|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam en Set in die noute gedryf en hulle beproewing
159 Adam kom, begelei deur Set, terwyl die ander vyf vir Eva omring en haar beskerm teen die naderende wildvreemde gaste - en in die besonder teen die slange, waarvoor Eva gewoonlik die meeste bedag was. Hy kom eindelik, homself taamlik moeisaam deur die reeds talryk geworde verskeidenheid van vreemde gaste meegesleep, by die enigste oop plek waar die viertal hulleself bevind.
[2] Toe hy nou by Abedam aankom, wou hy praat, maar kon van louter angs nouliks `n woord oor sy lippe kry. Maar die hoë Abedam kom hom tegemoet, kyk hom uitermate vriendelik aan en sê: "Adam, jy soek twyfelagtige hulp! Kyk in jou hart, en jy sal sekerlik, in plaas van twyfelagtige, baie spoedig betroubare hulp vind!
[3] Het Emmanuel julle almal dan nie geseën en julle almal die vaste plek aangewys waar Hy altyd te vinde sal wees nie?!
[4] Sien, as jy Hom daar sou gesoek het, sou jy Hom ook al lankal gevind het en sou Hy jou al lankal sy hulpvaardige, magtige hand uitgesteek het en sou Hy deur jou ook reeds almal gehelp het; maar jy, as eersteling onder die mense, het Hom nog nie op die bepaalde plek gesoek nie. Doen daarom dit wat jy versuim het in alle liefde en in die volste vertroue en ook jy sal dan baie spoedig oortuig raak, hoe baie Emmanuel julle almal naby is en saam met Hom, alle hulp!"
[5] En Adam doen wat die hoë Abedam hom aangeraai het en vind nou ook weldra dit wat hy al lankal sou kon gevind het.
[6] Hy kyk met oë vol trane van berou en vreugde op na Abedam en wou begin praat en vra. Maar Abedam sê aan hom: "Swyg tot more! Wees opgewek en wees nie angstig nie; want aan niemand sal ook maar `n haar gekrenk word nie, - want daarom is Ek in julle midde! Begryp dit! Amen."
[7] Na hierdie woorde van Abedam, die hoë, word Adam in sy hart volkome rustig en hy dank innerlik Diegene wie hy opnuut herken het en keer toe, begelei deur Set, dadelik weer na sy vorige plek terug.
[8] Die terugkeer na sy vorige plek gaan egter nie so onbekommerd as wat iemand homself sou kan voorstel nie, maar Adam se standvastigheid, sy moed en vertroue moes - netsoos `n mens pleeg te sê - `n ware vuurproef ondergaan en sy liefde en geloof moes hier `n baie vreemde beproewing deurstaan, wat uit die volgende bestaan het:
[9] Toe hy homself nouliks op drie treë afstand van Abedam op die terugweg bevind, sien, toe laai vlamme opeens uit die aarde op, soseer selfs dat dit hom heeltemal op die terugtog versper. Weliswaar skrik hy daarvan in hewige mate, maar dink ook dadelik aan die laaste woorde van Abedam, toe Hy gesê het: "Daarom is Ek in julle midde!"
[10] En dus sê hy aan die vlamme: "In die Naam van Diegene wat in ons midde is, sê ek vir jou, jy sal uitdoof en my nie die weg versper wat ek het om te gaan nie!"
[11] En die vlam was ongehoorsaam en laai alleen nog maar des te heftiger op. Dit onthuts vir Adam en hy word vertoornd oor die ongehoorsaamheid van die vlam vir die Naam van die Heer en spreek dadelik op baie heftige toon teenoor die vlam:
[12] "Luister, water van die hele wêreld en ook julle water van alle hemele! Stort julle snel uit oor die monster, wat stom is en vervul is met ongehoorsaamheid teen die Naam van die Heer en vernietig dit vir ewig deur verstikking!"
[13] Maar daar wil ook geen water kom om die wil van Adam te gehoorsaam nie.
[14] Toe Adam insien dat daar met die onwillige vlam niks aangevang kan word nie, sê hy aan Set: "Laat ons `n ander weg probeer en laat die vlam brand, solank dit die Heer behaag!"
