Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer met Syne in `n herberg in Samaria

50 Dieselfde dag kom Ons in die stad Samaria aan en neem daar Ons intrek in `n meer afgeleë herberg. Toe Ons die herberg binnekom, kom die herbergier Ons dadelik heel vriendelik tegemoet, want hy hoop om iets van Ons te verdien. Aangesien die leerlinge sedert die oggend nóg geëet nóg gedrink het, was hulle al baie honger en dors, wat Ek wel geweet het, hoewel hulle hierdie keer nie heimlik onder mekaar mompel nie, soos wel gereeld by soortgelyke geleenthede.

[2] Daarom vra Ek dadelik self aan die herbergier: “Vriend, Ons het vandag al `n baie lang reis gemaak en sedert vanmôre vroeg niks tot Ons geneem nie, omdat daar die hele weg geen herberg te vinde was nie, en Ons het dus honger en dors. Wat kan jy Ons vinnig te eet en te drink aanbied?”

[3] Die herbergier sê: “Julle is byna veertig mense, daarom sal netsoveel visse en brode en ook netsoveel bekers wyn seker nie te baie wees nie!”

[4] Ek sê: “Laat maar twee keer soveel visse voorberei; want jou visse is van `n klein soort, en dan is twee vir elkeen van Ons nie te veel nie. Maar sorg dat hulle vinnig en goed voorberei word! En gee Ons intussen wyn, brood en sout!”

[5] Ietwat verleë sê die herbergier: “Ja, my beste en waarde here, alles goed en wel, as ek alles wat Julle wens maar in voorraad sou gehad het! Dit sal met die visse en ook met die brood bietjie moeilik gaan, omdat ek nie soveel daarvan in voorraad het nie, aangesien my herberg vanweë die ongunstig afgeleë ligging oor die algemeen maar weinig besoek word, maar met wyn kan ek Julle nog wel na behore van diens wees. Kortom, wat daar is, sal Julle ook kry; maar meer kan ook God Self nie van `n mens verlang nie!”

[6] Ek sê: “Dit het jy weliswaar baie goed gesê; maar met die visse is dit tog beter gestel as wat jy hier toegegee het! Maar jy is in die geheim `n bietjie besorg dat Ons die tagtig visse uiteindelik nie sal kan betaal nie, en daarom maak jy asof jy `n kleiner voorraad het! Brood het jy vandag inderdaad nie al te veel nie, maar visse genoeg; wees dus nie besorg nie en laat die bestelde aantal visse vinnig voorberei, en bring Ons brood en wyn!”

[7] Hierop loop die herbergier vinnig weg, sit elkeen aan die werk en laat sy bediendes onmiddellik brood, wyn en lig na die gastekamer bring, want dit was al laat in die aand en in die kamer het dit al heeltemal donker geword. Toe die gastekamer verlig was, kom die herbergier weer na Ons toe en verseker Ons dat Ons binne `n halfuur uitstekend bedien sou word. Daarby kyk hy egter heel aandagtig na Ons en wis nie goed wat hy van Ons moes dink nie, want sommiges van Ons dra Griekse, sommiges Judese en enkele Galilese kleding netsoos Ek.

[8] Toe sy nuuskierigheid hom te veel parte begin te speel, wend die herbergier hom allervriendelik tot een van die leerlinge wat die naaste aan hom staan, en wel tot Thomas, en sê (die herbergier): “Vriend, staan my toe dat ek jou iets vra!”

[9] Thomas sê: “Daar aan die hoof van die tafel sit die Heer; rig jou vraag aan Hom! Hy sal jou die beste beantwoord! Ons ander is almal Sy leerlinge en dienare van Sy wil.”

[10] Daarop kom die herbergier na My toe en sê: “Heer, vergeef my my vrypostigheid en in sekere sin opdringerigheid! Ek sou so graag wil weet uit welke land Julle afkomstig is. Na julle kleding te oordeel is Julle Judeërs, Galileërs en ook Grieke. Watter beroep oefen Julle uit? Handelsliede is Julle seker nie, aangesien Julle geen handelsware met Julle meevoer nie, en artieste of towenaars lyk Julle ook nie te wees nie; want daarvoor sien Julle te opreg daaruit. En hoe kon Jy weet dat ek baie beter van visse voorsien was as van brood? Kortom, julle hele verskyning hier in my afgeleë en steeds slegs spaarsaam besoekte herberg maak op my `n ietwat wonderlike indruk. Julle moet my dit maar vergewe, as ek hier openhartiger as wat anders gebruiklik is met julle spreek.”

[11] Ek sê: “Luister, nuuskierige herbergier! Wanneer Ons Onsself versterk het met die brood, die wyn en die visse, sal Ek jou wel sê uit welke land Ons kom. Maar sorg jy nou maar dat die aandete vinnig voorberei word en bring nog meer wyn en brood; want die eerste baie matige hoeveelheid wat jy Ons gegee het, het Ons al opgeëet!”

[12] Toe die herbergier dit van My hoor, gaan hy dadelik weg en bring voldoende brood en wyn.

[13] Ek sê aan hom: “Kyk eers net, dit skyn jou nou ook met die brood beter te gaan as voorheen; en ook lyk die brood vir My groter en beter te wees as wat jy Ons eers aangebied het! Hoe het dit eintlik gebeur?”

[14] NOTA BENE: Ek het wel geweet hoe dit gebeur het, en Ek het dit maar net vir die herbergier gevra sodat hy dit sou ondersoek.

[15] Op My vraag sit die herbergier groot oë op en wis nie wat hy My daarop moes antwoord nie. Hy proe die brood, wat ook vreemd vir hom voorkom, en vind dat dit buitengewoon goed smaak.

[16] Eers na `n rukkie sê hy (die herbergier): “Eienaardig! Anders weet ek tog alles wat daar in my huis is en gebeur; maar waar my vrou miskien wel in die geheim die ware koningsbrood gehaal het, weet ek werklik nie! Maar dit is tog wel baie wonderbaarlik dat my broodkamer nou heeltemal met die soort groot brode gevul is. Maar hoe dit ookal sy - ek is bly dat ek weer vir enkele dae uitstekend versorg is met brood! Maar ek moet by my vrou tog netso navraag doen waar die brood gehaal is en wie dit betaal het, en vir welke bedrag. Want dergelike egte koningsbrood is duur, en één brood sou wel al vier pennings kon kos!” 

[17] Hierop roep hy sy vrou en vra haar waar die brood vandaan gekom het, waarmee sy broodkamer nou skielik heeltemal mee gevul was, en hoe duur dit was.

[18] Die vrou proe ook van die brood, sit `n nog verbaasder gesig as wat haar man gedoen het en sweer by alles wat vir haar lief was, dat ook sy absoluut nie geweet het waar die brood vandaan gekom het nie.

[19] Daarop word daar aan verskeie bediendes gevra of hulle ook nie geweet het waarvandaan die vele goeie brood in die broodkamer gekom het nie. Maar ook hulle sweer dat hulle heeltemal niks daarvan weet nie.

[20] Toe sê Ek aan die herbergier: “Waarom bly jy so lank vra? Wees bly dat jou voorraadkamer vol brood is, en sorg dat die bestelde visse vinnig op die tafel kom; later sal menige raaisel miskien nog opgelos kan word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205