Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Huishouding van God – Boek 1

`n Vermaning van die Hemelse Vader aan Sy kinders

1 “Wie met My wil praat, moet na My toe kom en Ek sal die antwoord in sy hart lê. Slegs hy wat suiwer en wie se hart vol nederigheid is, sal die toon van My stem kan hoor.

[2] Wie aan My voorkeur bo die hele wêreld sal gee en wat My liefhet, soos wat `n teer bruid haar bruidegom het. Met hom wil Ek arm in arm wandel en hy sal My aanskou, soos een broer die ander en soos wat Ek hom reeds, van ewigheid af aanskou het, nog voordat hy was.

[3] Die siekes wil Ek deur die volgende woorde troos, sodat hulle nie in hulle siekte bedroef moet wees nie. Hulle moet hulle ernstig na My toe wend en vas op My vertrou. Ek sal hulle vertroos en `n stroom van die kosbaarste balsem sal in hulle harte uitgestort word. Die Bron van die Ewige Lewe, wat nooit opdroog nie, sal aan hulle geopenbaar word. Soos die gras na `n donderstorm, sal hulle genees en verkwik word.

[4] Aan die wat My soek, is My antwoord: Ek is orals en nêrens. Ek is orals waar mense My liefhet en My Gebooie onderhou, - maar nêrens waar mense My net aanbid en vereer nie. Is die Liefde nie meer as die gebod en die nakoming van My Gebooie nie meer as die verering nie?! Waarlik, hy wat My liefhet, wat My in die Gees aanbid en My Gebooie onderhou, dit is hy, wat My in Waarheid vereer! Niemand kan egter My Gebooie hou, behalwe hy wat My liefhet; die wat My liefhet, het geen ander gebod nodig nie, behalwe dat hy My en My lewende Woord moet liefhê; wat die ware Ewige Lewe is.

[5] My antwoord aan die swakkes is: Ek is `n sterke God. Hulle moet almal na My toe kom; sodat Ek hulle kan vervolmaak. Uit die muggievanger, wil ek `n leeutemmer maak en die wat bang is, sal die wêreld vernietig en die sterkes van die aarde sal soos kaf uitmekaar gewaai word.

[6] Vir die dansers en danseresse sê ek reguit, sonder om te skroom. Julle almal is erg deur die Satan mislei, hy gryp julle aan die voete en draai vinnig met julle in `n warrelkring. Sodat julle heeltemal duiselig word en nóg kan staan, nóg loop, nóg sit, nóg slaap, nóg rus, nóg hoor, nóg voel, nóg ruik, nóg proe, want julle is soos dooies. Daarom kan geen lering aan julle gegee word nie, nóg kan julle gehelp word. Sou diesulkes ook na My kyk, sal dit met hulle gaan soos iemand wat deur `n sterk persoon aan die voete vasgehou en vinnig in die rondte gedraai word. Sou hy na die hemele opkyk, sal hy nie `n son nie, maar net `n ligte streep sien, wat hom sal verblind, sodat hy sy oë sal sluit, om hoegenaamd niks meer te sien nie.

[7] Wie se liggaamlike oog blind is, vir hom is die sig van die gees nog oop; maar wie blind in die gees geword het, hy sal vir ewig blind bly.

[8] Die volgende sê Ek aan die dobbelaars, eerstens het hulle hulle lewe, en ook alles wat hulle besit, verspeel. Dobbel is `n giftige put vol afval, die dobbelaar glo egter dat dit `n verborge bron van goud is. Daarom woel hulle daagliks daarin, slurp die pesasem in die neusgate op, word heeltemal vergiftig en vind in plaas van die vermeende goud, die ewige dood van die gees.

[9] Diegene wat die Skrif besit en dit nie lees nie, kan vergelyk word met iemand wat baie dors het. Hulle sit by `n put met suiwer water, maar wil dit nie drink nie, miskien uit `n sekere geestelike waterskuheid, - nes honde met hondsdolheid, wat instede daarvan om hulle bekke in die water te druk om te genees, eerder op harde klippe sal byt om hulle brandende dors te les. Dit meestal as gevolg van `n sekere flou traagheid en hulle sal eerder dat `n paar lui bediendes [predikante:vertaler] uit die naaste vuil poel vir hulle stinkende modderwater aandra, om hulle dors te les en almal daardeur totaal tot niet gaan.

[10] Maar vir die minnaars en minnaresse sê Ek: Wie in die vlees wandel, wandel in die dood en sy wellus word binnekort in wurmkos omskep. Slegs die wat in die Gees wandel, kan na die Lig kom, die Oerbron van alle lewe en sy aandeel sal vir ewig bly bestaan en vermeerder.

[11] Maar vir die klereprag- en modegekke sê Ek, dat hulle naak voor hulle regverdige Regter sal staan. Soos skuim sal hulle prag vergaan, hulle heerssugtigheid en prag, sal in die laagste slawerny omskep word en hulle sal vir ewig oor hulle dwaasheid skaam kry. Is dit dan nie `n groot dwaas wat van voornemens is om `n mishoop met goud te wil oortrek nie, maar die edelstene, in plaas van in goud, in die vuilste mis laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die Lig beskou hulle as die duisternis en die duisternis as die Lig!

[12] Reeds staan in die ooste `n Ster, wat die Orion die baan sal breek en die vuur van die groot Hond sal hulle almal verteer; en Ek wil die Sterre in groot hoeveelhede vanaf die hemele op die aarde slinger, sodat al die kwaaddoeners tot niet sal gaan en dat My Lig op alle oorde sal skyn.

[12] Ek, JaHWeH, God van ewigheid af, die Waaragtige en Getroue, vir die laaste waarskuwing. Amen.

[14] Jy, wat dit sleg neergeskryf het, dit geld eerstens vir jou, maar daarna vir al die ander. Amen. Dit sê die Eerste en die Laaste. Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205