Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer in Jesaïra

Die vertrek van Kis na Jesaïra

135 Toe dit alles vinnig en maklik gedoen was, staan die middagmaal ook gereed. Ons neem dit tot Ons en maak Ons toe dadelik gereed vir die vertrek. Kisjona, Maria, Joël en Philopold wou My begelei tot by die plek wat Ek van plan was om volgende te besoek.

[2] Ek sê: “Laat Ons dan per skip na Jesaïra vaar! Wat daar moet gebeur sal Ons aan die vrye wil van die mense daar sien. En nou gaan Ons vertrek!”

[3] Daarop gaan Ons na die oewer, begelei deur al die personeel van Kisjona, stap in twee skepe en voer met `n gunstige wind, wat vir die skippers die roei baie makliker maak, in die rigting van die plek Jesaïra, wat Ons na `n paar uur bereik.

[4] Toe Ons op die oewer was, sê Kisjona aan My: “O Majesteit en Heer, dit kom my voor dat U by hierdie geleentheid die een, nog altyd baie wêreldse ingestelde leerling Judas Iskariot kwytgeraak het! Want toe hy weggegaan het, vra hy U hoe lank U by my sou bly, om weer betyds terug te kom; maar hy het nie gekom nie, omdat hy stellig die een of ander voordelige geldhandel belangriker gevind het as U?” 

[5] Ek sê: “Daardie laaste is wel die geval, maar hy sal Ons weldra agterna kom. Want hy het byna `n uur na Ons vertrek in Kis aangekom; hy het te hore gekry waarheen Ons gereis het, het dadelik `n skip gehuur en sal Ons hier inhaal, nog voor daar `n uur verby sal wees. Maar wanneer hy gekom het, bestee dan nie baie aandag aan hom nie, hoewel hy julle baie sal wil vertel. Sê aan hom: “Bespaar jouself onnodige gepraat; want die Heer weet alles!” Dan sal hy weldra stil word.”

[6] Toe Ek dit aan Kisjona gesê het, word al My leerlinge byna wrewelig en sê: “Maar so raak ons tog nooit van die lastige man ontslae nie!”

[7] Ek sê: “Wat Ek verdra, moet julle ook verdra! In hierdie wêreld gaan dit nou eenmaal nie anders nie! Die liggaam is vir die siel ook `n groot en gereelde drukkende las; maar sy moet dit tog verdra, ook al word dit, veral op hoër leeftyd, hoe gebrekkig.

[8] Kyk eers na `n nog so sorgvuldig versorgde koringland, of julle tussen die koring heeltemal geen onkruid sal vind nie. Soos Ek die eerste versoeker in die woestyn moes verdra - en eers toe hy heeltemal van My wyk, kom daar engele na My toe wat My liggaam versterk - moet Ons nou aan die einde van My aardse tyd ook die tweede versoeker verdra.

[9] Ek het julle immers by `n bepaalde geleentheid al eens duidelik gesê dat een van julle `n duiwel is, en julle het in julleself wel begryp wie Ek bedoel het. Maar tog het Ek daarom nooit aan hom gesê dat hy moet weggaan nie; want ook die duiwel het sy vrye wil, wat hom nie afgeneem word nie. As hy met Ons wil saamgaan, staan dit hom vry; as hy egter wil wegbly, dan kan hy wegbly. Maar of hy nou weggaan of bly, Ons sal hom nie met verwytende oë aankyk nie.”

[10] Alle leerlinge neem hierdie woorde van My ter harte en Ons begeef Ons na die plek, en wel na die herbergier by wie Ek al `n keer My intrek geneem het.

[11] Toe Ons die huis nader, sien en herken die herbergier, sy vrou en sy kinders Ons en kom Ons onmiddellik met groot blydskap tegemoet. 

[12] Toe die herbergier by My was, buig hy diep voor My en sê: “O goeie Majesteit en Heer, hoe gereeld het ek nie al na U gevra en verlang nie en hoe gereeld die vurige wens gehad om U, die grootste heil van alle opregte mense, nog slegs één keer in my lewe te sien, te spreek en in My huis te herberg nie; maar so `n hoë barmhartigheid van U wou my nie ten deel val nie. Hoe groot my blydskap nou is, noudat U my hierdie barmhartigheid tog eindelik eenmaal waardig geag het, kan ek nie met woorde uitspreek nie! Maar noudat U, o geliefde Majesteit en Heer, na my toe gekom het, wil U tog ook wel `n paar dae by my bly? Ek sal graag alles doen om die verblyf vir U en al U seker meer as salige vriende so aangenaam moontlik te maak!” 

