Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael, die vreemdeling

58 En sien, na die gesprek buig Enos homself op versoek van Adam vooroor en tel die swartharige man op en versoek daarna Adam en Set se toestemming om, voordat hulle van die punt sou vertrek, etlike woorde te mag spreek oor wat hom na aan die hart lê.

[2] En van alle kante stem mense hiermee in, dat hy sou spreek oor wat hy wil spreek.

[3] En sien, toe buig Enos, bedank hulle vir die toestemming en begin die volgende gedenkwaardige woorde tot almal te rig, wat as volg lui:

[4] "Vaders en kinders! Daar kom so pas `n verhewe gedagte in my op en dit het soos `n blywende lig van `n hewige bliksemstraal in my sterk beweegde siel vasgesteek: Ek het eens gedroom - dit was toe ek my een keer voor sonsopgang verslaap het, wat my op `n ligte verwyt te staan laat kom het, - dat ons, net soos nou, ons hier bevind en ons bekyk hierdie wonderbaarlike omgewing en beleef baie genot aan ons kinders, wat ons toe ook vir `n op hande synde sabbatsoffer uitnooi. En siedaar, juis toe ons so opgetoë was, kom daar `n helder verligtende gestalte in ons midde en ons was almal hewig ontsteld vanweë sy sterk lig! Maar die gedaante het ons nie te lank in ons verbysterde toestand laat verkeer nie, maar onthul homself weldra voor ons deur die oogverblindende lig.

[5] O vaders en kinders, hierdie onthulde gedaante was Abel en hy neem met hom `n mens wat lyk soos hyself saam voor die aangesig van die aartsvaders en sê met `n baie sagte stem:

[6] "Luister vader! Behalwe aan my, is aan niemand anders iets ergs deur Kain aangedoen nie, behalwe dat my liggaam vir julle verlore gegaan het. Sien, ek het Kain van ganser harte vir alles vergewe en het dit des te makliker kon doen, omdat ek nooit wraak teen hom gekoester het nie! En toe hy op `n later tydstip vir sy seun Hanoch gevlug het en in die rigting van die middag aan die oewer van een van die allergrootste waters van die aarde aangekom het en hy daar saam met die baie weiniges van wat syne is, gered was, versmag van hitte, honger, dors en vrees, het ek met toestemming van die ewige, heilige Vader uit vrye wil na hom toe gekom, my aan hom geopenbaar, hom in trane van diep berou gevind, wat my tot in my diepste wese aangegryp het en ek leer hom toe om `n waterdigte vlot te vleg en syne vervolgens oor die branders na `n ver, vrugbare en veilige land te bring.

[7] En ek het nog dieselfde gedoen met sommige van sy nakomelinge uit Hanoch, wat van `n beter gesindheid was.

[8] Maar nooit het ek dit gewaag om ook maar `n enkele een uit Hanoch, die groot stad van Kain, na julle, o vader te bring nie; want ek ken julle regverdige toorn oor Kain baie goed. Maar ek weet ook wat die Heer vir Kain gesê het, toe hy vol bitter berou oor die wye aarde gevlug het en Hy hom verseker het dat die een wat Kain sal doodslaan, sewemaal gewreek sou word!

[9] Maar nou bring ek julle eweneens, volgens die wil van JaHWeH, `n God soekende vlugteling uit die diepte; gee hom daarom wat hy soek en neem hom in alle vaderlike liefde op; want ook in sy are stroom u bloed!

[10] Wek hom met jou seën op en die Heer sal jou kinders opwek, sodat hulle dan op wonderbaarlike wyse Sy Naam aan die kinders van die diepte sal kan predik tot moontlike redding van die aarde!"

[11] O vaders en kinders! En nou sien ek te midde van ons dieselfde mens wat ek toe gesien het, en ek sien ook so pas hoe die verligte Abel hierdie plek verlaat en waarlik sien Henog dit ook, vandaar dat hy daaroor geswyg het. En so het ek geuiter wat op my hart gelê het; - dink en doen daarmee wat vir julle die beste voorkom! Amen"

[12] En Henog betuig onmiddellik sy instemming met dit wat Enos gespreek het deur te sê: "Ja, so was en is dit!"

