|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 152
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Oor die eenvoud. Die wonder van God se liefde
152 En Set, aan wie hierdie woorde van Abedam so heeltemal persoonlik gerig was, sit buitengewoon groot oë op, net soos byna al die res, hoewel hierdie woorde hulle ook slegs sydelings aangaan. Maar nóg Set, nóg iemand anders durf Abedam om `n nadere uitleg vra; want Abedam se groot wysheid het hulle almal as te ware byna verpletter. Net by Abedam, die bekende, bly die tong op die regte plek en sy hart in rus, waardeur sy spraaklustige tong dan ook spoedig by die vaders en by Abedam, die ander, toestemming vra om hier, noudat almal swyg, uit eie beweging iets te mag sê; want tot nou toe het hy tog maar net gevra of geantwoord op vrae van andere.
[2] En aan sy verlange word graag ingewillig; en so begin hy dan ook onmiddellik sy hart te lug en wel as volg:
[3] "My geliefde vaders en broeders, en ook Jy, my bo alles uit hoogs vereerde en innig geliefde naamgenoot! Dit is al `n ou gesegde onder ons, dat egte domme mense en kinders meestal die waarheid spreek; omdat ek stellig met alle reg by voorkeur tot die eerstes behoort en daar van oudsher al daartoe behoort het, is ek immers geskape vir `n prediker! Op grond hiervan sê ek aan julle almal en beken ek openhartig dat ek die gelukkigste van julle almal is, dit wil sê, op my liewe naamgenoot na.
[4] Julle is verbaas oor die ligmaak, - ek daarenteen heeltemal nie; want as `n mens homself oor alles sou wil verwonder wat die oneindige mag, krag en hoogste wysheid van die Heer alles in staat is om voort te bring en uiters maklik bewerkstellig, waarlik, dan kan `n mens sy lewe wel deurbring in `n staat van verwondering en opperste verbasing!
[5] Is nie elke klop van ons hart dan nie `n ewe groot wonder nie – maar wie sal homself voortdurend daaroor verbaas?!
[6] Of dat ons kan sien, hoor, ruik, proe, voel, ons na willekeur beweeg, staan, gaan, loop, spring, voorts lê, slaap, droom, dink, liefhê, begryplik spreek, eet, drink, ontlas, ja om in die liefde, die wat aan ons gelyk is, te verwek en kortom, alles wat ons dan met ons sintuie waarneem, - sê my, is dit nie louter onbegryplike wonders nie?!
[7] Maar waar leef daar dan wel `n mens wat homself voortdurend oor dit alles graag sou wil verbaas en as hy in staat is om maar `n handbreedte hoog bo die aardse uit te dink, dit ook sou kan doen?!
[8] Wie sien nie in dat `n sterker een in staat is om `n groter las op te tel as `n swakker een nie?! - Wie sal homself daaroor verwonder dat die sterke sterker is as die swakke?!
[9] As ek `n klip in my hand neem en dit dertig manslengtes van my afslinger, maar `n sterker en vaardiger iemand slinger hom honderd manslengtes van homself af - sê my, wie sal homself daaroor verbaas?! En tog is so-iets net so `n groot wonder as wanneer Abedam, in plaas van die eenvoudige lig deur `n magtige "Daar is!", `n tweede son ter verligting van die nag sou geskape het!
[10] Waarlik, wanneer `n mens die saak in die regte lig beskou, moet die mens homself, of altyd verwonder, of hy moet homself gladnie verwonder nie! Want wanneer ek my oor `n daad van die Heer verwonder en oor `n andere weer gladnie, is ek dan nie `n takseerder van die kwaliteit van God se werke, waarvan een nie minder in sy soort is as die ander nie, of ek moet minstens nog honderdmaal dommer wees as wat ek van nature is, as ek nie met die eerste oogopslag sou kan insien dat God in elk van sy werke ondeurgrondelik, onbevatlik en oneindig is! Erken ek dit egter, waarom moet ek dan vervolgens daarvan opkyk as die almagtige, hoogs wyse God sulke werke voortbring wat in elke, ook maar moontlik denkbare, opsig aan sy oneindige volkomenheid moet beantwoord?!
