Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

`n Gesprek oor die trekvoëls

208 Na die heel natuurlike gesprek van Ons, kom ook Ons Grieke met die arts uit Melita en almal wat hier aanwesig was, en hulle verheug hulle oor die mooi oggend, al was dit gedurende hierdie tyd dikwels ook koeler.

[2] Die herbergier uit Jesaïra, wat ook nog voortdurend aanwesig was, en Ons bekende bootslui bekyk die afgedekte skip, wat tydens die nagtelike storm die soldate van Herodus na die oewer gebring het, wat nou nog in hulle hut rus, en hulle verbaas hulle daaroor dat die skip, wat tog al taamlik oud en absoluut nie stewig gebou was nie, nie saam met die ander vier gesink het nie.

[3] Die een bootsman sê aan die herbergier: “Vriend, daar op die oewer staan die Redder! Al sou dié skip nog tien keer so miserabel gewees het as wat dit nou is, dan sou die wil van die Heer dit beslis tog nog gered het!”

[4] Die herbergier prys die bootsman en gee hom gelyk.

[5] Kisjona vra aan RafaEl wat dit te beteken het dat daar hierdie herfs soveel watervoëls merendeels by die oewers neergestryk het, waaronder enkele soorte, wat mens andersins slegs uiters selde in klein getalle op die Meer van Galilea waargeneem het.

[6] RafaEl sê: “Vriend, dit het niks anders te beteken as dat ten tye van hulle groot trek vanuit die groot mere en seë van die hoë noorde `n heel ander wind gewaai het as gewoonlik in dié tyd; en deur die wind, wat vir die tyd van die trek van hierdie voëls ongewoon was, gebeur dit dat die meer nou ryker met hierdie diere bevolk is as andersins. `n Ander heel natuurlike gevolg van die verskynsel is dat die winter van die jaar baie sag sal word - anders het hierdie voëls wel verder na die suide getrek om daar hulle verblyfplekke vir die winter te soek. Agter die heel natuurlike verskynsel sit dus heeltemal niks besonders en opmerklik nie. 

[7] Die Grieke, waarvan daar nogal baie aan die meer woon en wat die kuns goed verstaan om hierdie voëls te vang, sal hulle groot aantal goed verminder, want hierdie voëls is ware lekkernye vir hulle, en hulle kan ook hulle vere goed gebruik en verwerk. En dit, vriend, is nou ook wel alles wat hierdie voëls betref!”

[8] Kisjona sê: “Kan ons Judeërs dan ook nie jag mag maak op hierdie voëls en hulle, netsoos die Grieke, tot ons nut aanwend nie?”

[9] RafaEl sê: “O ja verseker, as julle weet hoe jy hulle moet vang en dan as `n lekkerny moet berei! Maar aangesien julle nog `n groot aantal baie rein spyse van allerlei soorte besit en julle daarmee kan versadig, moet julle, tot daar `n tyd van nood kom, hierdie wilde voëls maar deur die armer Grieke vir hulle tafel laat vang en voorberei om te eet, netsoos die varke, hase, gaselle, herte en nog ander wild!”

[10] Hiermee was Ons Kisjona heeltemal tevrede en verloor sy verlange om dergelike voëls vir homself te vang.

[11] Terwyl alle aanwesiges nog oor die een en ander spreek, kom ook Ons mense uit Joppe na Ons toe aan die oewer, dring hulle na My toe, buig diep voor My en bedank met hoog opgehefde hande vir die genesing van gister en vir die onverwagse vriendelike opname en versorging.

[12] Ek sê aan hulle: “Julle doen goed daaraan dat julle My daarvoor bedank; maar dank My in die vervolg slegs in julle hart sonder uiterlike gebare, en leef en handel steeds volgens My leer, dan sal dit vir My aangenamer wees as die diepe buig, ophef van die hande en die vele harde woorde! - Het julle dit almal goed begryp?”

[13] Die visser wat op Ciprus gebore was, sê: “O Majesteit en Heer vol goddelike krag, mag en wysheid, ons het U ware en wyse raad deur U liefde en barmhartigheid nou goed begryp, in ons gemoed as goddelike raad aangeneem en ons sal in die vervolg ook daarvolgens handel; maar staan my toe, o Majesteit en Heer, om `n opmerking ter verontskuldiging te maak!”

[14] Ek sê: “Spreek dan en lug jou gemoed!”

[15] Die visser sê: “Dit is meer as waar dat `n mens dit egter glo, netsoos ons, dat U - hoewel U vir ons `n sigbare mens is en `n vleeslike liggaam het - tog met God se ewige Gees geheel en al één wese en een en dieselfde persoonlikheid is, alleen in die innerlike stilte van sy gemoed en hart tot U kan bid en U kan dank sonder uiterlike gebare; U sal dan sy bede sekerlik hoor en ook verhoor en U welbehae hê aan die stille, maar geestelik lewende, ware dank. Maar kyk, ons mense is al van kindsbeen af aan gewoond om ons gebede en dankseggings vergesel te laat gaan van uiterlike gebare om vir die mense, aan wie ons iets vra of wat ons vir `n ontvange weldaad bedank, ooreenkomstig die vanouds gebruiklike gewoonte ook uiterlik sigbaar te maak wat ons lewend en waaragtig in onsself voel.

[16] En as ons dikwels genoodsaak word om ons knieë te buig vir mense, wat tog ons gelyke is, dan glo ek dat dit nog onuitspreeklik baie passender is om vir die Heer van ewigheid ons knieë en ons hele liggaam te buig; want ook ons liggaam is slegs Sy werk en dit is die draer van die lewende siel wat, as sy haar teveel oorgee aan die begeerte van haar vlees, bedorwe kan word. As sy egter haar liggaam aanpas met haar hoë innerlike, geestelike strewe en dit tegelyk met haarself vergeestelik, dan kan sy daardeur tog waarskynlik nie in stryd met U orde handel nie, wat die mag en die krag van U ewige goddelike wil is, en U daarmee op een of ander wyse onwelgevallig word nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205