|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 21
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die verdrag van die Heer met Kain
21 En sien, toe kom Kain, wat in groot vrees verkeer het, tot rus. Die wolk verdwyn en hy het trane van berou geween; en hy het weggegaan om voedsel vir sy familie gaan soek. Hy het nagedink oor hoe ver hy homself van die Paradys verwyder het en hoe hy die Liefde van die Heer heeltemal verloor het en in die harde werklikheid van die Geregtigheid verban was, staande op die drumpel van die oordeel uit God. En terwyl hy so staan met hierdie gedagte, vermeerder sy trane van berou, en het hy gewonder of dit nog enigsins moontlik kon wees om ooit, al is dit net die allergeringste deel van die Liefde, terug te kry.
[02] Hy het heen en weer en op en af geloop en dink en diep in gedagte, kom hy met sy familie, by `n struik wat belaai was met braam bessies; en aangesien almal baie honger was, wou hulle onmiddellik daarvan gryp en vraatsugtig daarvan eet.
[03] Maar sien, toe kry Kain `n goeie gedagte en sê vir sy familie: “O my vrou en my kinders, trek julle hande vinnig terug, wat julle te oorgretig uitstrek na die ryk voedsel; ons weet nog nie of dit die lewe of die dood inhou nie! Laat ons daarom eers op die aarde neerval en voor God ons groot skuld beken, en laat ons Hom in die stof van ons nietigheid smeek, sodat Hy hierdie vrug barmhartiglik sal seën; en as Hy dit dalk uit Sy oorgroot barmhartigheid sal doen, moet ons onwaardiges eers vir Hom dankie sê, dan eers kan ons bewend van vrees, vir ons matig daaraan versadig.”
[04] Almal tree toe `n paar treë terug van die struik en het gedoen volgens die wil en die regte insig van Kain, wat daar hardop vir almal voorgebid en wenend gesê het: “O, mees regverdige, groot, heilige God, sien barmhartig neer op ons wurms in die stof van nietigheid voor U, die Almagtige, wat dit nie kan waag om hulle oë in die allergrootste skuld op te lig na U onuitspreeklike gewydheid nie! O dink aan ons swakheid, en laat ons ons arme, berouvolle, groot sondaars nie ten gronde gaan nie!
[05] Sien, hierdie struik voor ons blyk `n suiwer vrug te dra as voedsel vir ons sondaars; maar ons waag dit nie om daarvan te eet nie, aangesien ons blind geword het deur ons groot besoedeling en daarom nie meer kan sien of die dood of die lewe daarin is nie.
[06] Wys vir ons, in U groot barmhartigheid, van watter soort hierdie vrug is, sodat ons eers vir U opreg kan bid dat U, o bo alles Regverdige, die gif van die slang daaruit sal verwyder en net `n klein doudruppel van U seën daarop sal laat val, sodat ons nie sal vergaan nie. O, Heer, U Regverdige, U Heilige, luister, luister asseblief, luister na ons swak versoek!”
[07] En kyk, daar kom `n gloeiende rooi wolk van die berge af deur die vallei oor die struik gesweef; daaruit het `n heftige weerlig met `n sterk donderslag die struik raakgeslaan en `n groot slang het met `n sisgeluid daaruit gevlug en met `n oop bek in die rigting van Kain afgestorm en Kain het groot geskrik en die weerlig het die slang nie uitgelos nie, maar dit vinnig na die warm sand van die wye woestyn verdryf. Nadat dit volledig uit die sig van Kain verdwyn het, draai hy sy gesig weer na die struik en dank God in stilte vir die barmhartige redding uit die grootste van alle gevare.
[08] En sien, toe sien hy hoe uit die wolk van vuur groot druppels oor die struik begin val het, sodat die aarde vêr rondom hulle nat geword het.
[09] En Kain het saam met sy familie die groot vrygewigheid van JaHWeH aanskou, het weereens op die aarde saam met sy hele familie neergeval en die Heer met die hele gloed van sy hart vir dié groot weldaad bedank: “O Heer, U regverdigheid is groot en onbegryplik, - maar hoe groot moet U Liefde dan nie wees nie, aangesien U nog in staat is om aan die grootste sondaar te dink, en dit met U grote weldade te gedenk, o U, die ewige Liefde! Hoe groot moet die boosheid tog wees wat U ooit misken het!”
[10] En sien, toe word `n stem gehoor uit die wolk wat nog drup van seën, wat sê: “Luister jy, Kain! Ek het My geregtigheid verander in liefde; maar hierdie liefde sal net by diegene wees wat haar in die toekoms soek, en nie net in nood en moeilike tye nie, maar in hulle vrolikheid en vryheid.
[11] Sien, Ek wil aan jou `n tydlimiet stel van twee duisend jaar, en gedurende daardie tyd sal geeneen deur My Geregtigheid getref word nie; en uit My Geregtigheid sal Ek `n groot houer berei en dit oor die sterre plaas - en vanuit My Liefde sal Ek `n tweede houer berei en dit onder die aarde plaas. So kan julle dan doen wat julle wil: Indien julle kwaad doen, dan sal julle dade die houer van Geregtigheid volmaak, en wanneer dit vol geword het, dan sal dit op alle plekke uitmekaar breek en die totale gewig sal oor al die boosdoeners uitgestort word, en sal almal doodmaak. Maar wanneer die houer van Liefde, wat onder die aarde is, leeg sal bly, sal dit die dooies opneem vir `n lang reinigende kwelling. Daar sal diegene wees wat hulle sal laat suiwer en hulle sal uitgeplaas word na die sterre vir `n lange stryd. Maar diegene wat hulle sal verhard in hulle innerlike boosheid, sal binnekort onder in die bodem van die houer gegooi word, waar daar `n ewige geween en gekners van tande as gevolg van die toorn van God sal wees.
[12] Tree nader na die struik, wat met seën bevog is, en eet daarvan om julle honger te versadig, en dink altyd daaraan, van wie hierdie gawe afkomstig is!
[13] Sprei julle uit in die land van die laagtes; maar nooit mag iemand van julle dit waag om `n voet op die berge te plaas nie, hulle kruine is apart en bestem as woning vir My kinders! Wie van julle ooit hierdie gebod sal oortree, sal die buit word van die waaksame diere wat daar geplaas is as wagte - soos bere, wolwe, hiënas, leeus, tiere en ook groot, lewendige slange, wat aan die voet van die berge sal leef.
[14] Slegs as iemand van julle baie vroom sou word en die vuurproef van My Liefde sal deurstaan, sal dit vir hom toegestaan word om in die binneste van die berg te dring en erts en yster daar te versamel om werktuie daaruit te maak, na gelang van julle behoeftes.
[15] En eet nou, bevrug mekaar en vermeerder vir julle, beide die manlike en vroulike geslag, en weer die saad van die slang van julle af deur julle regverdige vrees vir My, want EK IS God, die Ewige, Regverdige en Heilige, Amen!”
|
|
|
|
|