|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 101
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Henog spreek met Jared oor Asmahael
101 Hierop antwoord Henog vader Jared: "Luister, vader! jou opmerking maak wel sin; in alles het jy gelyk! Toe Asmahael vanmore voor ons in het stof gelê het, het ek ook eerder verwag dat alle klippe deur die middagson tot water sou smelt, as dat hierdie mens uit die diepte, sulke wonders voor ons oë sou verrig; maar die Heer het nou veral Sy welbehae daaraan om die onaansienlike omhoog te laat gaan, en die grote daarenteen onder te laat gaan!
[2] Daarom laat Hy die son ondergaan en in haar plek aan die hemel duisende en nog eens duisende skitterende sterretjies verskyn; maar hoeveel verhewener en oneindigmaal heerliker is die sterrehemel as die sonnige hemel! Hoe wek die heerlike sterre al vonkelend `n blymoedige lewe op in hulle bewende skynsel en hoe gevarieer is hulle lig!
[3] Bekyk daarenteen die hemel oordag! Is die helderste dag nie dadelik ook die eentonigste nie?! Wie is dan in staan om omhoog te kyk?! Oral straf die son hom met brandende skel lig.
[4] Indien geen vlugtige, weinig seggende, nuwe wolkformasies die hemel oordag verlewendig het nie en vele geveerde bewoners van die lug dit opgewek deurkruis het nie, - voorwaar, ons sou ons oë baie selde na die hemel bo die aarde gerig het!
[5] Sien, so werk die Heer voortdurend! Die grote stel Hy nie op prys nie en Hy verhef die kleine en onaansienlike tot Sy liefde. Die grote olifant het `n byna ewigdurende lewe. Hy loop traag in die rondte, asof hy self `n klein, dooie aardmassa is. Maar kyk daarenteen na `n miershoop; hoe bont werwelend dit deurmekaar! Lewe
[6] En uit duisend van dergelike onbeduidende verskynings laat die natuur tog immers reeds duidelik sien, waar die Heer die meeste aktief is en waar Hy by voorkeur lewendig heers en handel. Dit is by die mense net so. Die geringste en onaansienlikste rig Hy op, en deur die swakke van die aarde toon Hy aan die grote en sterke van die aarde Sy oneindig grote mag en vir ewig onoorwinlike sterkte.
[7] Was dit ook nie by my so nie, dat ek nou al byna twee dae lank ooreenkomstig Sy liefde tot die vaders moes spreek, terwyl ek tog die geringste en die swakste van almal is nie?! Onaansienliker en swakker daarenteen as wat ek ooit was en ooit sal wees en sal kan word, kom Asmahael vanuit die diepte tot ons!
[8] Sy ywer was bomate groot, Sy liefde sonder grense; wat Hy by ons gesoek het, het Hy reeds in Sy oneindige ywer volledig met Homself saamgebring, sodat dit nou betaamlik is dat ons van Sy grote oorvloed eerder iets kan ontvang, as wat ons in staan sou wees om Hom met ons gebrek aan ywer te verryk.
[9] Wees daarom, goeie vader, nou onbesorg en volkome rustig; deur wat volg, sal nog menige raaisel van en oor Asmahael aan ons onthul word wanneer hy eers in ons woning sal wees! Verheug jou daaroor, vader Jared; luister, dit sal dae van lewe en van die grootste saligheid word! Amen."
[10] Volkome tevrede antwoord Jared: "Met al jou antwoorde het jy gelyk; so moet dit wel wees! Want as dit nie so was nie, hoe kon Asmahael andersins sulke daadkragtige woorde uiter?!
[11] Maar luister, wanneer hy by my intrek en in my woonplek sal woon, en jy waarskynlik ook weer, dan sal ons nog veel van hom te wete kom!
[12] Ek verheug my ten seerste daaroor. Ek moet jou openlik sê, of dit korrek is of nie, maar kennelik omhels my gevoel Asmahael nou al inniger as vir jou! Wat egter mettertyd uit my voorliefde vir Asmahael sal word, kan ek jou nou nog nie presies voorspel nie; want baie hang nog daarvan af, of hy verder trou sal bly. Maar jy mag jou niks daarvan aantrek nie; want jy sal as gevolg daarvan by my, jou vader, niks tekort kom nie!
[13] Maar wees nou stil; want hy skyn ons gefluister op te gemerk het! Sien, hy spoor die dier aan en dit dra hom reg op ons af; hou jou daarom stil, beste Henog, stil! Amen."
|
|
|
|
|