Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die fariseër verklaar die droom

80 Die fariseër sê: “Vriend, hierdie droom wat jy my nou vertel het, lyk my nie so naar en onsinnig te wees as wat jy dink nie, en het na my mening `n baie diepe lewensbetekenis vir jou, wat ek vir jou in `n paar woorde sou kan duidelik maak!”

[2] Die skrifgeleerde sê: “Doen dit dan; ek wil baie graag na jou luister!”

[3] Die fariseër vervolg: “Luister! Die goud- en silwerkloof, wat jou so beangstig het en waaruit jy geen uitweg meer kan vind nie, toon die toestand van jou siel wat met louter begeerte na goud bepantser is en wat ondanks al haar dink en soek geen uitweg uit die toestand meer kan vind na die vrye ruimte van die suiwer en lewende waarheid vanuit God nie. Die mynwerkers, wat jy die genoemde metale in groot klompe uit die berge sien haal het is jou eie onversadigbare begeerte na dergelike aardse skatte. En die mynwerker wat aan jou gesê het dat daar geen weg meer uit die kloof lei nie en wat jou ook nie sagsinnig vertel dat jy sekerlik ten gronde sou gaan nie, is jou eie gewete wat jou - as te ware vir die laaste keer - baie ernstig vermaan, omdat jy geen ag meer slaan op sy sagter vermanende stem nie.

[4] Hierop word jy so bang en angstig, dat jy bewusteloos op die grond val. Dit is `n teken vir jou, wat jy na my mening as volg moet begryp: Omdat jy jou begeerte begin te verag en te ontvlug en daardeur jou siel van haar pantser ontdaan het, het jy jou ou liefde en derhalwe ook jou materiële lewe opgegee en val jy as te ware dood op die grond. En omdat jy dit gedoen het, ontluik daar in jou baie vinnig `n ander en reeds vryer lewe.

[5] Die man wat toe baie gou na jou toe kom en jou `n heel belangrike vraag stel, wat jy nie kon beantwoord nie, was alweer jou gewete, jou gees van die anderkant uit God. Toe hy van jou weggaan, sien jy onmiddellik `n boosaardige dier, wat niks anders was as jou ou begeerte nie, wat jou ondanks die reeds vryer toestand van jou siel in jou gemoed agtervolg. Maar omdat jy nou `n afsku het van jou ou sonde, is selfs die herinnering daaraan vir jou weersinwekkend en veragtelik, en jy doen moeite om daardie boosaardige dier te ontvlug, sodat dit jou nie opnuut gryp en jou te gronde rig en doodmaak nie. So `n geregverdigde vrees van jou vir jou kwaadaardige dier word deur die hemel gesien en hierdie stuur `n bliksemstraal van die lewende waarheid uit God. Dit raak jou boosaardige dier so goed, dat dit daarna nog wel `n rukkie steier en kronkel, maar ten slotte tog in die afgrond stort en nie meer in jou siel te voorskyn kom nie.

[6] Nou vertoon daar aan jou, nog vanaf `n groot afstand, `n aangename plek, waardeur jy jou heeltemal op jou gemak begin te voel. Jy haas jou na daardie dorp en na die baie mooi tuine daar in die omgewing, wat ryk is aan buitengewone vrugtebome en vrugte. Die gerieflike plek is die in jou hart teruggekeerde rus, en die tuine stel die nuwe waarhede uit God voor, waaraan jy baie genoeë beleef. Maar omdat dit nie jou eiendom is nie, omdat jy nog nie daarvolgens handel nie, sien jy dit as te ware nog buite jouself, en die vrugte durf jy nie gryp nie. 

[7] In één tuin sien jy ook baie mooi vroue en meisies, waarmee jy graag sou wou praat en nader wou kennis maak. Maar wanneer hulle, wat die diepste lewende waarhede is, jou as `n suiwer, uiterlike verstandsmens in die oog kry, vlug hulle van jou af weg en jy dink: “Waarom wil hulle my eintlik nie, waarom vlug hulle van my weg?” Dan ontwaak jou gewete weer en die laat jou sien hoe arm jy is aan werke van liefde tot God en jou naaste, en hoeveel onreg, wat jy die arme weduwees en wese aangedoen het, jy nog moet goed maak - waarvoor jou verstand egter nog terugdeins.

[81 Dan sê jou gewete opnuut: “Gryp hom en bind hom vas - waarmee jou uiterlike verstand bedoel word - en werp hom in `n donker kerker, waar slange en paddas verblyf! “Dit wil met ander woorde soveel sê as: Neem self jou wêreldse verstand gevange met behulp van jou lewende geloof in God en Sy tot ons gekome Gesalfde, en verban dit en gee dit terug aan die donker wêreld en haar giftige sorg; want uit die Woord van God moet `n nuwe en suiwer geestelike verstand ontstaan, anders kan jy die plek van die ware, troosryke sielerus nie binnegaan nie.

[9] Dan skrik jy ewenwel opnuut, omdat jy dink dat jy in jou uiterlike verstand jou hele lewe besit, en daarom vlug jy nog `n rukkie oor harde en dooie stoppels en klippe des aanstoot. Die stoppels en klippe is die dwaashede van die wêreldse wysheid, wat jou moeg maak en opnuut laat val. Heil jou, as jy deur hierdie val net so wakker word in die gees van die volle waarheid uit God, as wat jy nou uit jou goeie en vir jou baie betekenisvolle droom weer in die aardse liggaamlike lewe ontwaak is!

[10] Kyk, so het ek die betekenis van jou droom gesien en dit ook sonder enige terughoudendheid aan jou meegedeel! Maar as ek die goeie gevoel het, het die uitleg nie heeltemal uit myself voortgekom nie; want ek het duidelik die idee dat `n hoër Gees my die woorde in my hart en mond gelê het. En ek glo ook dat die Gees van die Een vir wie die kragte van die hemele en alle elemente van hierdie aarde gehoorsaam - netsoos ons gesien het - jou in die droomtoestand laat kom het.

[11] Maar tog kan jy nou glo wat jy wil. Ek het gespreek en sal nou ook dadelik die groot Heer gaan opsoek en sien wat Hy doen; maar jy kan nou doen wat jy wil!”

[12] Die skrifgeleerde, wat baie verbaas was oor hierdie droomuitleg, sê: “Luister, ek sal doen wat jy doen - laat ons dus gaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205