Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die verskynsel van die lugspieëling

192 Aangesien die son reeds onder die horison begin wegsak, meen Ons Markus dat dit in sekere sin tyd was dat Ons Onsself na benede na die huis begeef, omdat die aande in die herfs gereeld koeler word.

[2] Maar Ek sê: “Vriend, daarvoor is dit nog minstens `n halfuur te vroeg. Wees tog nie besorg of daar vir Ons `n aandete voorberei word of nie; want wanneer Ons by die huis sal aankom, sal alles in orde wees!

[3] Maar hier op die berg sal nog iets gebeur waaroor julle jul buitengewoon sal verbaas en wat `n baie goeie invloed op julle hart en siel sal hê; daarom is dit belangrik dat Ons nog minstens `n halfuur hier bly. 

[4] Wanneer die son heeltemal ondergegaan het, sal julle My loof en prys, omdat Ek dit aan julle onthul het. Maar van nou af tot op daardie oomblik moet julle jul volkome rustig hou! 

[5] Daarna word alles stil en rustig. Ook die geeste in die lug, in die aarde en in die waters word deur My in stilte beveel om hulle volkome rustig te hou. En so word dit in die hele sigbare natuur so volkome rustig, dat daar selfs nie die kleinste suggie wind beweeg, geen voëltjie rondvlieg nie en die water van die meer so volkome kalm was, dat mens die hoë berge, wat die groot meer omring, vanuit die waterspieël netso duidelik en helder te siene kry as op natuurlike wyse, wat alle aanwesiges in hoë mate verruk, omdat hulle bykans nog nooit so `n volmaakte rus van die meer gesien het nie. 

[6] Sommige wou My graag gevra het wat die nog nooit beleefde volmaakte rus in die natuur beteken. Maar omdat Ek vir alle aanwesiges, sonder uitsondering, volkome rus beveel het, durf niemand sy mond oopmaak nie. Ook in die huis benede en ook in die groot badinrigting het alles volkome rustig geword, hoewel niemand geweet het wat die volkome rus sonder enige aktiwiteit teweeggebring het nie. Ook Ons RafaEl, wat hom naby My bevind, hou hom so rustig soos `n standbeeld.

[7] Toe dit heeltemal begin te skemer en die sterre geleidelik aan sigbaar word, begin daar in die baie suiwer en volmaak rustige lug `n groot aantal bekende, maar nog meer onbekende streke te verskyn, veral aan die westelike hemel. Sover die oog reik was die kuste van die Middellandse See te siene met alle plekke en skepe, en almal merk op dat ook die groot Middellandse See volkome rustig was. Heeltemal aan die westelike rand, waar die son ondergaan, kom ook die getroue beeld van die sterk rooi gekleurde son te voorskyn, waaroor alle aanwesiges hulle in hulle hart baie verwonder. Hierdie verskynsels word van minuut tot minuut lewendiger.

[8] Toe die aanwesiges hierdie verskynsels voldoende bekyk het, sê Ek aan die leerlinge: “Gee nou julle oordeel oor dié verskynsel, wat op bepaalde tye, veral in Egipte en in die woeste Arabië baie gereeld te sien is, dikwels ook op klaarligte dae, en wat die mense tot allerlei bygeloof verlei!”

[9] Op hierdie uitnodiging van My sê die leerlinge: “Heer, soortgelyke verskynsels is vir ons nie heeltemal vreemd nie; maar wat hulle in feite geheel volgens waarheid is en hoe en waarom hulle ontstaan, dit het geen sterflike mens nog deurgrond nie, netsoos baie ander dinge. 

[10] Hier het U dit kennelik laat ontstaan om ons ook oor sulke dinge die regte voorligting te gee, sodat ons by dergelike voorvalle geen verkeerde idees daaroor nahou nie; maar hoe hulle andersins op soortgelyke wyse ontstaan, dit weet alleen U en RafaEl.

[11] Die Judeërs beskou dit as profetiese voortekens en vir `n belangrike tekenskrif van JaHWeH met diepgaande inhoud, netsoos ons dit enige tyd gelede in die nag op die Olyfberg te siene gekry het.

[12] Waarvoor die heidene dit beskou, daaroor het ons nog weinig gehoor, omdat ons onsself nog nooit met die leer van hulle gode besig gehou het nie. Maar aangesien ons nou verskillende volledig bekeerde heidene by ons het, kan hulle nou ook hulle opvatting en hulle geloof ten aansien van dergelike verskynsels te berde bring.”

[13] Nou kom die twee Grieke, wat in die môre as eerstes die enig ware God gesoek en genees was, voor My staan en sê: “Majesteit en Heer! Die fabel van die groot heks Morgana is te dom om hier weer te gee; want as jong seuns het ons vroeër self al daaroor gelag, daarom moet dit ons nou nog des te dommer en belagliker toeskyn.

[14] Op ons verre reis het ons egter nie net dikwels die geleentheid gehad om sulke verskynsels - hulle is ook nie altyd van hierdie omvang nie - waar te neem nie, maar ook om met baie bekwame natuurondersoekers en wêreldwyse mense daaroor te praat, en daar was één wat volgens ons mening die spyker behoorlik goed op die kop geslaan het.

[15] Hy was van mening dat dergelike verskynsels, netsoos vele duisende ander, `n volkome natuurlike oorsaak gehad het en beskou en gesien moet word as voorbodes van ander daaropvolgende verskynsels, wat veral van belang is vir die skippers op see en die karavane deur die groot sandwoestyne. Omdat dit steeds optree by `n so groot moontlike rus van die op die aarde lêende lug, lyk dit asof die geheel rustige lug hoog in die gebied van die wolke netsoos `n volkome rustige wateroppervlak, `n weerspieëlende vermoë kry, en so kry ons volgens hom gereeld van groot afstand streke, plekke, berge en riviere te sien, asook `n hele boel ander dinge wat ons nie ken nie, wat deur die hooggeleë, rustige lugoppervlak weerspieël word. As die lug egter onrustig word - wat na dergelike verskynsels onvermydelik gebeur - en daar winde begin te waai, dan sou dergelike verskynsels ook baie vinnig verdwyn, omdat deur die steeds hewiger wordende lugstroming, die lug haar rus en daarmee haar weerspieëlende vermoëns geheel en al verloor.

[16] Of dié sienswyse van ons natuurkundig volkome waar en korrek is, dit kan ons gladnie volgens waarheid beoordeel nie; maar dat dit vir die ondersoekende, meer helder menslike verstand nog die mees waarskynlike en verstaanbare blyk te wees, daarvan is ons volledig oortuig, deurdat na dergelike verskynsels die gevolge steeds met sekerheid optree.

[17] Terselfdertyd het ons by sulke verskynsels ook gereeld opgemerk dat die weerspieëlde beelde op die veronderstelde lugspieël omgekeerd te sien is, en dit bevestig die sienswyse van ons natuurkundige nog meer; want op `n heel en al rustige wateroppervlak is die spieëlbeelde immers ook altyd omgekeerd te sien - en waarom dan nie ook by `n lugspieël nie?

[18] Dit is dan nou ook ons opvatting oor dergelike verskynsels. Wie van die leerlinge `n beter een het, mag dit teenoor ons uitspreek!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205