|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 88
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Henog lê Asmahael se woorde uit
88 Spoedig daarna word Henog weereens gewek en begin uit My die volgende wonderbaarlike woorde tot alle vaders te rig:
[2] "Luister, liewe vaders! Die Heer, God JaHWeH, ons aller mees liefdevolle, allergewyde Vader het in Sy groot erbarming die droefenis in ons verdeemoedigde harte aangesien en het ons barmhartigheid verleen vir ons dwaasheid, waaraan ons reeds byna driehonderd jaar hardnekkig vasgehou het. Hy wil ons weer verhef uit die slyk van ons nood; maar vooraf is dit nodig dat elkeen van ons die dwase onderskeid tussen die streke uit sy hart verban en vervolgens ook dadelik!
[3] Luister, die Heer, God JaHWeH, ons mees liefdevolle, allergewyde Vader het dit behaag om Asmahael op te wek, sodat hy ons almal die dwaasheid van die wet sou toon, indien dit nie ten nouste saamhang met die goddelike ordening nie! Ons bevind ons almal buite die ordening en kon daardeur ook niks van dit alles begryp nie; want aan die een kant was ons verstrik in die ysere noodsaak van die wet en was ons dood in elke woord, elke gedagte, elke wil en dus ook in elke daad, - aan die ander kant het ons sterk voelbaar in ons harte die behoefte aan die ware vryheid van die lewe, sonder welke die lewe geen lewe sou wees en ook nooit sou kan word nie.
[4] Ons was `n dubbele ding; ons was dood en lewend. Ons was aan die een kant die waarheid onbegryplik naby, aan die ander kant weer onbegryplik ver daarvan af; want die wet en die vryheid het vir die begrip van ons hart `n onoorkomelike kloof gevorm, waar ons nie oorheen kon spring nie, nie van die wet na die vryheid nóg omgekeerd en ons was dus deur ons eie nood gedwing om God self te sien vervaag, hetsy gebonde deur `n wet hetsy in `n vernietigende, absolute vryheid en ons was daarom links en regs dood!
[5] Ek het dit in myself ervaar en kon, ondanks die stille inspanning van my siel, water en vuur onmoontlik in een houer bring en daar vermeng nie! "Want", het ek gedink, "die wet van die ordening is tog `n wet wat God in ag moet neem, solank Hy duursame wesens om en in Hom wil sien en belewe; maar hoe kan hy wat die wette in ag moet neem, vry wees?"
[6] Verder het ek gedink: "Wie is egter in staat om God tot iets te dwing? Doen Hy iets, dan doen Hy dit immers volgens Sy uiterste vrye, heilige Wil en kan Hy dit dadelik weer vernietig en elke werk volkome tot niet maak!"
[7] Dan dink ek: "Waarop berus dan vervolgens die voortdurende instandhouding?"
[8] Daar meld homself die Liefde aan en sê: "Ek is die grond van alle instandhouding!" en verder sê Sy niks!
[9] Voorts dink ek weer: "Wanneer U die grond van alle instandhouding is, voorwaar, dan is U immers vir Uself tot `n ewige wet, - hoe kan U dan vry wees?"
[10] En soos ek dink, so dink vader Adam ook. En vader Set dink weliswaar nie so nie, maar hy ondervind die onoorkomelike leë kloof in sy gemoed en soek en vind; maar by gebrek aan deugdelike gereedskap kon hy, met dit wat hy gevind het, geen brug oor die groot kloof bou nie. En ook die ander vaders dink tesame met meer of minder groot louheid daaroor na en bring niks anders voort as `n geduldige afwagting van die gang van sake en hulle wil graag die skuld van hulleself afskuif; maar daarop wil dit nie ligter en warmer word in hulle verdwaalde gemoed nie.
[11] Moeder Eva toon vader Set wel `n groot lig, - maar die fel skynsel in die nag verblind die swak oë nog meer as voorheen die nag self; en so word elke onderneming deur die daaropvolgende drievoudige duisternis tereggewys.
[12] Maar daar is geen wyser leraar as die nood self nie. In ons nood wend ons ons almal tot die heilige, liefdevolle Vader en Hy het die nood van Sy kinders gesien en kom tot hulle met Sy barmhartigheid. Ons is die kinders; Hy is onder ons en leer ons Self!
[13] En Sy woorde is `n luide roep vol liefde en wysheid; want die heilige, mees liefdevolle Vader spreek aldus:
[14] "Luister, kinders van My liefde, en begryp dit goed in julle harte; Ek is `n enige, ewige God, Skepper van alle dinge uit My, en Vader van My liefde en van alles wat vanuit haar is.
[15] Ek is ewig vry en ongebonde en My liefde is die saligheid van My ewige vryheid.
[16] Alle skepsele is geen noodsaaklikheid nie, maar slegs die sigbare teken van My allerhoogste, volkome vrye mag vir die skepsele en die daaruit voortkomende saligheid van alle salighede. Wat sou of kon My dwing om so of anders te handel?!
[17] Wat julle "Wet" noem, is by My die hoogste vryheid in alle saligheid van My liefde; maar wat julle Vryheid" noem, is slegs My vrye mag. Leef daarom uit die liefde, leef uit die ewige liefde in My, dan lewe julle waaragtig vry! En die vryheid van die lewe sal julle volledig leer dat die wet van die liefde die mees eintlike en allerhoogste vryheid is en dat die wet en die vryheid soos `n sirkel is wat homself oral teenkom en homself vry maak deur die ordening waarin hy homself ewig opbou in oneindige volmaaktheid!
[18] Daarom moet julle liefhê, dan is die wet julle ondergeskikte en is julle net so volkome vry soos Ek, julle Vader! Amen.""
|
|
|
|
|