Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

“Adam, waar is jy?” - `n Belangrike vraag

84 (Die Heer): “Die vraag wat God aan Adam gestel het toe hy alreeds van die verbode vrug geëet het, naamlik: “Adam (of: mens), waar is jy?” duur nog steeds voort en sal ook voortduur tot aan die einde van hierdie wêreld, solank daar mense sal bestaan wat liewer van die boom van die kennis as van die boom van die lewe sal eet.

[2] Want die mens wat van die boom van die kennis eet, raak God, homself en sy innerlike lewe maar al te gou kwyt, en hy weet nie meer wie hy is, waarom hy bestaan en wat daar van hom moet word nie. Dan raak sy siel vol angs en vrees en soek op haar vraag: “Mens, waar is jy?” die rusgewende en troostende antwoord in die harsingverstand van haar liggaam. Maar steeds kom die troostelose antwoord dan: “Jy is in die oordeel, wat die egte dood van die siel is! Verwerf jou brood in die sweet van jou aanskyn!” 

[3] Wat moet die siel eintlik in die verstand vind? Niks anders as beelde van hierdie wêreld nie, wat hulle in die verstand bevind; en die beelde staan almal baie verder af van wat van die gees en van die lewe is, as die siel self. As die siel nie die gees van die lewe uit God herken nie, wat steeds die naaste by haar staan, hoe sal sy dan in die verstand van haar liggaamlike hoof die gees van die lewe uit God herken, wat in die afbeeldings van die wêreld dikwels eindeloos baie verder van haar af staan?

[4] Uit hierdie algehele onjuistheid kom dan noodsaaklikerwys vanself `n nog groter onjuistheid voort, waar die siel haarself die wese van God dan steeds verder weg en onbereikbaarder voorstel, en wel net vir so lank, totdat sy dit uiteindelik geheel en al kwytraak en vervolgens tot genotsug of skaamteloosheid oorgaan.

[5] In hierdie toestand, waarin die meeste priesters van allerlei soorte hulleself nou bevind, en nou veral die fariseërs, die oudstes en skrifgeleerdes en die vorste en konings, saam met hulle groot aanhang, ken die siel geen waarheid meer nie. Die leuens is vir haar net soveel en nog meer werd as die suiwerste waarheid, as hulle maar enige aardse voordeel daaruit kan haal; en as een of ander waarheid haar daarin belemmer, dan word sy vyandiggesind en vlug daarvoor weg of vervolg die te vuur en te swaard. 

[6] As die siel haar in `n dergelike toestand bevind, bestaan daar vir haar ook geen sonde meer nie, en `n mens wat kan beskik oor enige wêreldse mag, doen dan wat hy goeddunk en wat sy sinne vlei; en wee die regverdige of iemand wat hom in die lewenswaarheid bevind, wat na so `n magtige toe sou gaan en aan hom sou sê: “Waarom is jy `n vyand van die waarheid en waarom bedryf jy die mees ten hemel skreiende onregverdigheid onder die mense, wat op hierdie aarde niks minder is as jy is nie, blinde dwaas?”

[7] Kyk nou eers in die wêreld om julle heen, of dit nie oral so gestel is nie! En waardeur kom dit? Ek sê vir julle: Deur niks anders as die steeds toenemende eet van die boom van die kennis nie!

[8] Ek het nou Self liggaamlik in hierdie wêreld gekom na die mense, wat hulle te ver van die ware doel van die lewe afgekeer het, en vra hulle nogmaals: “Adam, waar is jy?”; en niemand kan My sê waar en wie hy is nie. En Ek toon hulle nou opnuut die boom van die lewe en spoor hulle aan om die vrugte daarvan te eet en hulle daarmee te versadig.

[9] Waarlik sê Ek vir julle: Wie van die boom van die lewe sal eet, sal ook tot die ware lewe van die gees uit My kom, en hy sal nooit meer honger en lus hê om van die boom van die dood te eet nie! Want wie hom eenmaal in die lewe van die gees uit My bevind, bevind hom ook in alle wysheid daarvan; en daardeur word die boom van die kennis eers geseën en sal die siel in één oomblik meer te wete kom as wanneer sy met haar uiterlike en ydele verstand duisend jaar lank ondersoek verrig.

[10] As julle jul nou in die toestand van die ware lewe sal bevind, sal julle in My Naam ook tekens kan doen en op die manier elkeen `n getuienis kan gee van die waarheid van My leer, as dit nodig sal wees. - Het jy, skrifgeleerde vriend, dit nou goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205