Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die belydenis van die arts   

161 Toe die arts op die manier met sy metgeselle oor My gepraat het, wat met uitsondering van die twee reeds geneesde Grieke by sommige bewerings van die arts, wat `n helder verstand besit het, tog hulle skouers ophaal, wat Ek baie goed geweet het, genees Ek die arts deur My wil netso volledig van al sy ou kwale soos die twee Grieke vroeër op die berg; hy merk dit oombliklik en met die mees blye gesig ter wêreld begin hy die volgende toespraak: “Luister, vriende, die Man wat ek teenoor julle, ondanks julle herhaaldelike skouerophalings, volgens my insig en volle oortuiging tot `n enig ware God verhef het, het al die gewenste wonder aan my gedoen – sonder om Hom aan ons te vertoon! Want ek voel my nou ineens so gesond en in al my liggaamsdele so fris en versterk soos nooit tevore in my reeds taamlike lang lewe nie.  

[2] Dit het die Man nou gedoen, wat vir my geheel en al die enig ware God is en vergeleke by wie al die ander tot die duistere ryk van die fabels behoort, en daarmee het Hy my duideliker as met duisend nuwe geskape sonne aan die uitspansel bewys dat my bewering volledig waar is; want `n mens, ook al is hy toegerus met selfs alle kunste van orakelende magiërs, het in der waarheid nog nooit op `n afstand iemand se geheime wens onderken en nog minder sonder enige hulpmiddel net volgens sy wil `n lydende mens so totaal gehelp soos wat ek nou gehelp is nie.

[3] Wil julle nou ook nog julle skouers ophaal as ek, wat in baie dinge `n ervare arts is, die groot Man as die een, enig ware God erken, wat ons in alles kan, wil en sal help as ons Hom die eer gee, en ek Hom met volle oortuiging beskou as die Een wat Hy onbetwisbaar is, ook al is Hy wat Sy vir ons sigbare liggaam betref, uit Galilea afkomstig is.

[4] Die kinderlike metamorfose van ons versinde en in klip, hout en metaal uitgebeelde gode en halfgode kan julle wel glo - hoewel hulle nog nooit iemand se bede verhoor en nog nooit iemand gehelp het nie - maar by hierdie Wonderdoener trek julle `n bedenklike gesig! Waarom eintlik, vra ek?”

[5] Eén van sy metgeselle sê: “Beste en vir ons almal baie agtenswaardige vriend, ons ken jou en weet dat jy `n uiters opregte man is en steeds `n baie warm hart gehad het vir al die goeie, ware en buitengewone, maar ons weet ook van jou, dat jy graag sowel na benede as na bo die uiterstes soek en maar selde gebruik maak van die sogenaamde goue middeweg; by ons is dit egter altyd: FESTINA LENTE! (Haas jou langsaam)

[6] Ons wys jou bewering gladnie af nie en is nou ook van mening dat jy jou met hierdie opvatting nie sou vergis het nie; maar dit het alles vir ons so bliksemsnel gebeur, en ons het dit met ons eweneens baie bedorwe mae en verswakte geheue nie so vinnig kon verteer soos jy nie, wat nou heeltemal gesond is. Bowendien word ons hier deur verskeie Grieke en Romeine en deur nog baie meer Judeërs afgeluister; as ons nou dadelik `n luide gejuig aanhef oor wat ons beleef het, waaroor ons ons intussen ook in stilte baie kan verheug, sal ons die op sigself goeie en werklik goddelik wonderbaarlike saak maklik meer kwaad as goed aandoen. 

[7] Ons het dan ook nie eintlik ons skouers soseer bedenklik opgehaal, vanweë dit wat jy teenoor ons beweer het nie, maar veeleer vanweë jou ywer en jou daardeur af en toe te luid geworde stem, wat weldra te baie toehoorders nader sou gelok het. Laat die groot Godsman eers Self na ons toe kom en met ons praat, dan sal ook ons wel harder praat! Het ons nie ook gelyk nie, as ons voorkeur gee aan die stiller wysheid bo iets wat dadelik te veel lawaai in die begin?” 

[8] Met ietwat meer gedempte stem sê die arts: “Vriende, wie eenmaal, netsoos ek nou, die ware God gevind en herken het, moet sy stille wysheid maar mooi opsy sit en aan elkeen openlik die onmeetlike groot skat laat sien wat hy gevind het, sodat ook die blindes begerig word oor die lig van die lewe!

[9] Omdat ek nou tot in die binneste vesels van my liggaam en lewe meer as oortuig is van die groot waarheid van my bewering, vrees ek ook niemand meer nie, geen Griek, geen Romein en nog minder `n vals kletsende Judeër! Het al diegene wat hulle hier, netsoos ons, vanweë hulle siektes in die nuwe kuuroord bevind, my op `n netso wonderbaarlike manier kon help as wat my luid en openlik belyde God en Heer my gehelp het?

[10] Maar as die almag van Sy wil nou so openlik aan my bevestig word, waarom sou ek, wat op Sy hulp kan reken, teenoor die magtelose mense swyg? Sou ek dalk bang moet wees om deur die een of ander ter verantwoording geroep te word, vanweë my nuwe belydenis, wat op lewende ervaring berus? Waarlik, wat dit betref sou ek nie vir die keiser bang wees nie!

[11] `n Tiran kan wel my liggaam dood, maar die siel niks meer doen nie; My God kan egter die dooies weer lewend maak en het ons siele in Sy mag, anders sou Hy onmoontlik elke oomblik ons mees geheime gedagtes, wense en begeerte kon geweet het.

[12] Wie eenmaal die een, enig ware en almagtige God so oorduidelik waaragtig gevind het en die magtelose mense meer vrees as God, is `n dwaas! Wie vrees koester, laat hy dit vir God koester en nooit vir die mense terwille van homself nie!

[13] Welke mens kan my gryp en skade toebring, as God se almagtige hand my vashou, bedek en beskerm?! Laat alle furieë en alle Judese duiwels, as hulle bestaan, maar oor my heen kom en ook alle verskeurende diere, adders en slange - sal hulle dit dalk teen God se almag kan opneem?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205