Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor wat homself afspeel tussen Kenan en Mahalaeel

106 Die agter lopende Kenan en Mahalaeel het die gesprek tussen Jared en Henog gehoor; en as gevolg daarvan begin Mahalaeel ook vrae aan Kenan te stel:

[2] "My oor en my oog is getref, omdat ek die grootse hoor en my verbaas oor die wonderbaarlike; maar vanwaar die grootse, vanwaar die wonderbaarlike, te midde van ons?

[3] Luister, vader Kenan, hoe gebeur dit tog dat ek my so wonderlik begin te voel? Dit is sekerlik nie hierdie eentonige, weinig betrede bospad nie! Was dit nou nog Adam se grot of die wit, dampende berg in die more, of die sewe waterfonteine tussen die middag en die aand, of `n ander buitengewone natuurverskynsel; maar van dit alles is hier geen spoor nie!

[4] Ons omgekeerde volgorde is dit ook nie; want dit is tog dieselfde of ek by jou of jy by my loop, of Henog agter of voor, of met Jared of met Adam loop, of - nee, dit kom my voor dat dit tog `n verskil maak! - of Asmahael agteraan of voorop gaan met wie hy gaan!

[5] Want hier skyn `n sekere vaderlike rangorde ten grondslag te lê. Dat Adam en moeder Eva agter ons almal loop, begryp ek goed; maar wat dit beteken dat Asmahael en Abedam heeltemal agteraan loop, nog agter Adam, kyk, vader Kenan, dit verstaan ek nie heeltemal nie!

[6] Jared en Henog voor ons, het wonderbaarlik met mekaar oor Asmahael gespreek, soveel het ek wel daarvan begryp; wat hulle eintlik met mekaar bespreek het, het ek ten eerste nie helder en duidelik kon hoor nie en wat ek nog gehoor het, kon ek nie begryp nie! Maar soveel is seker, dat ek, wat iets groots gehoor en in myself iets wonderbaarlik beskou het, na die spaarsaam verneemde woorde uit die mond van wie die vlug voor ons uitloop!

[7] Ek versoek jou om my, as dit vir jou moontlik is, `n bietjie te help in my onkunde in hierdie saak wat vir my so besonder wonderbaarlik skyn te wees; dog alleen as jy dit graag wil, vader Kenan. Amen."

[8] Kenan antwoord Sy seun Mahalaleel en sê die volgende: "Luister, beste seun, aan die indrukwekkende begin van jou tot my gerigte woorde dag ek: Die hemel mag weet wat volkome ongehoord daar alles tevoorskyn sal kom!

[9] Maar ek sien dat jy nog steeds die ou Mahalaleel is wat altyd begin om sy mond te open asof hy sonne as erte wil uitspu; maar ten slotte kom daar nie eers erte te voorskyn nie, maar doodgewone speeksel! Wat is dit met die verkeerde ordening, as dit jou niks kan skeel nie? Waarom dan woorde daaroor spreek? As Asmahael nou vooraan sou loop, wat sou Hy dan naderhand wees? Dan sou dit vir jou miskien indrukwekkend voorkom dat Hy nie agteraan loop nie, nie waar nie?!

[10] Nou vergesel Abedam hom; - is dit dan meer as wat dat jy naas my loop?! Jy sê tog self, jouself verheffend, dat dit vir jou om te ewe sou wees of jy naas my en of ek naas jou sou voorloop! Kyk, jy wil iets en jy weet aan die einde nie wat dit is wat jy wil nie!

[11] Wat het die Adamsgrot en die wit berg en die sewe waterfon­teine dan in die aand vir jou beteken, dat jy jou niksseggende woorde daarmee wil versier?

[12] Jy sê dat jy so `n wonderbaarlike gevoel gekry het nadat jy die twee, wat voor ons loop, sonder om te hoor en daardeur ook sonder om dit te begryp, met mekaar - sê maar - slegs gesien praat het; wat is dit dan wat vir jou so buitengewoon wonderlik voorkom aan die slegs aanskoue gesprek van ons voorgangers?

[13] Sien, beste seun, as jy iets graag wil, pleeg dan eers presies oorleg by jouself, wat dit is wat jy wil doen, en het jy dan `n duide­like wens, vra dan eers daarna wat jy wil weet!

[14] As daar nou miskien iets aan Asmahael is wat jou opgeval het, dan vra ek weer aan jou: Het jy tydens Sy wonderlike woorde uit God jou ore dalk aan iemand anders geleen, sodat jy nou skynbaar niks blyk te weet nie en my nou daarvoor in die plek as rede vir jou grote verwondering louter niksseggende dinge vertel?

[15] O seun, jy sit die pot ver mis! Oordink daarom eers die hoofsake by jouself, en word met jouself eens, - kom dan na my toe en open voor my jou hart deur jou mond! Amen."