[11] Ja, indien iemand in staat sou wees om met `n woord vanuit niks anders as die menslike swakheid `n met sterre bedekte hemel te voorskyn roep, waarlik, daaroor sou ek my hoogstens kan verbaas; maar omdat slegs God se krag tot so-iets in staat is, verbaas ek my weer in die geheel nie daaroor nie!
[12] Of sou dit dan `n wonder moet wees as die almagtige God baie maklik en goed tot dit alles in staat is vanuit sy ewige, hoogs wyse ordening?!
[13] Sien, daaroor verbaas ek my nie en sal my ook ewiglik nie daaroor verbaas nie; maar wat my wel hoogstens verbaas is, dat volgens dit wat ons nou weet, hierdie almagtige God ook tegelyk ons aller mees liefdevolle, heilige Vader is! En so erken ek slegs `n wonder uit alle wonders en dit is die liefde en wel die oneindige liefde in God vir ons nietiges, ten opsigte van Hom, en dan ook die liefde in ons tot Hom, dit wat `n omvatting van die Oneindige deur die eindige is!
[14] Sien, dit is die enigste waaroor ek my steeds meer en meer verwonder, omdat hier twee ondenkbare omstandighede - `n onuitspreeklike niks en `n onuitspreeklike alles - in mekaar gryp en in `n sekere sin hulle uiterste bes doen en om met mekaar in ewewig te kom!
[15] Sien, dit verbaas my en dit noem ek `n wonderwerk! Maar al die ander - omdat God op grond van sy ewige mag en krag alles kan doen wat maar vir Hom moontlik is en ons ook doen wat vir ons moontlik is, - hoe moet of hoe kan ek my daaroor verbaas?!
[16] Indien ek my egter al nie kan verbaas nie, juis ek, wat my tog nie kan bekla dat ek teveel wysheid sou hê nie, - -?! Maar julle het alle wysheid in oorvloed - en jy is verstom vanweë die verligting van die woning, en dit terwyl julle tog dikwels die hele dag onder die dikwels brandende wonder van die son ongehinderd met mekaar gepraat het! Is die lig van die son dan swakker as dit hier, of het haar lig minder uit die mag van die goddelike woord voortgekom as dit?!
[17] Kyk, so-iets val `n nar op; en waarlik, ook dit is `n wonder, wat julle wyses nog lank nie opgeval het nie!
[18] Ons kan ons immers dankbaar verheug oor elke daad van God, omdat Hy dit sekerlik louter en alleen uit wonderbaarlike liefde vir ons onwaardiges verrig; maar om oor die een werk van die goddelike krag met stomheid geslaan te word en oor `n ander weer met `n baie onverskillige tree heen te draf, - waarlik, dit beteken tog, goed beskou, niks anders as om God se werke en dade met ons domheid in te skat nie!
[19] Hou dit vir my ten goede, liewe vaders en broeders; maar ek kon dit werklik nie meer nalaat om julle met `n berisping lastig te val oor dit wat `n blinde reeds met weinig nadenke as dwaas en ten opsigte van God volledig onwaardig, vir hom moet opval!
[20] Laat die een wonder van die liefde daarom vir ewig ons aller verbasing opwek, naamlik, dat die almagtige God ons Vader is, ons liefhet en maak dat ons Hom wederom kan en mag liefhê! Maar vir al die ander dank ons Hom met `n, alles in dieselfde mate verheugde hart; dan sal ons reeds daarom sekerlik meer waardig wees om ons sy kinders te mag noem as wanneer ons dag en nag stomverbaas sonstoffies sou aangaap en daardeur die liefde, die dankbaarheid en alles sou vergeet wat alleen maar ware kinders betaam.
[21] Laat ons onsself oor alle werke van God verheug en laat ons dit eerbiedig, omdat dit werke van die Vader is, wat Hy gemaak het uit liefde vir ons; maar laat die beoordeling daarvan in alle nederigheid slegs aan Diegene oor wat ons gemaak het! Amen."
|
|
|
|
|