[13] En sien, toe Adam dit verneem het, verwonder dit hom in `n hoë mate en hy vra verlangend: "Waar het Abel gestaan?"

[14] Tegelykertyd wys Enos en Henog hom een en dieselfde plek aan en deur die gelyktydige aanwysing van die plek waar Abel sy trou en liefde vir Adam beken het, glo Adam vas dat hulle hulleself nie vergis het nie.

[15] Daarna laat hy homself nog heimlik deur elkeen van hulle die gedaante van Abel omskrywe; en omdat die beskrywing ook op die punt ooreenstem en sy gedaante baie goed beskrywe, bly daar by Adam geen twyfel oor om die volledige egtheid van die aanskoude onmiddellik aan te neem nie.

[16] En op hierdie wyse oortuig, roep Adam nou vol vreugde uit: "O Abel, wat jy vir my gebring het, neem ek op, al was dit Kain self!

[17] Bring hom daarom na my toe, die swak beskermling van Abel, sodat ek hom kan seën en in ons midde opneem. Ek sal hom in my die eerste ongebore mens op aarde toon, wat regstreeks uit die almagtige hand van die ewige Liefde voortgekom het en ook die moeder van alle mense, wat uit my voortgekom het. Ten slotte sal ek hom Die Een toon, van wie se grootte, mag, gewydheid en liefde alle ewighede en oneindighede, wat vol wesens is, getrou getuig, soos ons dit almal doen, omdat ons `n ewige gees gegee was uit en deur God Self!"

[18] Hierna bring hulle die swartharige man na hom toe en Adam raak hom aan en seën hom driemaal en vra sy naam van hom. Hy sê egter: "O groot, verhewe eersteling van God, van die groot Koning van die aarde, wyse vader van alle vadere van die aarde, vergeef my arme vlugteling uit die dieptes, ek wat aan die hand van `n stralende gestalte aan Lameg se dodelike hande ontruk is, en hierheen gevoer was! Sien, ek het geen naam nie, want ek was maar `n werkende slaaf en hulle het geen name in die dieptes nie, maar word aldaar net soos die diere geroep met sinledige, ongeartikuleerde geskreeu. Hulle mag die taal slegs begryp, maar nie spreek nie; wie daar ooit een verstaanbare klank oor sy lippe sou bring, sou dit vanweë sy praatlus op slag met die mees onmenslike dood moet betaal!

[19] Wees daarom nie kwaad dat ek, arme slaaf u nie kan gee wat u van my verlang nie; want sien, in die diepte gaan dit daar baie onmenslik toe en daar is niemand meer, wat seker van sy lewe is nie. Want waarheen iemand ook sou probeer om te vlug, hy word dadelik deur Lameg se geregsdienaars en krygsknegte ingehaal en daar waar hy gevang word, word hy ook sonder barmhartigheid en erbarming op die gruwelikste wyse gedood!

[20] O groot vader van die vaders van die aarde! Daar benede gaan dit sodanig, dat geen menslike tong daardie gepleegde gruwels sou kon vertel nie. Die onmenslike dood van die arbeidende stom slawe is tog nog die allerminste; want dit kan nog met `n woord aangedui word. Maar daar word ook, om dit nie eers te noem nie, gruwels bedrywe, - dog ek sou dit nooit waag om sulke dinge aan u te vertel nie, sodat die hoogtes nie daardeur ontheilig sou word nie! Amen."

