Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die meningsverskil oor die persoonlikheid van die Heer

34 Na hierdie baie gedugte, waaragtige woorde van die Griek sê `n Judeër van hierdie plek, wat `n rabbi en voorganger van `n sinagoge was: “As heiden, wat nie so goed tuis is in ons Skrif nie, het jy weliswaar `n baie goeie oordeel en op baie punte kan mens jou geen ongelyk gee nie; maar as jy net so goed tuis sou gewees het in ons Skrif soos ek, sou jy verseker ook ietwat anders oordeel! Kyk, elke keer wanneer God Hom vanweë die mense van `n vroom mens bedien het, kon so `n mens nie anders handel en spreek as wat hy deur God se Gees gedryf word nie! Eén van ons eerste vier groot profete spreek byna steeds tot die volk asof hy God Self was, wat die Judeërs hom ook dikwels verwyt; maar hy kon nou eenmaal nie anders spreek en handel netsoos hy deur God se Gees aangespoor was nie.

[2] Een voorbeeld van hoe hy spreek sal jou die saak duideliker maak. Die genoemde profeet, wat Jesaja heet, sê byvoorbeeld dadelik aan die begin van sy 42ste hoofstuk, waar hy waarskynlik hierdie van God se Gees vervulde Man reeds aankondig: “Kyk, dit is My kneg, - Ek bewaar Hom; Hy is My uitverkorene, en My siel het welgevalle aan Hom. Ek het Hom My Gees gegee - Hy sal die reg onder die heidene bring. Hy sal nie skreeu of roep nie; in die strate sal mens Sy stem nie hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie breek en die gloeiende pit nie doof nie. Hy sal onderrig om die reg waaragtig te handhaaf. Hy sal nie wrewelig en gruwelik wees nie, sodat Hy die reg op aarde sal bring.

[3] So spreek Ek, JaHWeH God, wat die hemel skep en uitbrei, wat die aarde en haar gewasse maak, wat die asem gee aan die volk wat daarop woon en die gees aan diegene wat hulle daarvolgens rig. Ek, die Heer, het U geroep met geregtigheid, Ek het U by die hand geneem en het U behoed en het U gegee as `n verbond onder die volk en as `n lig vir die heidene. U sal die blindes hulle oë open en die gevangenes uit hulle gevangenisse lei, netsoos diegene wat in duisternis en in kerkers sit. Ek, JaHWeH, dit is My Naam, sal My eer aan geen ander gee nie, nog My roem aan `n menslike afgod. Kyk, wat sal kom, verkondig Ek nou vooraf en Ek verkondig iets nuuts; voordat dit sal gebeur, laat Ek julle dit hoor.”

[4] Kyk eers, my origens baie wyse Griek, op die manier het God al deur die mond van `n mens gespreek, sodat mens sou kon dink dat die mens Jesaja werklik God Self was! Maar tog was dit nie so nie. En netsoos dit destyds was, is dit teenswoordig ook. Hierdie Man, wat wonders doen is dus niks anders as die profeet voorspelde kneg van God nie, Sy uitverkorene is ook tot heil van die heidene, netsoos Hy julle so pas ook met die daad bewys het. 

[5] God sal hom daarvoor ook met die hoogste roem bekroon en Hom tot koning oor alle volkere op aarde maak, deurdat Hy hom so `n groot mag gegee het soos wat `n mens nog nooit voorheen besit het nie. Maar daarom is en bly Hy tog net `n mens en is Hy vanuit homself geen God en nog minder `n menslike afgod nie, waar julle heidene soveel daarvan het. Hy is `n kneg van God, begunstig met alle denkbare mag, `n besondere uitverkorene, en daarom duidelik God se mees beminde.

[6] Kyk, so oordeel ons Judeërs, wat goed tuis is in die Skrif; maar julle, wat gewoond is om van elke buitengewone verskyning `n god te maak, beskou so `n van God se Gees vervulde mens, des te eerder, dadelik as die ware God, omdat Hy voor julle oë tekens gedoen het wat baie beslis net God kan doen. Maar tog doen Hy dergelike ongehoorde wonders nie vanuit Sy eie menslike krag nie, maar alleen deur die mag van God se wil, wat Hom vir `n wyle verleen is. So is dit hiermee gestel, en ek is daarvan oortuig dat Hy geen ander getuienis oor Homself sal gee nie.”

