Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die sondeval

8 En sien, die ewige Liefde het Haar Aangesig verberg en vir `n bepaalde tyd weggegaan volgens die getal van haar orde en was blind uit die diepte van Haar Barmhartigheid en wou en kon nie weet wat die nuwe skepsels sou doen in die oordeel van God, gedurende die proeftydperk van hulle vryheid, gedurende die kort tyd, wat aan hulle deur die barmhartige Liefde op aarde gegee is nie en die oord, wat `n vasteland was, is aan hulle gegee as `n woning. Dit was `n vallei en daarin was `n tuin, wat genoem is, die Paradys, en dit was die land wat later van melk en heuning sou oorloop, en was ook die plek wat tydens die groot tyd, van tye, deur die grootste daad, van die ewige Liefde, Betlehem (Beth Legem in Hebreeus, wat huis van Brood beteken: die vertaler) geheet het, en sal vir ewig so heet en was die plek waar die ewige Woord, liggaamlik in die Vlees, vir die eerste keer, die lig van Sy Barmhartigheid aanskou het en die trane van Barmhartigheid van die wye son, die maan en al die sterre uitgestraal het.

[2] En sien, hulle begeerte het gegroei gedurende die gramskap van God in Sy Grimmigheid en daar het `n boom in die tuin gestaan en die boom het vrug van die mooiste soort gedra. Eva was baie lus daarvoor en sê vir Adam: “Sien, Adam, ek is baie lus vir hierdie vrug! As jy wil, sal ek een pluk, daaraan proe en dit vir jou, as die eersteling gawe uit my hand gee!”

[3] En sien, Adam het geswyg en nagedink oor dit wat Eva gesê het en `n innerlike stem, wat gewyd was, aangesien dit vanuit God na hom gekom het, sê vir hom: “As julle van die vrug van hierdie boom eet, dan sal julle sterf!” En Adam het groot geskrik, sodat hy vir Eva `n antwoord skuldig gebly het.

[4] En die Begeerte het in Eva opgekom en het haar onder die boom ingetrek en haar `n vrug daarvan laat pluk en Adam het gewaar, dat Eva aan sy hart ontrou geword het en het bedroef gesê:

[5] “Eva, Eva, wat doen jy? Kyk, ons is nog nie deur JaHWeH van Mag en Krag en die lewe geseën nie! Kyk, jy hou die vrug van die dood in jou hand; gooi dit weg van jou af, sodat ons nie in naaktheid sterf voor JaHWeH van Geregtigheid nie!”

[6] En kyk, toe skrik Eva in haar begeerte vir die erns van Adam en laat die vrug van die dood op die aarde val en haar begeerte het haar verlaat en sy was vry van haar begeerte en Adam het `n groot welgevalle gevind aan die bevryding uit die strik van die dodelike begeerte van Eva.

[7] Maar sien die Begeerte wat uit die hart van Eva verban is, het nou op die aarde gelê en is deur die mag van die oordeel van die Grimmigheid van God in die figuur van `n groot slang omvorm, wat die vrug van die dood in sy bek geneem het, in die boom gekruip en dit heeltemal van die stam tot in alle takke en van die wortel tot by die kroon omstrengel en het stip na Eva gekyk en Eva het dit gewaar en het na die slang gekyk en Adam het dit ook deur Eva gewaar; maar hy het nog nie die slang gesien nie.

[8] En sien, Eva het die slang genader en met groot begeerte die verleidelike windings om die boom en die steeds veranderende kleure van die koue skub pantser bekyk.

[9] Maar die slang beweeg nou en lê die appel in die skoot van die nou sittende Eva, tel haar kop weer op en sê vir Eva die volgende woorde:

[10] “Eva kyk hoe jou dogter, wat deur jou verstoot is, die boom van jou begeerte omstrengel! Moet nie die geringe gawe wat ek in jou skoot gelê het, versmaai nie, maar geniet die vrug van jou liefde onbesorg. Jy sal nie net nie sterf nie, maar sal ook bevredig word met meer kennis oor al wat leef as oor die God wie jy vrees, omdat die tog swakker is as jy!” En sien, toe verdeel die tong van die slang en word twee skerp pyle en die slang het haar kop afgebuig na die bors van Eva, asof sy dit volgens kinderlike geaardheid wou kus, maar sy het nou die twee gifpyle in die borste van Eva gesteek en Eva het haar eie gedaante in die slang herken.

[11] En nou het Adam ook waargeneem wat daar onder die boom gebeur en hy het baie gehou van die tweede Eva en hy het nie opgemerk dat dit net `n slang was nie. En sien, toe ontbrand hy ook in sy begeerte van wellus vir die tweede Eva, neem die vrug uit die skoot van Eva, was ontrou aan sy liefde en het met wellustige begeerte van die verbode vrug uit Eva se skoot geniet; en in sy genot het hy homself herken as die eerste een wat verlore gegaan het, deur die groot ydelheid van sy blinde selfsug in die ryk van die Lig van die ewige Liefde en wat geval het in die meer van gramskap van die ewig onverbiddelike dodelike God.

[12] En nou, soos wat hy homself so herken het en die verblinde Eva deur hom, het daar uit die diepte van sy hart groot berou in hom opgekom en Eva was skaam oor haar naaktheid en die naaktheid van Adam en was van kroon tot voetsole verleë en bedek toe haar naaktheid met die blare van `n vyeboom en ook Adam het sy hande gerek na blare om sy kaalheid te bedek en het homself in `n grot verberg en het daar trane van groot smart gestort terwyl Eva agter `n doringbos weggekruip en vol berou getreur het oor haar skuld van verleiding.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205