[21] Toe Adam met sy kinders so `n verhaal van die naamlose hoor, ontstel hy hom in `n hoë mate en hy wil reeds `n vloek oor die diepte uitspreek, maar die naamlose val hom in die rede voor hy die swaar, grimmige woord kon uitspreek en sê:

[22] "O, hou die swaar belaaide woord in, goeie vader van die vaders van die aarde; want luister! Hulle daar benede staan nie op u vloek te wagte nie; want hulle het vloeke in oorvloed. Lameg is toereikend vir die hele aarde; want as die groot Koning van bo die sterre sy bitterste vloek oor die aarde sou wil bulder dan hoef hy slegs nog `n Lameg na die aarde te stuur, en u, o vader van die aarde, kan daarvan verseker wees dat alvorens die son honderd maal opgekom en ondergegaan het; die aarde, buiten Lameg, deur geen lewende wese meer lastig geval sou word nie!

[23] Daarom, o vader van die vaders van die aarde waaroor u `n vloek wil uitspreek, o luister, seën liewer die swaar met vloeke belaaide dieptes van die gruwels; want as u nog die vloeke oor die duister bodem van die gruwels sou vermeerder, dan weë, weë oor die arme stomme arbeiders van die diepte!

[24] Soos bruisende storms roep hulle ryklike vergote bloed tog al omhoog na die sterre om wraak; en as u daarbenewens ook nog die diepte sou wil vervloek, dan sou bloedige golwe spoedig die heilige toppe van die berge omspoel!

[25] O vader van die vaders van die aarde, seën, o seën diegene wat u met reg sou wil vervloek! Amen."

[26] En sien, toe Adam hierdie smeekbede gehoor het, word hy ontroer, prys die naamlose jongeling en vra hom: "Luister, arme seun uit die bloed van Kain! In die diepte mag julle nie praat nie, vanwaar het jou tong dan `n buigsaamheid verkry, nagenoeg gelyk aan die van Kenan?

[27] Want jy praat asof jy reeds van oudsher te midde van ons `n heilige sanger van God was; en jou woorde is goed gekies en dit bevat steeds die korrekte betekenis. Sê my net eerlik, waarvandaan het jy dit gekry?!"

[28] En sien, die naamlose vervolg dadelik met die woord en antwoord: "O vader van die vaders van die aarde! U vra daarna, omdat u uself verbaas oor my losgemaakte tong. My jeugdige hart verheug haarself om ten opsigte van u, as vader van die wysste leraar, daarvan gewag te maak!

[29] O sien en luister: Die leraar wat my so baie wys geleer het om te spreek; dit was hy wat my getrou hier voor u, vader van die vaders, gebring het! U ken hom en het hom reeds vroeër geken soos hulle wat u getrou beluister en hier afwagtend omgewe: Dit was Abel, u stralende seun, wat deur die hoëre liefde besield my hakkelende tong los gemaak het, sodat ek in staat sou wees om voor u welgevallige vorm die baie seldsame voorkomende waarheid te spreek, net so voor al u van barmhartigheid en seën vervulde nakomelinge.

[30] O vader van die vaders van aarde, nou weet u alles wat vir u vooraf vreemd mag klink; o laat daarom vir my, die arme vreemdeling wat aan die dieptes ontvlug het hier op die heilige hoogtes bly om in u midde die magtige Heerser vol geregtigheid en vol goedheid te soek, waarvan al die sterre, die maan en die son so wonderbaarlik getuig!

[31] O vader van vaders van die aarde, spreek liefdevol tot die arme!"

[32] Toe Adam hierdie woorde gehoor het, word hy dermate so ontroer, dat hy geen woord kon uiter nie en sy oë swem in trane van vreugde en medelye.

[33] Eindelik oorwin Adam homself en hewig aangedaan sê hy vir die naamlose: "Luister, beste vreemdeling uit die dieptes van die gruwels, indien dit daar so met julle voorstaan, soos wat jy my bevestigend met jou tong meegedeel het, sodat ek nooit daaraan kan twyfel nie; dat dit nie so sou wees as wat jy verklaar het en God jou reeds daardeur op wonderbaarlike wyse `n baie groot barmhartigheid betoon het, is dit immers wel gevolglik dat ons, Sy kinders, ten opsigte van jou nie anders kan handel as ons aller groot, heilige Vader in Sy oneindige erbarming ten opsigte van jou gehandel het nie; en so sal gebeur waarna jou hart verlang.

