor jou! In die skool was die, in die gees gewekte rigters en priesters op die wyse van Aäron (miskien eerder Samuel: vertaler) as kinders opgeneem, wat deur godvresende ouers reeds vanaf hulle geboorte suiwer en goed opgevoed was, en natuurlik veral jong seuns wat bowenal liggaamlik volkome gesond en sterk was. Daar moes hulle eers die kuns van die lees, reken en skryf magtig word; daarna word hulle goed onderrig in die Skrif, dit wil sê in die boeke van Moses, en vervolgens ook in die lande- en volkekunde van die aarde vir sover die mense dit geken het.

[11] Daarby was hulle ook sorgvuldig daartoe aangespoor om God se gebooie nie net te ken nie, maar hulle ook soveel moontlik uit vrye wil en self beslissend in ag te neem. Tewens word hulle na gelang van hulle leeftyd en graad van hulle geestelike ontwikkeling blootgestel aan baie proewe en beproewings, sodat hulle in hulleself tot die lewende oortuiging sou kom, in hoeverre hulle krag om die hele wêreld en die bekoorlikhede daarvan te weerstaan, reeds toegeneem het.

[12] Hulle moes veral beskerm word teen die traagheid, wat die moeder is van alle ander sondes en kwade, en daarom word hulle dan ook aangespoor tot allerlei liggaamlike werk, wat afgestem was op hulle liggaamlike kragte.

[13] Wanneer hulle eenmaal groot en sterk geword het in selfverloëning en selfoorwinning, word hulle deur die wetenskap der ooreenstemming na hulle innerlike gelei, waardeur hulle tot die lewende geloof kom en `n onbuigsame wil verkry in vereniging met God se wil, wat hulle goed geken het en ook reeds vanaf hulle jeug steeds noukeurig in ag geneem het; daardeur was hulle ook al in staat om menige tekens te doen, omdat hulle eie wil één geword het met God se wil en hulle geloof, as `n waaragtige, lewende lig uit die hemele, in hulle verligte harte geen twyfel meer toegelaat het nie.

[14] As hulle almal binne die ware en lewende orde gekom het, word hulle deur hulle lewende geloof en hulle eie wil wat deur al hulle dade met God se wil verenig was, vervul met God se Gees, elkeen volgens sy individuele kapasiteit; daardeur kry hulle siele `n wyer gesigsveld en voorsien hulle sodoende ook toekomstige dinge en gebeurtenisse in ooreenstemmende beelde, wat hulle vervolgens opskryf vir die latere geslagte.

[15] Wie eenmaal die toestand bereik waarin hy visioene kry, bereik ook die lewende Woord in sy diepste innerlike en hoor dus die stem van JaHWeH in homself, en dit was die Godswoord wat die profeet as te ware uit die mond van God aan die mense verkondig het en in feite moes verkondig, omdat hy deur die in hom heersende Gees van God daartoe gedryf was. Kyk, so het die skool van die profete daaruit gesien, en op die manier wat Ek beskryf het, was die mense in `n egte en ware lewenskool tot profete opgelei!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205