Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die geneesdes kom by die Heer

165 Toe hulle Ons eetsaal binnekom, vra hulle onmiddellik aan die twee Grieke waar Ek was. En die wys hulle dadelik wie die “Ek” was.

[2] Toe hulle dit weet, loop hulle skugter na My toe, kyk My met diepe eerbied aan en durf My nie aanspreek nie.

[3] Ek kyk hulle egter vol liefde aan en sê op heel natuurlike toon aan hulle: “Waarom in My teenwoordigheid nou so skugter, My beste vriende? Is Ek hier dalk anders as daar in die kuuroord, waar Ek in die gees na julle toe gekom het en julle ooreenkomstig julle geloof en vertroue van julle kwale genees het? Skep moed, kom by Ons aan hierdie tafel sit en eet en drink eers na behoefte om julle ledemate te versterk! Later sal Ons verder met mekaar spreek!”

[4] Die geneesdes doen wat Ek hulle aanbeveel het, al met meer moed, omdat My liefde hulle vrees vir My steeds meer laat verdwyn. Daar staan nog `n groot aantal uitstekend bereide visse op die tafel en ook aan brood en wyn was daar geen gebrek nie. Die geneesdes het ook reeds honger en dors; daarom was hierdie uitnodiging van My vir hulle `n vreugdevolle vervulling van hulle wens, wat hulle goed te pas kom. Hulle eet en drink na hartelus en kry ook steeds meer `n egte kinderlike vertroue in My en ook in My leerlinge.

[5] Eers nadat hulle hulleself aan Ons tafel na behoefte versterk het, vra die Griek Polycarpus, wat nou die moedigste geword het, aan My: “O Majesteit en Heer, op die berg het U weliswaar aan ons gesê dat U ons in die kuuroord sou besoek, en ons het gewag - maar tog kom U nie. Daar is vele wat ellendig daaraan toe is, vir wie U besoek goed van pas sou kom!”

[6] Ek sê: “Al kom Ek dan ook nie met My liggaam na julle toe nie, dan het Ek tog met My liefde na julle toe gekom en het diegene gehelp wat hulle in geloof en vol vertroue tot My gewend het, en so het Ek die belofte wat Ek aan julle gemaak het, nagekom.

[7] Terwille van die ander het Ek met My persoon in die kuuroord niks te soek nie; want die het al baie oor My gehoor en verskeie van hulle het My ook voor hulle oë tekens sien doen, en as hulle al geweet het waar hulle My kon vind, dan het hulle My tog nie gesoek nie en het geen ag geslaan op die tekens en gladnie op My woorde nie. Waarom sou Ek hulle nou gaan soek en ag op hulle slaan en my bekommer oor hulle kwale?! 

[8] Maar Ek sal nog enkele dae hier bly; wie My gaan soek, sal My ook vinnig en maklik vind, netsoos ook julle My vinnig en maklik gevind het.

[9] Toe hierdie vriend van My, die arts uit Melita, hardop oor My gespreek het volgens die ware insig uit die hemele, was hy deur baie Judeërs afgeluister; maar slegs `n Romein - `n heiden – het naderby gekom en met die arts `n gesprek begin oor die nuwe God, en het baie gou sy geloof oorgeneem. Die Judeërs het egter uit die woorde van die arts baie gou gemerk oor wie hy gespreek het, keer hom daarom ook vinnig die rug toe en slaan verder geen ag op sy beslis wyse woorde nie. Waarom sou Ek dan ag op hulle slaan? 

[10] Toe julle My later almal harop toegejuig het, kom daar weer `n blinde Judeër na julle toe, wat in Kapernaum `n ryk koopman en geldwisselaar is, en toe die regter hom die regte antwoord gegee het en hy daardeur merk vir wie daardie gejuig bedoel was, keer ook hy julle die rug toe en verlaat julle. Maar as hy julle verlaat het, wat met My Gees vervul was, dan het hy My ook verlaat; wie My egter verlaat, die verlaat Ek ook, totdat hy hom berouvol en gelowig na My toe keer.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205