[34] Sien hier aan my regterkant die eweneens baie jong Henog! Sien, hy is nou `n geseënde spreker van God; hy sal vanaf nou jou leraar wees in God, ons liefdevolle Vader en Heer van die oneindigheid!

[35] En omdat jy nog geen naam het nie, wil ek jou `n naam gee en sal jou in die vervolg "Asmahael" noem, dit is "`n getroue vreemdeling, wat God soek"! Want hier moet elke ding sy naam en elke handeling `n woord hê en elke hoedanigheid en innerlike eienskap moet goed aangedui word en hoe, wanneer, waar, waarom, waardeur iets is en moet gebeur, en moet baie presies uitgebeeld word; vandaar dat `n mens gladnie sonder `n naam kan rondloop nie.

[36] Maar elke naam moet presies ooreenstem met hom wat dit ontvang; wie `n naam gekry het moet getrou daarvolgens lewe, anders is hy `n leuenaar, omdat hy nie handel soos wat sy naam aangee nie. En aangesien jy nou `n naam het, deurgrond dit dan eers en handel getrou daarvolgens, anders sal jy `n leuenaar in die aangesig van God en al Sy kinders word, en jy sal tot skande strek vir elke stoffie, wat altyd met sy naam ooreenstem.

[37] En so seën ek jou nog eens en sê jou: Asmahael! Ek, Adam, die eerste mens wat op hierdie aarde ontspruit het uit die hand van God, die ewige, heilige, liefdevolle Vader, seën jou net soos my kinders, sodat jy `n getroue draer van jou naam mag wees!

[38] En daarom reik ek jou my hand en hef jou omhoog tot my kind.

[39] En nou, kinders, volg my voorbeeld en word `n vader vir hom en jy, liewe Henog, word sy broeder en leermeester!

[40] Maar jy, Jared, sal in plaas van Henog, wat immers `n inwoner van my woonplek geword het, vir altyd verantwoordelik wees vir hom!

[41] Die Heer open julle hart en alle sintuie van julle siel tot die ewige lewe van julle gees in God! Amen."

[42] Daarop val Asmahael dadelik neer voor die voete van Adam, kus dit en dank hom hardop vir die groot barmhartigheid, wat hom ten deel geval het deur hom gelyk te stel met My kinders; want hy begin terstond die werking van die seën in homself te bespeur, - vandaar dat hy ook begin te juig en sê:

[43] "Asmahael, wat `n heerlike naam, wat ek nog onwaardig is om te dra; maar ek is van mening dat `n naam, by die begin gegee, aan die getroue ontvanger wetlik die plig oplê om hierdie heilige regter (`n groot, lewende gebod) te volg, in sover die insig steeds die pad mag wys. En sou iemand, as draer van die verbindende naam, die baie ver weg geleë bane van die son en die sterre moet volg, dan moet hy dit bly en getrou doen, omdat hy so `n groot barmhartigheid ontvang het; en sou selfs die barmhartige eis van die heilige naam nog hoër gestel het! O vader en vaders van die vaders van die aarde, vir hom wat dikwels genoop was om met die dood te worstel, o luister, vir hom is die volg van die weg van die ewige lewe werklik geen probleem nie; en indien mens al strydend in die duister slyk van die gruwel van die sonde vir homself `n ellendig weg moes baan na die spaarsamige lig en `n nog kariger lewe, wat dikwels deur die duisterste twyfel reeds in die tere kiem gesmoor was, - o luister, hoe maklik is dit dan nie om lewend die verligtende weg na die lewe te volg nie!

[44] O heerlike naam Asmahael", mooiste ster, wat my lei na omhoog na die ewige, heilige hoogtes van lig en van lewe; o luister, nie vir niks sal die vreemdeling nou sulke barmhartigheid, so `n heilige geskenk dra nie. Amen. Amen. Hierop sê ek Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205