[13] Ek sê: “Vriend, waar Ek harte vind netsoos by jou, daar bly Ek graag - daarvan kan jy baie seker wees; en as Ek nie met My liggaam steeds op `n plek kan bly nie, dan bly Ek tog steeds met My gees by die mense wat My liefhet netsoos jy dit doen! Maar vandag en môre sal Ek ook met My liggaam by jou bly. Oormôre vroeg moet Ek egter tog verder reis; want daar is nog baie mense wat op My wag, sodat Ek hulle kan help. Maar laat nou vir Ons almal `n sober aandete aanrig - moet egter nog geen haas hê nie, omdat die son nog taamlik hoog bo die horison staan!”

[14] Na hierdie woorde van My sê die herbergier dadelik aan sy vrou wat hulle moes doen.

[15] Die vrou bedank My vir hierdie opdrag, maar vra My of hulle Maria, wat die vrou al lank goed ken, dadelik saam na binne mag neem, omdat hulle graag oor verskillende dinge met haar wou praat, aangesien hulle al vir `n lang tyd nie meer die geluk gehad het om die waardigste van die moeders te sien en te spreek nie.

[16] Ek sê: “Beste vrou, ook My moeder het haar vrye wil en Ek kan nie aan haar sê: “Doen dit of doen dat nie!” - As sy wil, kan sy jou die plesier sekerlik aandoen; want wat sy doen is steeds goed gedaan, en Ek beleef steeds groot vreugde aan wat sy wil en wat sy doen.”

[17] Daarop loop die vrou na Maria toe en vra haar om daardie genoeë te doen, en Maria gaan dadelik met die vrou saam na huis en help haar by die bereiding van `n goeie aandete.

[18] Ons gaan egter nog vlakby die oewer in die gras lê en kyk hoe `n paar vissers hulle afmat om visse te vang, maar daar byna niks in hulle nette kry nie.

[19] Kisjona merk dit ook op en sê aan My: “O Majesteit en Heer, presies so het dit twee dae gelede, of eintlik die dag voor die Sabbat, en gister, die dag na die Sabbat, met ons vissers gegaan, totdat U uiteindelik barmhartiglik tot hulle gekom en hulle nette met visse gevul het!” 

[20] Die herbergier sê: “Beste, ou vriend, ek het jou vissers besig gesien en het eg van harte met hulle te doen gehad. Maar ten slotte kom daar drie wondermooie jongmanne na die oewer, en wel juis na die plek, en vra of hulle in `n skip mag klim. Toe voer `n skip wat naby hulle lê hulle na die oewer, neem die jongmanne op en vaar weer na die ander skepe. Toe sê die drie jongmanne egter aan die vissers dat hulle hulle nette nog `n keer in die water moes laat sak, en die resultaat daarvan was volkome wonderbaarlik. Vir hierdie vissers sou dergelike besondere jongmanne nou `n begerenswaardige verskyning wees! Maar of die jongmanne met jou vissers, vriend Kisjona, na Kis gevaar het, of dat hulle soos `n droom verdwyn het, kan ek jou nie sê nie. Na die visvangs het ek daar in elk geval nie één meer op die een of ander skip gesien nie. Wie was drie jongmanne tog wel gewees?”

[21] Kisjona sê: “My vriend, waar die Heer persoonlik aanwesig is, is ook Sy hemelse, met alle mag toegeruste dienare nie ver weg nie! Die drie jongmanne was ook gister van die môre vroeg tot sonsondergang by my aan huis gewees en het die leerlinge van die Heer en ook ander mense wat na my toe gekom het, en van goeie wil was, in allerlei dinge onderrig. Toe hulle egter teen die aand skielik van ons weggaan, het jy vas op dieselfde oomblik hier gesien hoe hulle my vissers behulpsaam was by die ryk vangs. En dit wil die Heer alles so gehad het! Want sonder Sy wil kan geen haar van jou gekrenk word nie en kan geen mossie van die dak wegvlieg nie.” 

[22] Die herbergier sê: “Nou het jy na my hart gespreek! Toe ek gister tuis oor die drie jongmanne vertel, sê elkeen byna eenstemmig: “As daar hier en daar buitengewone dinge hulle gaan voordoen en gebeur, staan ons weldra `n besoek van die Heer te wagte. Mog Hy ons die barmhartigheid verleen dat Hy ons Sy besoek ook waardig sal ag! “En ek sê ten slotte: “Amen, die wil van die Heer geskied! Mog Hy kom, weldra kom en ons van alle kwaad verlos!” En sien, nou is Hy by ons!”

[23] Nou begin die herbergier van blydskap te huil en kan `n rukkie nie praat nie. Maar Ek versterk hom, waarop hy sy natuurlike gemoedsrus herwin en weer kon praat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205