Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die maaltyd by Kisjona

128 Aangesien hierdie uitleg en voorligting byna `n uur geduur het, was die middagmaal intussen berei en op tafel gesit, en Ons neem dit opgewek tot Ons. 

[2] Tegelykertyd word daar egter dieselfde welbereide spyse op die tafel van die Samaritane gesit, en bowendien brood en wyn in die regte hoeveelheid.

[3] Toe die Samaritane dit sien, vra hulle aan die tafelbediende wie dit bestel het, sonder om hulle eers te vra of hulle `n middagmaal wil hê, waaruit dit dan moes bestaan en vir welke prys; want hulle het nouliks genoeg geld by hulle gehad om so `n voortreflike maal te kan betaal.

[4] Die bediende sê: “Dit het ons in opdrag van ons herbergier gedoen, en julle kan die maal sonder sorge eet; want ook julle word hier as vrye gaste gasvry behandel.”

[5] Daarop bedank die Samaritane My en Kisjona hardop.

[6] En hy gee hulle vriendelik ten antwoord (Kisjona): “Eet en drink julle maar, my beste vriende, en wees bly en heeltemal onbesorg!”

[7] Daarop bedank hulle My en Kisjona nogeens almal vir so `n groot vriendelikheid, begin toe te eet en te drink en raak weldra in `n opgewekte en blye stemming.

[8] Tydens die maaltyd word daar weinig gepraat; maar toe die maaltyd ten einde loop en die Samaritane hulle maar bly verbaas oor die drie jongmanne aan Ons tafel, omdat hulle sien dat hulle aansienlik baie meer van die spyse eet as Ons, sê hulle woordvoerder: “Julle is almal netso verbaas soos ek oor die groot eetlus van die drie jongmanne aan die tafel van die Heer; maar ek het tog iets opgemerk, wat vir geeneen van julle miskien so opgeval het as vir my nie. Kyk, wat my so opval was, dat elke spys welke die drie na hulle mond bring, reeds voor hulle mond sodanig oplos en vervlugtig, dat daar selfs nie die kleinste krummeltjie in die mond van die drie jongmanne beland nie.

[9] Ek het dit helder en duidelik gesien en ek vermoed dat die drie jongmanne as baie buitengewone geestelike wesens deur die mag wat in hulle woon, die materiële voedsel vir die liggaam eers in sy geestelike element omsit en dit dan eers in hulle opneem en op die een of ander by hulle passende wyse met hulle wese verenig. Want kyk maar net: Voor die ander gaste lê daar op hulle bakke dit wat nie opgeëet is nie, afgeknaagde lams- en kalfsbene; maar by die drie sien julle niks daarvan nie, hoewel hulle verskeie kere groot stukke met bene daarin, sowel van die lammers, as van die goed gebraaide kalwers, na hulle monde toe gebring het.

[10] Wat ek hier by die drie waargeneem het, is vir my `n bewys dat dit geen liggaamlike nie, maar suiwer geestelike wesens moet wees en dat hulle hulle liggame alleen vir ons oë solank in stand hou as wat die Heer dit terwille van die mense toelaat en dit so wil hê - Het ek gelyk of nie?”

[11] `n Ander sê: “Ja, ja, dit het jy werklik heel korrek opgemerk, en jou beoordeling van hierdie saak klop heeltemal. En aangesien dit vas en seker so is, is dit ook duidelik dat die een jong man, wat ons tevore die sterrehemel en ons aarde en hulle uiterlike en inwendige vorm en hoedanigheid laat sien het, terwyl hy hulle saam met die sterre uit die lug geskep het, vervul is van die geeskrag van die Heer en het geen materiële voedsel nodig om sy onsterflike liggaam in stand te hou nie; maar as hy voor ons oë skynbaar iets daarvan tot hom neem, dan sit hy dit dadelik om in sy geestelike element, waardeur hy homself moontlikerwys in `n materiële liggaam aan ons kan vertoon.

[12] Want ek is self al lankal van mening dat alle materie in sigself ook heeltemal geestelik is en deur die wysheid en almag van God in allerlei vorms sigbaar en vir ons uiterlike sintuie voelbaar word, en die rein en vanuit God magtige geeste sal die materie ooreenkomstig die volle innerlike waarheid waarskynlik maar net sien netsoos hulle is, en nie netsoos hulle hulleself aan ons afgestompte sintuie voordoen nie.

[13] Ja, ja, ons lewe nou te midde van louter wonders, en tog wil die siele-blindheid die mense nie verlaat nie; naas die grootste, mees lewende ligte uit die hemele, strompel die duistere bygeloof en ook die volkome ongeloof voort, en die magte van die hemele is nie in staat om dit te vernietig nie! Maar as dit nou nie by die mense wil lig word nie, noudat hulle die hoogste waarhede en die wonders daarvan by die oerbron kon sien en ondersoek nie, hoe duister sal dit dan nie weer onder die mense word wanneer hulle oor hierdie dinge, wat nou voor ons oë gebeur, slegs van mond tot mond berig sal kry nie? Sal hulle wel `n vaste geloof aan die suiwer oorlewerings heg, terwyl hulle nou nie glo wat daar voor hulle oë is en gebeur nie? Dit kan ek nouliks glo.

[14] Ja, daar sal in elke tyd wel mense wees wat deur God verlig is, wat as ligte vir die ander mense sal rondgaan - maar sal die vele blindes en wêreldse geleerdes agslaan op hulle? Hulle sal hulle as dwase uitskel en as dit kan, so vinnig moontlik vervolg.

[15] O, die verspreiders van hierdie leer, wat nou werklik liggaamlik vanuit die hemele op ons toekom, sal dit nie maklik hê nie, ook nie as hulle met die mag van hierdie drie jongmanne begunstig sou wees nie! Want die mense sal hulle beskou as oorspanne bedrieërs en bowendien as magiërs uit die skool van die Essene en derhalwe ook as leuenaars, bedrieërs en volksopruiers en hulle vervolg en martel.  

[16] Dit is so my mening; want hoe helderder die son op `n dag skyn, des te pynlik duisterder word die daaropvolgende nag dikwels, waarin duistere onweerswolke die sterre van die hemel amper bedek. Maar die Heer sy alle lof, omdat ons waardig was om hierdie baie helder dag mee te maak en daarop voor die oë van die Heer te wandel!”

[17] Almal sê: “Ja, die Heer alleen sy alle lof en eer daarvoor, en Sy liefde en barmhartigheid bly voortaan by alle mense wat goed van hart en van goeie wil is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205