Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer in Nahim in Judea

Die opwek van die dooie jongman in Nahim

33 Toe Ek My onderrig aan hulle beëindig het, gaan Ons dadelik weer op weg, omdat dit langsamerhand al aand begin te word. Binne `n uur bereik Ons Nahim. En dit spreek natuurlik vanself dat die Grieke, wat oor alles baie verwonderd was en volledig tot My leer bekeer was, ons tot in Nahim begelei het, sodat Ons `n taamlike groot karavaan gevorm het.

[2] NOTA BENE: Hier vind `n gebeurtenis plaas, wat `n groot ooreenkoms toon met die, wat homself in die eerste jaar van My onderrig in Nain (Lukas 7:11: vertaler) in Galilea afgespeel het. Die volgende vind egter plaas in Nahim in Judea - en hierdie twee gebeurtenisse, wat baie na mekaar lyk, moet dus nie met mekaar verwar word nie. -

[3] Toe Ons dus met `n groot groep by die poort van die stadjie kom, dra lykdraers, begelei deur die treurendes, `n gestorwe jong man, wat die enigste seun van `n weduwee was, na sy graf; en die weduwee huil erg oor haar enigste seun. Toe die lykstoet vlak by Ons kom, stop dit om Ons te laat verbygaan.

[4] Maar Ek loop na die weduwee toe, troos haar en vra haar ook hoe lank haar seun al dood was.

[5] Die weduwee antwoord: “Heer! Ek ken U nie en weet nie wie U is nie; maar U troostende woorde het my verdriet sterk versag! Maar hoe het U te wete gekom dat die gestorwene my seun is?”

[6] Ek sê: “Dit weet Ek uit Myself, en Ek hoef dit nie van iemand te hoor nie.”

[7] Die weduwee sê: “As U weet dat die gestorwene my seun is, dan sal U ook wel weet hoe lank hy dood is!”

[8] Ek sê: “Dit het jy goed gesien, vrou; want Ek weet ook dat jou seun drie dae gelede aan `n felle koors gesterf het. Maar as jy vertroue sou hê, sou Ek jou seun weer tot lewe kon wek en hom aan jou teruggee!”

[9] Die weduwee sê: “O Heer! U woorde verkwik my hart wel baie, maar `n dooie kan en sal ooreenkomstig God se belofte alleen deur Hom op die jongste dag weer tot lewe gewek word! Of is U `n groot profeet, vervul van God se Gees, sodat U met die almag daarvan ook `n dooie kan lewend maak?”

[10] Ek sê: “Dit sal jy vanaand nog te wete kom, omdat Ek in jou herberg sal verblyf; maar open nou die kis, want Ek wil die jong man tot lewe wek en hom teruggee aan sy verdrietige moeder!”

[11] Hierop open die draers die doodskis en Ek loop daarheen, neem die jong man by die hand en sê: “Jong man! Ek wil dit: Staan op en wandel met jou moeder na die huis!”

[12] Op hierdie woorde van My kom die jong man orent in die kis, en toe die mense die doeke losmaak waarmee die Judeërs hulle dooies toegedraai het, stap hy ook dadelik sterk en gesond uit die kis, en Ek gee hom aan sy grensloos verbaasde moeder terug.

[13] Dié teken veroorsaak egter by almal wat daarby aanwesig was - selfs My ou leerlinge nie uitgesonder nie - `n reëlregte ontsetting, sodat enkele op die vlug slaan en ander van louter verbluftheid verstom daarby staan en geen Woord durf sê nie.

[14] Maar Ek beveel die draers om die leë kis weg te neem, sodat moeder en seun My nou met opgewekte gemoed kon bedank vir die barmhartigheid wat aan hulle betoon is. En vol diepe ontsag doen die draers wat Ek hulle beveel het.

[15] Toe die doodskis en daarmee ook die herinnering aan die dood weggeneem was, begin as eerstes die Grieke, wat Ons tot hiertoe begelei het, My opnuut hoog te prys en te loof, en hulle sê luid: “Geen enkel mens nie, maar alleen `n God kan dit bewerkstellig!”

[16] En die Judeërs sê: “Ja, ja, alleen vir God is sulke dinge moontlik! Maar God is net Gees, en niemand kan Hom sien en ook nog die lewe behou nie; maar hierdie Mens sien ons en die dood bly ver, en daarom is hierdie Mens heel waarskynlik `n nuwe opgewekte groot Profeet, vervul van die Gees uit God; maar daarom is Hyself tog nog geen God nie!”

[17] Die Grieke sê: “Julle weet wat julle weet; maar ons weet ook wat ons weet! As julle sê dat alleen God so-iets kan doen en dat so `n mens maar net sulke dade kan verrig omdat hy vervul is van God se Gees, dan erken julle tog self dat God se Gees in Hom onmoontlik iets anders is as God Self! As ons Hom nou loof en prys as `n ware God, dan is ons tog beslis nader aan die bron van die groot waarheid waar al die lig en lewe uit voortkom as julle Judeërs, wat nie diegene as `n ware God beskou nie, wat sê: “Ek wil dit!” en nie: “God se Gees in My wil dit!”, waarna dan ook onmiddellik gebeur wat Hy met Sy mond uitgespreek en gewil het!  

[18] Ons was nog maar `n paar uur gelede heidene, toe hierdie Godmens na ons toe gekom het en my blind gebore dogter Achaia met één woord siende gemaak en ons afgodstempel netso in één oomblik sodanig vernietig het, dat daar nie die minste spoor van agtergebly het en mens selfs nie meer die plek kan sien waar dit gestaan het nie, en dit alles het Hy enkel uit Homself gedoen, dus uit Sy hoogs eie volmaakte mag. Maar as Hy nou sulke dinge doen en so handel, moet Hyself ook `n egte God wees en hoef Hy nie tot `n nog hoër en egte God te bid om Hom te help om `n wonder te verrig nie; want Hy is Self al die hoogste en mees ware God!

[19] So dink en oordeel ons heidene nou, en as ons volgens Sy leer sal lewe en handel en getrou Sy wil vervul, sal Hy ons uit Homself ook die ware, ewige lewe gee, netsoos Hy nou ook uit Homself aan hierdie jong man die aardse lewe teruggegee het; want Hyself is die Oerbron van alle bestaan en lewe!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205