Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die geestelike betekenis van die gebeurtenisse in die herberg 

54 In die oggend was elkeen dadelik in huis aan die gang om `n goeie oggendmaal vir Ons gereed te kry. Ons staan ook op van Ons russtoele en gaan weer na die gastekamer, waar die tafel opgesier was met ryk en kosbare serviesware. Daar was baie goud en silwer en die tafelkleed was van die fynste byssus* en aan die rande was daar goud en pêrels in verwerk. Ook die houtbanke van die vorige dag was verruil vir ryk versierde stoele. *(in die ou tyd die benaming vir `n met fyn linne vergelykbare stof van baie fyn sy of katoenvesel, afkomstig uit Indië of Egipte. Daarvan was byvoorbeeld mummiewindsels maar ook sluiers gemaak)

[2] Toe My leerlinge dit sien, sê hulle: “Kyk net, Majesteit en Heer, hoe hoog hierdie herbergier U eer! `n Soortgelyke aandag van die kant van `n herbergier het Ons nog byna nêrens meegemaak nie!”

[3] Ek sê: “Dink julle dalk dat Ek welbehae daarin vind? Alleen in die liefde van die herbergier het Ek `n welgevalle, maar gladnie in die pragvertoon nie! Maar omdat Ek wel weet met watter geloof en liefde die herbergier aan My hang, hoewel hy maar net oor My gehoor praat het en daarom die sterke verlange gehad het om My persoon slegs eenmaal in sy lewe te sien, het Ek dan ook met julle na sy huis gekom, om Myself so in sy mees nabye omgewing deur hom te laat vind, herken en ten slotte ook te aanskou. Waarom Ek dit so gelei en ook laat gebeur het, moet julle, wat My belangrikste opvolgers en leerlinge is, wat veral die geheime van My ryk op aarde moet begryp, uit My mond hoor en uitgelê kry!

[4] Kyk, ook in die toekoms sal baie mense, as hulle van My hoor, My en ook My ryk met groot ywer orals soek. Maar halfblind in hulle siel soos hulle is, sal hulle My tog nie heeltemal vind as hulle My nou eers hier en dan weer daar agterna sal reis nie, wanneer die mense aan hulle sal sê wanneer hulle My soek: “Hy was wel hier gewees en is nou daar en daar; gaan maar daarheen, as julle Hom wel kan vind!” Diegene wat My soek sal hulle daarheen haas om My te vind, en tog sal hulle My nie vind nie. Want netsoos Ek julle al herhaalde male aangegee het sal vele sê: “Kyk, hier is Hy!” of “Daar is Hy!” of “Hy is in dié huis, of in die kamer!”, maar glo dit dan nie. Want as iemand sonder twyfel in My glo en My werklik in sy hart bo alles liefhet en derhalwe ook sy naaste soos hyself, en as hy daarby ook `n steeds groeiende verlange het om Myself te aanskou en My en My wil dieper en duideliker te leer ken, sal Ek op dieselfde manier as hier, heel onverwags in sy mees direkte omgewing aanwesig wees, hoewel hy dink dat Ek nog êrens op `n onbekende ver plek is, en dan maak Ek My ook weldra in sy mees direkte nabyheid aan hom bekend en sal Ek met hom in een en dieselfde huis woon en maaltyd met hom hou.

[5] Wie My in die toekoms, as Ek weer na My hemele terugkeer, werklik sal wil vind, sien en spreek, sal My nie in die wêreld of in bepaalde huise, tempels of kamers nie, maar in sy mees direkte nabyheid, dit wil sê in sy hart moet soek; en wie My op die manier sal soek, sal My ook vind; maar ook al sal Ek by hom wees, sal hy My nie herken solank hy in sy siel halfblind sal bly nie.

[6] `n Mens is halfblind in sy siel solank hy weliswaar groei in die geloof in My en in sy liefde vir My, maar deur die veelsoortige inwerking van die wêreld in allerlei klein twyfels en afgestompte lewenstoestande beland en My daarom, ook al is Ek dikwels baie naby aan hom en handel en spreek Ek met hom soos `n baie goeie vriend, tog nie gewaar word en My dan ook vol hoogagting, egte geloof en ook vol liefde vra waar Ek is en of hy My tog net te siene sal kry, en hoe en wanneer en of dit miskien al in hierdie wêreld of eers later in die ander, ewige bestaanswereld sal wees.

[7] Sy liggaamlik halfblinde seun dui die sintuiglike en die gemoed van die mens aan. Die sintuiglike is die oog wat hierdie wêreld nog sien, die gemoed is die oog wat blind is vir hierdie wêreld en haar bekoorlikhede en daarom na binne gekeer is, maar wat Ek sien en volkome genees en verlig. Sodra die oog lewend word, oorweldig dit weldra die sintuiglike oog wat die wêreld sien en keer ook dit na binne. As dit gebeur, word die hele mens verlig en siende, en sien en herken hy My baie gou; en dan verbaas hy hom daaroor dat hy My so lank nie kon herken het nie, omdat Ek Myself immers al lank baie naby by hom bevind het en maklik te herken was in My werksaamheid en My spreek en onderrig deur middel van vele feite.  

[8] Wat Ek julle nou gesê het, kan julle ook die mense leer en hulle so laat sien hoe iemand tuis deur My opgesoek word as hy My eers soek met egte geloof, van daaruit in liefde vir My en van daaruit in die liefde vir die naaste. Onthou dit goed!”

[9] Die leerlinge en veral My Jakobus, die ouere, bedank My baie vir hierdie toeligting; want - netsoos reeds meegedeel - was hierdie leerling die meeste met die geestelike ooreenstemmings besig, netsoos Johannes en Petrus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205