Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die karavaan uit Persië in die herberg

110 Enkele bure, wat hulle sterk heg aan die hou van die Sabbat, merk egter dat die personeel van die herbergier net so druk besig was soos op `n werksdag, en daarom kom hulle na die herbergier toe en sê: “Jy skyn nie te weet dat dit vandag `n nuwemaan Sabbat is nie?”

[2] Die herbergier sê: “Bemoei julle met julle eie sake; ek het al vir die van my gesorg! Hier is die bewys van ontheffing, wat ek teen betaling van `n offer van die owerste gekoop het, en julle hoef julle om my verder geen sorg te maak nie!”

[3] Na die woorde gaan die bure weer weg, en die personeel wag op die karavaan, wat al deur die stadjie trek. Toe sy met haar kamele en allerlei ware in haar geheel op die groot binneplein aangekom en die knegte van die herbergier voldoende voer vir die diere gehaal het, kom daar `n tolk, om die herbergier te sê welke spyse hy vir die gearriveerde handelsliede uit Persië moes berei.

[4] Maar die herbergier sê: “Met wat in my vermoëns lê sal ek julle seker behulpsaam wees! Maar jy het om enkele dranke en besondere spyse gevra, wat ek as Judeër tot nou toe nie ken nie, en die dinge het ek nie; maar vleis soos ons dit eet, baie suiwer en smaaklik toeberei, kan julle kry, fyn koringbrood, heuning, melk en kaas, asook baie edel visse uit die Meer van Galilea, wat nie ver hiervandaan lê nie.”

[5] Op hierdie woorde gaan die tolk weer terug na sy meesters toe en deel hulle mee, waarmee hulle in hierdie herberg bedien kan word; en hulle was tevrede daarmee. 

[6] Spoedig daarna kom hulle `n tweede, groter eetsaal binne, waar die tafels en `n voldoende aantal stoele en banke al keurig in orde neergesit was. Almal gaan meteens sit en laat hulle dadelik brood, wyn en sout gee, wat dan ook so vinnig moontlik gebring word; en almal prys die wyn en die brood en beken dat hulle nog nooit so `n goeie brood geëet en so `n fyn en smaaklike wyn gedrink het nie.

[7] Die herbergier begryp aanvanklik nie die eenstemmige lof van die vele Persiese handelsliede nie, en hy sê aan My: “Majesteit en Heer, daar het wel gereelder sulke karavane uit die verre môreland hier aangekom en die het alles wel goed en in orde gevind; maar dat hulle my brood en wyn sulke buitengewone lof toegeswaai het soos hierdie keer kan ek my egter nie herinner nie! Het U, o Majesteit en Heer, dalk weer `n nuwe teken gedoen?”

[8] Ek sê, terwyl Ek My intussen met die vier mense uit Indië besig gehou en hulle oor baie dinge onderrig het: “Gaan kyk maar net in jou broodkamer en jou wynkelder!”

[9] Toe gaan die herbergier kyk en tref in die broodkamer en ook in die wynkelder `n groot voorraad aan, en sy vrou vind ook so `n voorraad in die provisiekamer en die groot visbewaarplek; hy kom weer terug, bedank My van ganser harte en sê toe: “Maar Majesteit en Heer, wat het ek wel verdienstelik vir U gedoen, dat U my nou al vir die tweede keer so `n groot barmhartigheid waardig bevind het?” 

[10] Ek sê: “Vir wie, netsoos jy, teenoor vreemdelinge altyd goed, regverdig, billik en vol erbarming handel, die armes opneem en sy hart en die deur vir niemand sluit nie, sluit Ek ook nie My hart nie; en My hart is die ware toegangspoort na die hemelryk, wat die ewige, salige lewe van die siel is. En Ek weet dat jy altyd so gehandel het. Weet daarom ook dat Ek teenoor jou ook steeds so sal handel as wat jy in My Naam teenoor jou medebroers sal handel! En wat vir jou geld as `n egte belofte uit My mond en hart, geld te alle tye van die aarde ook vir elkeen wat in alles dieselfde sal wees soos jy.

[11] O, Ek weet baie goed hoe jy, as herbergier van `n herberg, gereeld baie knap in jou voorrade sit en dat jou anders so brawe vrou jou bittere verwyt maak, omdat jy volgens haar mening die vreemdelinge te weinig bereken en te goed en te barmhartig teenoor die armes was! Maar jy sê: Wie teenoor sy medemense regverdig en billik dink en handel, word nooit deur God verlaat nie; en wie aan die werklike armes barmhartigheid bewys, sal ook by God steeds verhoring van sy gebede en ook barmhartigheid vind.

[12] Kyk, omdat jy lank vóórdat jy My in My persoon herken het, in jou hart al so gedink en volgens vermoë ook so gehandel het, het Ek nou dan ook al vir die tweede keer na jou toe gekom en doen vir jou, wat jy aan jou vele medemense vir My gedoen het; want wat iemand in My Naam vir die armes doen, terwyl hy ook teenoor vreemdelinge regverdig en billik is, het hy vir My gedoen, en Ek sal dit vir hom reeds hier en `n veelvoud daarvan in die ander lewe vergeld. En nou sal jy dus ook maklik begryp Wie jou voorrade nou so ryklik geseën het, en waarom!”

[13] Toe die herbergier dit uit My mond gehoor het, bedank hy My nogmaals, gaan na die kombuis om dit ook alles aan sy vrou te vertel, wat druk aan die werk was; hulle kom ook dadelik na My toe in die saal en bedank My vir die groot barmhartigheid en erbarming wat Ek hulle bewys het.

[14] En Ek sê aan die vrou: “Wees ook jy steeds so goed soos jou man, dan sal jy voortaan gesond bly na liggaam en siel! In die toekoms sal julle nie meer deur nood gekwel word nie! Maar gaan nou weer aan met jou werk!”

[15] Die vrou bedank My nogmaals en gaan toe vinnig na die kombuis, waar hulle nog baie te doen gehad het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205