Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die gedagtes van die Grieke oor die enig ware God

156 Johannes sê: “Ja, beste vriende, so is dit inderdaad, ook al is dit nog nie heeltemal duidelik vir julle nie; maar dit sal vir julle wel nog duideliker word as julle in julleself tot hierdie skool sal toetree deur die geloof in die een, enig ware God en deur die suiwer liefde tot Hom en julle medemens. 

[2] Vir hierdie skool bestaan op die hele aarde egter geen huis, geen tempel en geen Egiptiese piramide nie; want dit bestaan slegs uit die ken van die innerlike waarheid uit God en daarnaas die getroue handel ooreenkomstig die gekende waarheid.

[3] Julle het die waarheid `n lang tyd gesoek en het haar nou ook gevind. Julle weet nou wat iemand moet doen om `n egte leerling van die skool van die innerlike lewe te word, te wees en te bly; weet en ken alleen is egter nog lank nie voldoende om self `n leerling van hierdie innerlike lewenskool uit God in die mens te wees nie, maar eers die openlik en uit vrye wil handeling, volgens die gekende waarheid, maak die mens tot `n ware, egte leerling in sy eie innerlike skool van die lewe.” 

[4] Toe die twee dit van Johannes gehoor het, dink hulle by hulleself: “Merkwaardig! Hierdie leerling spreek net soos sy Heer en sê ook, dat ons die lang gesoekte waarheid eindelik hier gevind het. Dit alleen is egter heel prysenswaardig, - ons bespeur in onsself nog baie min van die waarheid! Ons moet ook volgens die waarheid handel, maar hoe is dit moontlik, as die waarheid self nog baie duister is vir ons? 

[5] Ons moet net in die één en enig ware God glo, Hom bo alles heel suiwer liefhê en ons medemense ook. Ja, dit sou nou nie bepaald een van die moeilikste lewenstake wees nie - maar wie en waar is hierdie enige ware God?

[6] Jouself somaar toevallig een of ander enig ware God voor te stel en dan ook nog vas en sonder twyfel in dié as één god gedagte wese te glo, die tewens bo alles lief te hê en van daaruit ook jou medemens, dit is `n nogal merkwaardige eis. As elke mens dit doen, is elke mens ook sy eie god, wat dan net soveel enig ware gode sou oplewer as wat daar mense op hierdie goeie aarde lewe, geleef het en nog sal lewe. En dit sou dan nog erger wees as ons veelgodery; want ons weet tog waaraan ons onsself gehou het, en niemand kan teen `n ander sê: “Kyk, die Zeus of die Apollo waarin ek glo is beter as die van jou nie!”

[7] By hierdie leer moet dit mettertyd onvermydelik lei tot `n sodanige kwaad onder die mense, dat elkeen van nature enigsins wyse mens duidelik die voorkeur sal gee aan sy eie god bo die van `n ander, van nature minder begaafde mens, en dan sal die ou gode-oorloë weer te voorskyn kom.

[8] Die enigste en enig ware God moet dus met die grootste sekerheid en helderheid as te ware buite Sy bestaan aan die mens getoon word, en ook dat alle mense alleen in die God moet glo en Hom bo alles suiwer moet liefhê - anders sal geen mens op den duur met die leer gediend wees nie. 

[9] Wat ons betref, sou dit ook die God van die Judeërs moet wees, waar die meer ervare Judeërs self egter nie al te vas blyk te glo nie; maar ook in daardie opsig is die saak om meer lig te verskaf oor die God, anders is dit met die God van die Judeërs geen haar beter gestel as met ons Zeus nie, wat ons ook nog nooit te siene gekry het nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205