[16] Maar Mahalaleel merk baie goed dat die kern aan die woorde van Kenan ontbreek en dat hierdie boeteprediking niks anders as `n slim vaderlike uitvlug was en hy gaan sê vol eerbied aan Kenan:

[17] "Luister liewe vader! Dit kom my voor, dat ons in ons woorde niks vir mekaar wil onderdoen nie! Die groot vraag is, wie van ons twee nou `n groter gat in die lug geslaan het.

[18] Kyk, daar het geen woord uit die mond van Asmahael my ontgaan nie, maar ek wou geen gewag daarvan maak nie, omdat ek daarvan af uitgaan dat so-iets `n onnodige tydverspilling sou wees, wat jy as voorvader van Jared en Henog tog ongetwyfeld ook van my sou aanneem!

[19] Jy sê nou dat ek my kinders slegs sou gesien praat het; kyk, daarmee wou jy maar net iets vir my verberg wat jyself net so goed soos ek, met beide jou eie ore woord voor woord gehoor het! Hoe kan ek teen jou sê dat die woorde in my iets wonderbaarlik laat gewaarword het, as dit nie so sou gewees het nie, - anders sou ek immers voor jou en voor God as `n skandelike leuenaar moet staan?!

[20] Maar Sien, jou woorde sê vir my nog iets wat jy seker nie van plan was om vir my te sê nie en dit is dat jou tong vir my gebonde is en jy my voorlopig niks mag sê oor dit wat ek wil weet nie! Daarom was dit ook nie nodig dat jy dit so uitgebreid teenoor my ontken het nie, wat sinneloser is as my vraag; as jy my net die goddelike binding van jou tong getoon het, dan sou jy immers op geen stukke na soveel moeite moes doen met soveel nuttelose woorde nie. Sien, ek was vir jou immers steeds `n buitengewoon gehoorsame seun; waarom het jy my dan nou misken?

[21] Vader, hou sonder sorge vir jou, waaroor jy moet swyg totdat die tyd daar is; maar beskou my nou nie as `n leuenaar en ewemin as `n volslae blinde soeker na goddelike sake nie! Want slegs my liggaam het jy verwek; my gees is egter net soos die van joue uit God. Daarom glo ek dat ook `n vader Homself nie mag vergryp aan die goddelike in Sy kinders nie. Want dit is al immers genoeg dat die gees tog al deur die las van die liggaam gepla word en deel het aan sy gebreke; maar as die vader die liggaam van Sy kinders tugtig, het die gees Sy aandeel reeds uit die hand van die verwekker ontvang. Meer is nie nodig nie. Wanneer die goddelike gees van die kind homself dan wend tot die goddelike gees van Sy verwekker, dan moet die twee goddelike broeders mekaar nie lastig val nie, maar mekaar alleen in alle liefde as broeders in God herken en mekaar, liefderyk ondersteunend, hand in hand en hart aan hart na die poort lei waardeur die ewige lewe van alle barmhartigheid, erbarming en liefde vir ewig onoorwinlik stroom.

[22] O vader, glo maar nie dat ek jou daarmee nou `n nog onbekende leer wil bybring nie! O nee, maar ek moes my nou in soverre voor jou regverdig, dat ons beide ten opsigte van mekaar en voor God weer opreg kan voortgaan; en daarom doen ek dit meer ter wille van jou as van my.

[23] Ek ken jou hart. In my oë is sy net so rein soos die son; maar nou sien ek stof in jou mond en op jou tong, en ek kon dit onmoontlik nalaat om aan jou as `n ware seun in alle liefde `n diens te bewys en jou mond en jou tong van die verderflike stof te reinig.

[24] Want sien, ek het as volg gedink: "Vader, jou tong is deur die grote, ewige Hand van God se liefde getooi met `n verhewe band! Wat moet die stof daarby doen? Weg met dit wat die dood in homself het!

[25] Nie waar nie, vader, nou sal jy nie boos wees op jou seun en sy woorde nie beskou asof dit `n halwe leuen is nie, maar jy sal insien dat Mahalaleel nie op `n dwase wyse `n band sal wil losmaak nie, luister goed waarmee God jou tong getooi het.

[26] Daarom moet jy nie vir my boos wees nie, maar verder my liewe vader in God wees! Amen."

[27] Kenan word deur hierdie woorde tot trane toe geroer en sê ten slotte aan Sy seun: "Mahalaleel, my geliefde seun, ek het jou `n onreg aangedoen toe ek jou eerste woorde ontkrag het en dit na buite toe geheel tot niet wou maak, terwyl ek innerlik sekerlik maar al te oortuig was van hulle ware diepgang!

[28] Jy het `n egte lig, wat groter is as die van myne. Wat ek vir jou moet verberg, sal jy nog eerder vind as wat ek dit self heeltemal sal kan deurgrond; wees daarom vir ewig my liewe seun en my mees geliefde broeder, Amen, luister, vir ewig as broeder in God! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205