Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die geneesdes en hulle skippers

188 Daarop staan die geneesdes op van hulle tafels, loop na die meer en vertel alles wat hulle oorgekom het aan die skippers wat nog aanwesig was.

[2] Toe verbaas ook die skippers uit die omgewing van Tiberias hulle en sê dat ook hulle al baie oor die groot Heiland uit Nasaret gehoor het; maar het Hom nog nooit te siene gekry nie, en daarom kan hulle ook nie dadelik voetstoots alles aanneem wat hulle van ander mense oor die groot Heiland gehoor het nie. Maar noudat hulle `n onmiskenbare bewys voor hulle sien, kan en wil hulle ook al die ander glo wat hulle oor Hom gehoor en God ook bo alles prys, wat so `n mag aan `n Mens gegee het; want so-iets het sedert menseheugenis nog nooit voorgekom nie.

[3] Daarop sê `n geneesde: “Daarin het julle volgens julle voorstellings en kennis werklik heeltemal gelyk; maar ons het dit in onsself ietwat anders gesien, en ek glo nie dat ons onsself vergis nie. Die Man, aan wie, volgens julle opvatting God so `n groot mag verleen het, waarom julle Hom as julle God wil loof, skyn die Heer Self in Sy huis te wees en met Sy mag kan Hy geheel en al beskik netsoos Hyself wil, en die God, wat julle terwille van die Man wil loof en prys, skyn in alle volheid in Homself te woon! Want afgaande op wat ons geheel volgens waarheid van Sy twee leerlinge wat na Joppe uitgestuur is, gehoor het, spreek Hy absoluut nie op die manier wat die verskillende profete vroeër tot die volk gespreek het nie - want hulle het altyd gesê: “Luister, volk!” of “Luister, koning, of jy, of jy! - So spreek JaHWeH!”, en dan eers spreek die Gees van JaHWeH uit die mond van die profeet - maar Hy sê: “Ekself sê julle, en Ek wil dit!” 

[4] Wel nou, vriende, sodra iemand op die manier spreek en God hom nie voor elkeen sigbaar bestraf vir die aanmatiging, wat vir elke mens baie sondig is nie, moet so iemand die volheid van God Self in hom hê en derhalwe ook Self geheel en al Heer wees, anders sou Hy nooit kon slaag om alle geeste, skepsels en elemente te gebied nie, waarop alles gehoorsaam aan die oneindige mag van Sy wil! Want dit weet ons uit die mond van Sy leerlinge, wat ooggetuies was van baie tekens en wonders.

[5] Ons het dus die indruk dat ons in die groot Heiland uit Nasaret direk met God Self te make het en nie meer met `n profeet nie, hoe groot ook!”

[6] Daarop sê `n skipper, wat behoorlik tuis was in die Skrif: “Julle kom uit Joppe, `n stad waar nou meer heidene as egte, ware Judeërs woon, en julle is self derhalwe meer heiden as Judeër. Wat maak dit vir die heidene saak, of hulle by hulle, minstens tien duisend gode, nog `n nuwe hele of halwe god toevoeg?

[7] By ons, egte en ware Judeërs, staan egter al in die eerste gebod van Moses geskryf: “Ek alleen is U God en Heer; jy sal daarom alleen in My glo as die een, enig ware God en geen vreemde, deur mense bedagte gode naas My hê en vereer nie!”

[8] Kyk, so lui vir ewig en altyd die wet vir ons Judeërs! As dit nou so is, hoe sou ons die Wonderheiland dan as `n tweede en derhalwe nuwe God kan aanneem en Hom die eer gee wat ons alleen verskuldig is aan die een, enig ware God van Abraham, Isak en Jakob?

[9] Ondanks dit alles belewe ons tog groot vreugde aan die Wonderheiland uit Nasaret, omdat God aan Hom, wat `n mens is soos ons, vas en seker vanweë Sy groot vroomheid `n groot mag gegee het netsoos dit nog nooit voorheen voorgekom het nie, en daarom prys ons alleen die een, enig ware God, maar nie die mens, wat begunstig is met `n oorvloed aan goddelike mag nie.

[10] As julle egte Judeërs sou wees, sou julle dieselfde doen; maar aangesien julle meer heidene as Judeërs is, kan julle doen wat julle wil, want julle hoef julle nie vir julle geloof te verantwoord teenoor die fariseërs in die tempel te Jerusalem nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205