Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die doel van die aardse lewe

118 Toe die vyf dit uit Asmahael se mond hoor, staan Set te midde van hulle op en sê: "Kinders, dit is die wortel van die lewe en die enigste seker kenmerk daarvan in ons dat ons die lewe waarlik in ons besit het en derhalwe nie meer volgens die gees dood is nie, indien ons volgens Asmahael se heilige woord, baie duidelik die Lewende in ons lerend en troostend kan waarneem.

[2] Waarlik, `n klip of `n ander dooie voorwerp is in ewigheid nie daartoe in staat nie! Of kan die dode homself aan die dode openbaar?!

[3] Hoe kan die ene met begryplike woorde onderrig gee en die ander dode dit aanhoor en begryp en homself uiteindelik daarvolgens rig?!

[4] Ook al wou die lewende woorde aan `n dooie verspil, wat se nut sal dit vir hom hê, omdat hy dit tog immers onmoontlik kan hoor?!

[5] Ons lewe weliswaar in `n stoflike liggaam. Maar die lewe is alleen aan ons gegee as `n wekker, sodat die ewige lewende liefde vir God daardeur in ons hart gewek kan word; want ofskoon sulke liefde aan ons almal gegee is, is sy egter tog maar net aan ons gegee as `n slapende bruid, wat ons vooraf in ons, deur die onskatbare barmhartigheid van die uiterlike lewe moet wek, sodat sy dan as die eintlike, ware lewe in ons, eerste van die Lewe van alle lewe sal leer om te lewe in alle vryheid, mag en krag, ons uiterlike lewe in onsself sal opneem en ons dan met en in haar, netsoos sy in God, een en dieselfde ewige lewe word.

[6] In die uiterlike lewe kan ons volgens die bestaande vorme dink en wel van beeld tot beeld en van die een saak en handeling na die andere. Maar al die dinkery is nie ons werk nie; want die Heer het ons woonhuis immers so ingerig dat iets van alles daarin te vind is. Wat homself daarin bevind, bespeur ons immers duidelik deur ons gedagtes! Maar is dit maar net vir die huis of vir die lewe van die gees aan ons gegee?

[7] Sien, dit is `n heeltemal ander vraag! Maar ek dink dat die gedagte, as soekende wat voortdurend soek, en wat gewoonlik niks vind wanneer hy homself te ver verwyder het van die plek waar die verborge lewe rus nie.

[8] Die regte gedagte moet nie opvlieg as `n gier nie, maar moet net soos `n grasmuggie onder die groen blare van die plante na die glinsterende wurmpie soek; en daar waar die groen skadu van die gras die donkerste word, of waar die meeste vaste vertroue is, daar sal die wurmpie homself sekerlik ophou en ook te vinde wees.

[9] O Asmahael, sien, so het ek dit opgevat! As ek so glo, sal ek dan tog wel die lewe vind en my kinders met my? As dit U wil is, laat my tog in elke geval weet! Amen."

[10] Dadelik daarna vra Asmahael aan Set: "Luister, Set! As jy nou goed gespreek het, sê dan vir My waar die woorde vandaan gekom het! Maar as jy daarby glo dat jy op `n dwaalweg is, waarom pynig jy dan jou longe en jou tong so lank tevergeefs?"

[11] Waarop Set antwoord: "O Asmahael, wie is dan in staat om sonder U ook maar `n woord oor Sy lippe te bring?!

[12] U is ook in staat om uit klippe en uit verskeurende diere woorde van lewe te verkondig; waarom sou U dit dan nie deur my mond doen nie, wat U daarvoor geskape het?

[13] Maar ek bedoel, dit is nie een en dieselfde om te praat en ook reeds ten volle te begryp wat `n mens gesê het, want U het ons almal tog op weg van die middag na die aand liefdevol voldoende te verstane gegee hoe weinig ons almal van dit begryp het wat ons mekaar reeds gedurende die lang tyd voorgehou het.

[14] Vandaar dat ek dan nou ook glo dat ek uit U die volle waarheid gespreek het; maar of ek dit ook volkome begryp het, o Asmahael, dit sal U tog sekerlik die allerbeste weet! Wees daarom barmhartig en laat my weet in U liefde en erbarming! Amen."

[15] En Asmahael antwoord Set as volg: "Luister Set! jou woord is `n ware woord; want dit is `n woord uit My. Elkeen wat egter met `n deemoedige hart spreek uit Naam van My wil en dit nie doen vir tydelike beweegredes of watter selfsugtige belange ookal nie, maar slegs uit liefde tot My en daaruit tot Sy broeder, - waarlik, daar sal nie `n klank oor Sy lippe kom, wat nie uit My sal wees nie! Maar diegene wat weliswaar ook uit My Naam spreek, maar daarby Sy oog verhef bo die van Sy broeder en Sy hart hebsugtig laat versink in die vore van die aarde, - waarlik, hy is soos `n giftige struik, omdat hy netsoos hierdie struik die goddelike liefdeslig en sy alles lewendmakende warmte binne-in homself omsit in wat verderflik en dodelik is, in plaas van in die ontluikende en die ewig lewend­makende!

[16] Maar as jy reeds jou slapende bruid gewek het, omdat jy in staat was om so te spreek, dan is daar vir jou tog immers niks anders meer as om daarvolgens te handel nie. Handel dus daarvolgens, dan sal jy een word met jouself en sodoende ook met My, en dit geld ook vir almal wat net soos jy sal handel! Amen. Begryp dit, Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205