[7] Daarop sê die Griek: “Jy het nou ook goed gespreek en sal in vele opsigte ook wel gelyk hê, wat die wêreldse verstand van die mense aangaan. Maar die deur jou aangehaalde profeet het in sy vele hoofstukke ook nog anders gespreek, wat my, ondanks die feit dat ek `n heiden is, nie onbekend is nie, en dit sou wel eers meer ten gunste van my oordeel kon wees as joue!”

[8] Die rabbi sê: “Laat ons dan hoor wat jy weet!”

[9] Die Griek sê: “Goed, hoe moet die teks in dié verband begryp word waarin die profeet sê: “`n Seuntjie is vir ons gebore, `n Seun is aan ons gegee, en Sy heerskappy dra Hy op Sy eie skouer! Sy Naam is: Wonderbaar, Raad, Krag, Held, God, Ewigheid, Vader, Vredevors.” - Hoe verklaar jy daardie getuienis van die profeet?”

[10] Daarop wis die rabbi niks te antwoord nie, maar sê maar net bietjie terloops: “Nou ja, dit staan ook wel in Jesaja; maar in baie van sy voorspellings is hierdie profeet baie onduidelik en nie te begryp nie, en dan kan mens nie met sekerheid vasstel wat hy daarmee bedoel het nie.”

[11] Die Griek sê: “Eienaardig, dat jy as skrifgeleerde Judeër hier op die manier wil oordeel, terwyl die gebore Kind en die gegewe Seun, wie se groot Naam die profeet openlik uitgespreek het, tog onmiskenbaar hier in Persoon, Woord en daad voor ons staan! Vir ons sigbare mense is Hy ook `n kneg in wie God Sy hoogste welbehae het, omdat Hy sekerlik in al Sy volheid in Hom woon. Sy liggaam is alleen die kneg; maar Sy siel is God van ewigheid af. Die liggaam is tog seker `n allerhoogste uitverkorene van God, in wie Hy Sy grootste welbehae het! As heiden sal ek hierin volgens my natuurlike gees welhaas nader aan die waarheid staan as jy met al jou - volgens jou eie getuienis - onduidelike en onbegryplike skrifgeleerdheid!”

[12] Hierop sê die rabbi heeltemal niks meer nie, word boos en gaan weg.

[13] Maar Ek sê aan My leerlinge, wat hulle ook heimlik vererg oor die blinde rabbi: “Daar sien julle weer `n voorbeeld van hoe die lig van die Judeërs afgeneem en aan die heidene gegee sal word. Hierdie Grieke was `n paar uur gelede nog oortuigde afgodedienare, en nou staan hulle in die ware lig al baie hoër as die Judeërs, wat vanweë hulle skrifgeleerdheid so `n hoë dunk van hulleself het! Wees dus bly dat dit nou eenmaal so gegaan het! Werklik, Dawid se troon sal nie meer onder die Judeërs nie, maar onder die heidene opgerig word!”

[14] Nou val die weduwee met haar seun eers eg aan My voete en sê: “O Heer, Heer! Nou gaan my oë eers oop! U is die Messias wat aan ons belowe is! O, vergeef ons ons blindheid, waardeur ons U nie onmiddellik kon herken nie!”

[15] Maar Ek sê aan haar: “Staan op van die grond, gaan met jou seun na jou huis en berei `n aandete vir Ons; want vandag sal Ons in jou herberg bly! Ek het jou dit weliswaar al vroeër gesê, maar doen nou dadelik wat Ek jou gebied het!” 

[16] Hierop staan die vrou dadelik op en spoed haar diep gelukkig met haar seun huiswaarts, en begin dadelik met die bereiding van `n goeie aandete, waaraan Ons wel behoefte gehad het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205