Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

In die beskadigde sinagoge

77 Toe kom die skrifgeleerde na My toe en sê: “Heer, waarom het U ook nie ons wonings so beskerm soos hierdie hier nie?” 

[2] Ek sê: “Waarom het julle dan nie net so geglo soos hierdie een hier nie?”

[3] Die skrifgeleerde sê: “Ons kan onsself tog nie tot geloof dwing nie! By `n volkome geloof hoort `n vaster oortuiging as wat ons van U kan hê. In hierdie tyd, waar dit wemel van allerlei towenaars en wonderdoeners, is dit moeilik - en veral vir `n ou skrifgeleerde - om tussen die vele op mekaar lykende verskynsels die waarheid te ontdek en dit dan sonder twyfel as sodanig aan te neem en sonder twyfel te glo!”

[4] Ek sê: “Wie het dan hierdie metgesel van julle tot geloof gedwing, en hoe het hy tussen die vele valse verskynsels die waarheid ontdek? Kyk, dit sit nie in die verstand van die mens nie, maar in sy beter en meer opregte hart!

[5] Julle het al baie lank geen gewetensaak meer daarvan gemaak om die mense op alle moontlike maniere te belieg en te bedrieg tot julle uiterlike wêreldse voordeel nie; slegs hy het dit nie gedoen nie, omdat hyself nog enige waarde heg aan God se gebooie en hulle nie so verdraai soos wat julle dit verdraai het nie.

[6] Julle het in julle hart geen geloof en daarom ook geen lewenswaarheid meer nie, en daarom kan julle My nie herken en nie in My glo nie; want waar geen waarheid en geen lewe is nie, kan selfs die helderste waarheid en die lewe daarvan nie opgeneem word en `n blywende woning kry nie.

[7] Waar daar egter nog enige waarheid en die lewe daarvan in die hart van `n mens woon, kry ook `n hoër waarheid maklik ruimte, wat dan die lewende geloof en die krag daarvan voortbring. En dit was by hierdie metgesel van julle die geval, en daarom het Ek dit ook laat gebeur soos hy glo. Dit is die rede van julle ongeloof en hardheid van julle hart, wat julle netso blind maak en hou as julle soortgenote oral in die hele land van die Judeërs. Nou het Ek gespreek en sal Ek weer na die herberg gaan.”

[81 Na hierdie woorde van My weet die skrifgeleerde met sy aanhangers nie wat om te antwoord nie; en begelei deur die bekeerde fariseër, die herbergier en die geneesde opperkneg, begewe Ek My dadelik na die herberg, waar alle leerlinge nog aan tafel sit en met mekaar oor My leringe en dade spreek.

[9] Die ander fariseërs en die skrifgeleerde deursoek met behulp van die ligte die sinagoge met verskeie bediendes van die herbergier, om te sien wat daar alles deur die brand verwoes was. Hulle kon dit ook die volgende dag gedoen het; maar aangesien hulle baie goud, silwer en nog ander skatte besit het, wat goed in die sinagoge versteek was, in verskillende hoeke en gate in die muur, wou hulle hulleself daarvan oortuig in hoeverre die vuur ook die verborge skatte al dan nie gespaar het. Toe hulle die hoeke en gate in die mure ywerig deursoek het en tog nog die een en ander onbeskadig aantref, begin hulle `n bietjie beter te voel; maar tog plaas hulle `n wag daar, teen `n goeie beloning, bestaande uit enkele knegte van die herbergier, sodat niemand iets van hulle sou steel en hulle nog armer sou maak as wat hulle nou meen om te wees nie. 

[10] Intussen was Ons met mekaar in gesprek oor baie dinge, wat nie hier weergegee hoef te word nie, omdat dit op die plekke waar dit voorgekom het, tog al meer as voldoende uiteengesit en verklaar is. 

[11] In die besonder word Ons reis van Jerigo tot in hierdie plek, duidelik en in die kort deur My leerlinge vertel, waarmee die fariseër, die herbergier, sy kneg en sy vrou en enkele van sy volwasse kinders hulle buitengewoon verbaas en die fariseër herhaaldelik hardop uitroep: “Nee, dit is eindeloos baie meer as wat nodig is om selfs `n klip siende te maak! En my metgeselle bly nog blind en probeer hulle armsalige wêreldse skatte veilig maak, terwyl die hoogste en ewig onverganklike skatte van die lewe hier in die grootste oorvloed op tafel kom. Maar wat kan iemand van ons doen, as die Heer van die lewe so dikwels tevergeefs die grootste tekens doen en die mense les gee wat maar net uit die hart en die mond van God kan kom? Helaas leef ek te midde van wolwe en moet ek met hulle saam huil, om nie deur hulle verskeur te word nie. Maar van nou af aan sal hulle my nie meer aan die huil kry nie; want nou weet ek goed wat ek sal doen!”

[12] Terwyl Ons fariseër nog dergelike uitroepe maak, kom die skrifgeleerde ook, wat wil vertel dat die vuur nog `n aansienlik hoeveelheid skatte nie beskadig het nie. 

[13] Maar die fariseër staan dadelik teen hom op en sê: “Ek versoek jou hier om op hierdie heilige plek te swyg oor die verdoemenswaardigste vuil van die wêreld! Daardie vuil het die mense tot duiwels gemaak en hulle siele in die poel van die ewige dood gestort. Maar hier onder ons verblyf die Heer van die lewe, wat alle mag oor alles in die hemel en op aarde besit, en Hy het gekom om ons van die ou juk van die hel en die ewige dood te verlos deur Sy liefde, barmhartigheid en meer as groot erbarming, - en jy trag om die vuil van die hel in veiligheid te bring, sodat jy dan nog blinder, verstokter en dooier sal wees in jou siel as wat jy nou al is! Hier staan die poorte van die hemel wyd oop, en jy en jou ander metgeselle span julle in om die hel in stand te hou vir julleself. O, hoe moet die blindheid van julle siele en die verstoktheid van julle harte nie groot wees nie!

[14] Vra julleself net af! Wie kan die Een wel wees, aan wie winde, storms, bliksems, vuur en alle ander elemente en kragte van die natuur gehoorsaam? Ek het Hom herken en is daardeur nou meer as gelukkig; waarom herken jy Hom nog nie, wat jou met die ligste ademtog van Sy almagtige wil kan vernietig of na die hel kan verstoot? Omdat jy met liggaam en siel aan die slegte vuil van die wêreld hang en dood en blind is in jou hart!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205