[15] En hulle gaan na regs, waar nog geen vlam uit die bodem opgerys het nie en daar ook niks begin brand het nie. Maar in die plek daarvan gly minstens dertig heeltemal volgroeide reuse slange die voortskrydende Adam wiegend tegemoet en hy moes weer halt roep en kon onmoontlik verder loop. Hy pas die magswoorde weliswaar ook hier toe; maar dit het ook hier, net soos by het vuur, geen effek nie. En toe hy hewig vertoornd raak oor die ongediertes, sien, toe begin `n slang sy kake wyd oopsper en maak `n na hom gerigte beweging, waaruit Adam dadelik die slegte bedoeling van die monster aflei en daarom baie ontsteld was en ylings begin terugwyk.
[16] Hierna sê hy aan Set: "Sien, ook hier is die weg op `n verskriklike manier vir ons versper; ons moet die moed, die vertroue en die geloof maar nie opgee nie en in die liefde tot die Heer, stewig vashou aan sy heilige woord!
[17] En daarom moet dit tenminste tog moontlik wees om na links te gaan; want daar sien ek nog geen hindernis nie. Laat ons daarom in die Naam van die Heer maar gou gaan, voordat nog `n hindernis die poortjie mag sluit!"
[18] Toe hulle na enige skrede daar aankom, vind hulle die weg deur allerlei ongediertes versper en wel sodanig dat daar aan `n moontlikheid om daar `n deurgang te vind, in die geheel nie meer aan te dinke was nie!
[19] Toe bly Adam staan en vra vir Set: "Wat doen ons nou? Geen ding gehoorsaam meer my woord nie en om met geweld deur te breek is volkome onmoontlik; en tog het Abedam my beveel om my weer na my plek terug te begewe!
[20] O ou woning van my, tot wat `n woonplek vir die mees uiteenlopende soorte het jy nie in so `n kort tydjie geword nie!
[21] Set, wat sou jy daarvan sê as ons weer terugkeer na die groot en heilige-magtige Abedam, Wie se wonderlike lig nog steeds hierdie woning verlig, want ons kan onmoontlik êrens deurbreek! Ek glo dat Hy ons nie sal afwys nie."
[22] Set antwoord Adam: "Ek glo, aangesien ons reeds `n keer by hom was, dat ons onsself nie dadelik moet laat wegstuur nie, maar by hom moet bly of hom ten minste moet versoek om met ons saam te gaan; dan sal ons onsself al hierdie moeite bespaar! Daarom is dit nou sekerlik hoog tyd om na hom terug te keer; want anders kan ook die terugweg na hom wel baie maklik afgesny word, - en dan sou die tweede kwaad groter wees as die eerste!"
[23] En Adam sê weer aan Set: "Ja, ja beste Abel-Set, jy het volkome gelyk; so-iets sou baie maklik kan gebeur! Daarom is `n snelle terugtog die beste!"
[24] En so gesê, so gedaan: Hulle keer terug. Maar wat Set vermoed het, het ook al gebeur en hulle kon nou geen stap meer vorentoe- of agteruit maak nie! Roep was nou ook nie meer moontlik nie; want die geraas van die vlamme, die voortdurende gehuil van die diere, die geraas, die gier en brul van die orkaan, die magtige donder en duisenderlei meer dergelike geluide maak ten slotte dat niemand meer sy eie woorde kon hoor nie.
[25] En so was Adam en Set nou heeltemal omring deur die dubbele vuur en links en regs deur allerlei soorte diere. Hulle beskou hulleself etlike oomblikke as verlore; maar toe vermaan Adam homself en spreek in sy hart:
[26] "O Emmanuel, o Abba, o Abedam, aanskou barmhartig ons groot nood! Lei ons nie verder in nog groter versoekings nie, maar verlos ons en bevry ons van hierdie en alle ander node wat op watter manier dan ook met U barmhartige toestemming ons nou reeds besoek het en ons nou nog bo die kop hang en ons ook verder nog wil teister en ons harte in die war bring!
[27] O JaHWeH, U heilige, mees liefdevolle Vader, verhoor my en laat my dan in vrede voortgaan, lewe of sterwe na gelang dit vir U welgevallig is! Amen."
|
|
|
|
|