Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Drie seuns van Adam gee gehoor aan Henog se roep

127 En Henog gaan ylings op weg en doen wat Asmahael hom aangeraai het.

[2] Toe hy vir die eerste maal roep, verskyn `n oudste seun van Adam, wat êrens uit `n verborge plekkie in die aarde tevoorskyn gekruip het, baie spoedig en hy vra: "Henog, seun van Jared, as ek jou goed begryp het, dan sal ek jou ook volg!"

[3] En Henog antwoord hom: "So wil diegene wat verlangend op jou en al jou kinders wag en jy het dit dan ook goed begryp!

[4] Maar ek moet nog tweemaal roep en daarby sal jy jouself baie goed van die onmiskenbaarheid van die eerste roep kan oortuig!"

[5] En dus roep Henog vir die tweede maal. Ook na hierdie roep verskyn slegs `n oudste seun van Adam en vra aan Henog dieselfde as die eerste en hy kry dieselfde antwoord, net soos die eerste.

[6] En spoedig daarna uiter Henog die derde roep. Maar ook op hierdie laaste en hardste roep verskyn ook net `n oudste seun van Adam en stel dieselfde vraag aan Henog, net soos die voriges.

[7] Maar Henog antwoord hom: "Volg my roep en jy sal jou spoedig daarvan kan oortuig vanwaar die roep en die stem tot jou ore deurgedring het!

[8] Die stem is weliswaar die stem van Henog; maar die roep kom van bo!

[9] En vra nou nie verder nie, maar volg my vinnig en vertel my ook nie waar julle kinders en vrouens is nie; want na my sal `n andere Roepende dadelik kom, Wie se stem al jou kinders en vroue as die enig ware sal herken.

[10] Hoewel my roep ook `n ware roep van bo was, was dit egter tog `n vreemde stem wat hulle geroep het; daarom het ook slegs weinig daaraan gehoor gegee. Maar wanneer daar `n roep en een en dieselfde stem van die groot Roepende sal weerklink, dan sal die stem van hierdie ware roep in die diepte van die aarde deurdring; en daar sal nêrens meer dooies of lewendes wees wat nie dadelik die ware stem van die enig ware Roepende as volledig waar sal herken nie en ook niemand sal Hom vra, netsoos julle my vroeër nie, maar elkeen sal dan ook sy stem volg, hoe dit ookal sy.

[11] En laat ons onsself nou haas, want julle vader sien verlangend na julle uit! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205