|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 157
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die onweersbui
157 Nouliks het Abedam hierdie hoogs opmerklike tot Lameg gerigte woorde beëindig, of alreeds kom daar, deur groot angs gedryf, Enos, Kenan, Mahalaleel, Jared en Methusalag na binne; en honderde en honderde kinders en kleinkinders lê heeltemal vertwyfeld om die woning en hulle roep tot JaHWeH om hulp en om genadige, barmhartige afwending van dergelike verwoestings, wat ontsettend dreigend word en van sulke ongehoorde nagtelike verskrikkings.
[2] Van die vyf wat die woning binnetree, neem die redenaar Kenan die woord en sê die volgende aan Adam:
[3] "O vader Adam, luister, wanneer die verdwene Emmanuel en jou vaderlike seën deur die mag van sy liefde ons nie onmiddellik, daadwerklik te hulp gaan kom nie, dan is ons almal sonder redding, sonder barmhartigheid en sonder erbarming verlore!
[4] Kyk en luister hoe dit nou daar buite uitsien: Die hele morestreek is `n vuursee! Dit is nie net dat tallose vlammende bliksemstrale uit `n onafsienbaar digte, vurige en daardeur gloeiende wolkemassa neerslaan nie, maar ook uit die aarde breek allerweë bliksems en vlamme uit!
[5] Jou heerlike grot is reeds deur duisende en nog eens duisende magtige bliksemstrale sodanig verwoes dat geen spoor meer daarvan te ontdek is nie!
[6] Netsoos ek jou sê, verskrikliker en ysingwekkender as hierdie keer het JaHWeH sy kinders nog nooit besoek nie! Maar wat ek jou tot nou toe meegedeel en beskryf het, is net die onbelangrikste; luister maar wat daar nog verder gebeur het:
[7] Onder groot geraas, gebruis, woede en gekraak styg die see uit die diepte op! Alle monsters vlug na ons toe: Tiers, leeus, hiënas, wolwe, bere en slange dring by die honderde ons verlate wonings binne, om maar nie van ander gebroedsels en gediertes te praat nie!
[8] Ek sê vir jou, geen menslike tong sou by magte wees om af te skilder in welke ellende ons in enkele minute beland het nie! Ons vyf is die enigste wat nog nie deur vertwyfeling aangegryp is nie. Op ons na lê almal, wat die sekere ondergang van alle dinge verwag, as halwe dooies met hulle gesigte plat op die grond. Sommige kla; sommige kerm luid; sommige bewe oor hulle hele liggaam; sommige roep en huil die hardste; ander is stom en verstar, deur oorweldigende vrees en angs aangegryp!
[9] O vader, dit is `n afgryslike gesig! En sien, van alle kante neem die skrikwekkende taferele steeds meer toe! Voorwaar, dit kon nie anders daar uitgesien het toe jy nog in die paradys was en jy die brandende wêreldpuin, as gevolg van God se toorn, aaneen sien vlieg en die aarde vernietig onder jou voete sien lê nie!
[10] Van daar, vader, aarsel nie en snel ons te hulp, as daar nog aan enige hulp te dink is!
[11] Luister, luister maar na die voortdurende gekraak! Luister na die alles aan die skud bringende donder! Bemerk die bestendige bewe van die aarde en hoor die reeds naderende woede van die see! Hoor hoe uit duisende dierebekke `n afgryslike gehuil skrikwekkend weergalmend meng met die woede, geraas en gebruis van die vlammende orkaan!
[12] O vader, indien dit nog vir jou moontlik is om aan hulp te dink, aarsel dan nie, maar kom ons ylings met jou seën te hulp!
[13] Daar, daar, o vader, o julle almal, kyk na die deur: O wat `n ongehoorde omvang van die ongeluk! - Kyk almal na die deur! Kyk tog na die deur! - Ook hier kom al vreemde, verskriklike gaste na binne! Gaste, waarvoor ons uit ons wonings gevlug het!
[14] Adam, vader, Henog, Lameg, julle beide Abedamme, julle lieflinge van Emmanuel, help ons en julleself!
[15] Sien, ook `n kolossale slang laat sy tong heen en weer skiet en gluur reeds deur die deur na binne!"
[16] En Adam, vervul met ontsetting, en Set, halfdood van angs, netso Eva en die vrou van Set antwoord gesamentlik: "Dat dit daar so verskriklik uitgesien het, hoor en sien ons nou almal maar al te duidelik!"
[17] En Adam praat alleen verder: "Kinders, so ver reik my seën nooit; as God ons nie help nie, is ons almal verlore!
[18] My God en my Heer! Waarom moes ek dit meemaak?! En dit nog wel in die nag van die Sabbat!
[19] O Heer en Vader en Skepper van alle dinge, staan die offer van more U vooraf al so teë, dat U dit deur hierdie verskrikking wil verydel? O neem dan hierdie verskrikking van ons weg en gee ons in ons hart U heilige wil te kenne, en almal sal dit graag gewillig en met liefde uitvoer netsoos wat dit U behaag; maar neem tog hierdie verskriklike versoeking van ons weg en laat ons almal weer dankbaar en met `n verheugde hart na U opkyk!
[20] O Vader, heilige Vader, rig ons almal in hierdie nag nie gesamentlik ten gronde nie! Amen."
[21] Maar toe Lameg die een monster na die ander die woning sien binnekom en die alles oordonderende gekraak van die tallose bliksems, die donder wat die aarde laat skud, die loei van die see en van die wind hoor, waardeur hulle nou ook in Adam se woonplek invlug waar beeste geweldig begin te bulk en te brul, begin dit ook vir hom te onheilspellend word en hy druk homself steeds vaster teen Abedam aan terwyl hy self stewig aan Hom vashou; en so begin dit ook met Henog en die bekende Abedam te gaan.
[22] En Abedam vra aan hulle: "Wat sien Ek, begin die angs julle ook oorheers?"
[23] En die bekende Abedam antwoord Hom: "Heer en Vader, by `n dergelike spektakel is selfs `n engel, glo ek, sy angs te vergewe; want die tafereel, hierdie kermende en hewig brullende vreemde gaste in so `n yslike nag by ons te sien, sou tog seker elke nog so onverskrokke gees verskrik!
[24] Ek wil liewer werke van U liefde sien as die van U mag; omdat ek nou werke van U mag moet aansien, is ek van vrees vervul! O vorm dit weer om tot werke van U liefde! Amen."
|
|
|
|
|