|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 92
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die getuienis van Asmahael
92 Maar toe die drietal uit Asmahael se mond so `n getuienis oor Homself ontvang het, word hulle bevrees en bang en hulle weet nie wat hulle nou moes doen nie. Moes hulle terstond voor Asmahael neerval en Hom aanbid? Maar dan sou Hy immers verraai word, omdat die ander vaders dit sou merk!
[2] Of moes hulle die getuienis wel glo? Want hulle dink soos volg: "Glo ons die getuienis, dan sit ons vir Adam en die res in die klem; want ons eerbied en matelose liefde vir Asmahael sal sekerlik aan die vaders verraai dat daar beslis iets ongewoons agter Asmahael moet skuil omdat ons Hom buitengewoon hoog ag en heeltemal van liefde vervul toegedaan is en dat dit noodsaaklikerwys ook moet wees. Maar glo ons nie die getuienis nie, wat is ons dan in die oë van Asmahael? Blykbaar niks anders as leuenaars ten aanskoue van elkeen en bedrieërs van ons vaders, broeders en kinders, - of ons is nie meer in staat om ook maar een woord oor ons lippe te bring nie, indien ons in die waarheid wil bly! Want as ons ook maar een woord oor God spreek, wat te midde van ons is, wat ons egter ongelowig in ons hart verloën, dan is ons - soos gesê - leuenaars en bedrieërs, omdat ons die ander ongetwyfeld sou wil laat glo dat daar iets sou wees waar ons oë ook geen enkele skadu van bespeur nie!
[3] Maar gedra ons onsself baie gewoonweg, asof Asmahael nog `n leerling van Henog sou wees, hoe sal dit dan met ons gaan? Aan die een kant sal ons onsself altyd moet verwyt en sê: "Die Heer, ons groot God, ons liefdevolle Vader, is by ons op skool!
[4] Wat sal Hy wel van ons, wurms in die stof, kan leer, terwyl elke sinvolle woord tog uit ons mond vooraf vanuit Hom in ons moet kom, voordat ons in staat is om dit uit te spreek?" Aan die ander kant, indien ons dit tog onder die dekmantel van die geheimhouding doen, dan is ons ouers, broeders en kinders drievoudig bedrieg: Eenmaal deur elke woord van ons, omdat ons in ons hart noodgedwonge anders handel en anders moet dink; vir die tweede maal omdat ons vir die skyn vir hulle oor `n ander God, wat nie bestaan en nêrens is nie, moet preek en Hom aanbid en hulle volgens hulle wil ook moet aanmoedig, om die ware, lewende God, wat onder en te midde van ons is, in die openbaar te verloën;
[5] en vir die derde maal, omdat hulle deur `n onegte liefde vir `n God, wat nêrens bestaan nie, van al die beloofde onmoontlik ooit iets sal en kan ontvang omdat die ontvang in die gees immers altyd afhang van die liefde in die gees en in die waarheid.
[6] Of sal ons toesegging nie wees asof ons in `n stikdonkere nag vir iemand sou sê: "Luister, broeder, as jy honger het, gaan dan honderd treë verder; daar sal jy spoedig `n swaar belaaide vyeboom aantref, wat jou ruimskoots met sy vrugte sal versadig!", terwyl ons tog maar al te goed sou weet, dat op die aangeraaide plek nooit `n vyeboom was nie, nie staan en ook nooit sal staan nie, omdat op die plek niks anders is as `n wydgapende afgrond van `n onmeetlike diepte, terwyl ons intussen die egte, baie swaar belaaide vyeboom agter ons rug verberg!
[7] Na hierdie oorweginge word hulle uit - en inwendig stom en weet geen raad meer en kon nie meer heen of terug, nie meer in of uit, nie meer op of af nie.
[8] Daarop open Asmahael dadelik Sy mond en sê vir die drietal: "Waarom die twyfel in julle harte? Begaan julle `n onreg deur My wil te doen? Hoe kan julle dink dat Ek so-iets vir julle sou beveel het? Waarom ondervra julle nou julle hart en nie vir My nie, terwyl Ek in julle midde is, as julle êrens aan iets twyfel?! Of is julle van mening dat slegs hierdie weg die korrekte is, wat julle swak oog as sodanig herken?
[9] Het julle nie self gesê dat My weë ondeurgrondelik en My raad onnaspeurbaar is nie; hoe kan julle dan nog twyfel en suiwer dwase dinge in julle hart bedink?!
[10] Of is julle liefde tot julle vaders, broeders en kinders groter as die van Myne, wat alle dinge, hulle en julle in die bestaan roep tot ewige voltooiing van die lewe in My en uit My?!
[11] As julle nou glo dat Ek Hy is, julle aller Skepper en heilige Vader, in die liggaam van Asmahael, hoe kan julle dan nog vra of dit wel goed en suiwer sal wees wat Ek julle aangeraai het om te doen?!
[12] Is Ek dan nie meer as Adam, wat Ek gemaak het en al sy kinders, wat Ek uit hom verwek het nie?!
[13] Wees daarom onbesorg en volg My ondeurgrondelike raad, dan sal julle die korrekte doen: Want julle woord sal uit My wees en julle leer, wat tot My gerig is, sal `n leer wees vir julle en julle kinders, en julle vaders sal vreugde daaraan belewe en dit uitjubel.
[14] Maar nou moet Ek ook nog Adam se wil vervul! Amen."
|
|
|
|
|