Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die goeie insig en die goeie plan van die owerste

205 Dit is maklik om voor te stel wat die verhaal van die kommandant by die owerste en ook by die ander teweeggebring het.  

[2] Die beskrywing van die honderd-en-dertig verdrinkte soldate sit die owerste egter die meeste aan die dink en dit maak hom mismoedig; want hy het hierdie troue dienare van Herodus nog nie voorheen van die slegte kant leer ken nie. Maar nou sien hy baie dinge, wat hy by hulle waargeneem het, tog baie wat hom tydens die verhaal van die kommandant opgeval het, en hy sê dan ook (die owerste): “Ja, ja, die groot, van Sy suiwer goddelike, alles deurdringende Gees vervulde Nasarener het volkome gelyk; want nou begin `n groot aantal dinge vir my duidelik te word, wat ek van tyd tot tyd by die genoemde soldate waargeneem het. Hulle kry van Herodus maar `n lae soldy; slegs met die invordering en afpersing van belastings mag hulle van elke honderd silwerstukke één vir hulleself hou. Hulle lae soldy en die weinige silwerstukke van die belasting kan natuurlik nie voldoende wees om hulleself en `n dikwels talryke gesin op eg passende wyse te onderhou nie!

[3] Bowendien het ek die een of ander nie dikwels in vername herberge aangetref nie, waar hulle hulleself netsoos mense soos ons, voortreflik laat bedien het nie. So het ek hulle ook verskillende kere met wisselaars en makelaars sien omgaan; maar die merk ons alles nie op nie, omdat hulle vir die res in hulle diens baie nougeset en teenoor ons en die koning baie getrou was, en mens hulle niks ten laste kon lê nie. Maar nou word hulle snode saak wel duidelik, en nou begryp ons baie dinge wat voorheen tog wel `n baie eienaardige indruk op ons gemaak het. 

[4] So het ek ook herhaaldelik hier en daar allerlei klagtes en stille verwensings gehoor oor die swaar onderdrukking van Herodus; maar ek en ook julle en nog vele ander beamptes en dienare van Herodus het geen ag geslaan op die klagtes nie, omdat mens goed weet dat `n mens nooit in die beste stemming is wanneer hy sy belastings en ander aflate moet betaal aan sy meester nie, wat in sy oë `n nuttelose dienaar van traagheid is, van `n geil luuksueuse lewe, van hoogmoed, liefdeloosheid en nog baie meer ander ondeugde.

[5] Om die rede het dit ook nooit tot `n ondersoek gekom nie; die soldate van Herodus het die vrye hand en kan, veral by die gereeld voorkomende wetlike invorderings van belasting, die volk, na gelang hulle kwade willekeur onderdruk, sonder om daarby deur iemand gekritiseer te word. En wanneer daar al iemand na `n Romeinse regter gaan en hom bekla vanweë die growwe, swaar en dikwels onregmatige belasting deur die ellendige Herodus, dan rig dit weinig of niks uit nie; hoogstens kry hy dan die advies om hom van Herodus vry te koop en `n Romeinse burger te word. 

[6] Baie rykes kan dit natuurlik goed doen en het dit wyslik ook gedoen; maar wat anders bly daar vir die armes oor as om hulle voortdurend op `n gewetenlose manier deur Herodus te laat afpers? Maar nou sal dit weldra baie anders word! Sodra ons na Jerusalem terugkeer, moet die koning soveel moontlik die vuur aan die skene gelê word en sal hy gedwing word om skadevergoeding te betaal op `n manier, waarvan hy nog nooit gedroom het nie!

[7] O, wag maar, liefdelose en meer as trotse wellusteling van `n koning! Jy sal ons in die toekoms met angs oopgesperde oë leer ken en die rede begryp waarom ek jou dikwels op `n vriendelike manier afgeraai het om mense te vervolg wat kennelik deur God met `n hoër gees begunstig is, solank jy daarvoor geen opdrag van Rome gegee is nie! - Maar hy het nooit ag geslaan op die raad nie, maar het gedoen net soos dit hom pas; en nou sal hy dan ook weldra die vrugte van sy eiesinnigheid te proe kry, wat vir hom sekerlik nie aangenaam sal smaak nie! Mog die gees en wil van die Majesteit en Heer met hom wees en werk!

[8] Uit wat jy, vriend Leander, ons van Sy woorde meegedeel het, blyk dit duidelik dat ons groot Nasarener die Messias is wat uit die hemele in hierdie wêreld gekom het, getrou volgens waarheid volgens die vele beloftes van die profete en toegerus met alle goddelike wysheid en mag, waarin ek nou onwrikbaar glo; want Hy het ons dit immers oorduidelik bewys, deurdat Hy deur die mag van Sy alles deurskouende en alles kennende wysheid en deur die suiwer goddelike mag van Sy wil die hewige storm op die meer laat ontstaan het, waardeur die troue jaghonde van Herodus beslis hulle al lank verdiende loon gekry het. Aan Hom sy dus alle eer!

[9] Maar ook vir onsself het ons baie dinge goed te maak wat ons aan ons medemense misgaan het - en heil ons, as Hy ons met Sy liefde en barmhartigheid, wat Hy ons nou so ryklik geskenk het, terwyl ons dit nie verdien het nie, in al ons lewenskragte sal verbly en ons daarvoor Sy Naam vir altyd hoog sal loof en prys!

[10] Maar julle, soldate, wat saam met ons deur Sy barmhartigheid gered is, moet ook julle gewete wek en sien in hoeverre dit ook behep is met die sondes, terwille waarvan hulle (die ander) hulle einde in die water gevind het. Kry berou oor julle sondes met die onwrikbare voorneme om aan alle mense waarmee julle te make gehad het, die berokkende skade soveel moontlik weer goed te maak, sodat ook julle barmhartigheid mag vind by die Majesteit en Heer oor alle dinge in hierdie wêreld! Want nou het ons met al ons sintuie meegemaak dat Hy `n Wese is, wat `n meer as groot geduld het met die blinde mense; maar as die mense ondanks alle waarskuwings in, in hulle boosheid volhard en hulle lewe nie wil verbeter nie, dan loop Sy geduld ten einde en volg die straf onvermydelik daarop.

[11] Dink goed na oor wat ek as julle owerste nou aan julle gesê en aangeraai het; want teen die ewig werksame goddelike almag kan die magtelose mens met sy eiesinnigheid niks uitrig nie! Wee diegene wat deur die geregverdigde toorn van God gegryp word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205