Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die analogie van die Sterre

6 Lig nou jou oë van die aarde en aanskou die son, wat `n getroue beeld van die wedergeborenes is. Jy sal waarneem dat daar soms vlekke op haar gordel voorkom. Volgens die natuur, is dit uitbarstings van binne af, nes die vulkane op aarde en ooreenkomstig met die uitbarstings van die woede van God en is klein spore van Haar allesvernietigende Mag; wat in ooreenstemming met die natuur hier op aarde altyd deur groot of klein donderstorms, volgens die grootte van die vlekke, gedeeltelik op die aarde tot uiting kom. Tog word die Liefde, dan ook altyd, al hoe meer aktief en versag alles weer met die water van Barmhartigheid deur groot stormvloede uit die oewerlose meer van Haar barmhartige Barmhartigheid. So word alles weer in die grootste orde geplaas en buite hierdie orde, waarin Ek van ewigheid der ewigheid, die ewige Liefde Self is en waaruit en waarin alles wat is, geskape is, kan niks wat bestaan, nog ontstaan nie; en wie met sy vryheid uit hierdie orde tree, hy handel teen die Liefde en teen die lewe en sal vir ewig ten gronde gaan.

[2] Jy het nou die son gesien en begryp haar volgens die natuur wat eenvoudig is en moet wees, sodat sy kan bestaan vir die doel waarvoor sy daar is en moet wees uit die orde van die Liefde.

[3] Laat sak nou jou oog tot by die wedergeboorte van die gees en na die volk van God, en tot die Wet van die Liefde en tot die lewe van vryheid in die Lig, van die Barmhartigheid uit die waters van Barmhartigheid en die son sal onthul voor jou oë verby sweef en geen vou daarin sal vir jou verborge bly nie!

[4]Die son het ook sy pole, waaruit al die Lig en die Warmte uit die sentrum van rus en Barmhartigheid oor die volle omtrek uitgegiet word; en sou sy nie die rus van die pole gehad het nie, dan sou sy ook geen Lig gehad het nie. Want sien, die rus is onontbeerlik nodig vir die opname van Lig en Warmte en moet gelyk wees aan die rus van die Liefde in God, want net uit rus kom die ontvanklikheid vir die lewe en die lig.

[5] Wanneer die lug rustig is, is dit goed en vrolik op aarde; waai daar egter sterk winde in verskillende rigtings, kom swart wolke vinnig op en verdonker die lig.

[6] Julle begeertes is nes die winde, waardeur julle van alle soort sorge omring word, wat verhinder dat die Lig van Barmhartigheid in julle kan invloei, net soos wolke wat deur winde opgewaai word en verhinder dat die strale van die son op die aarde val.

[7] Daarom moet julle julle nie bekommer nie, al julle begeertes en sorge wat daaruit ontstaan, moet julle na my toe bring en aan My oordra, sodat julle rus kan kry en Ek bestendig in julle kan invloei.

[8] Soos die aarde reëlmatig, vanuit My orde rondom die rus van die pole draai, wat deur die Mag van My Liefde bewerkstellig word, sodat geen kant onbelig bly nie, so moet ook julle handelinge uit My Liefde voortgaan, wat oorspronklik in julle en ook agterna gegee is volgens julle vaardighede deur die gegewe woord van die ewige Liefde in die Wet van Medelye en Barmhartigheid. Soos die nag die aarde verkwik, sal die Liefde julle verkwik en soos die dag van die aarde sal julle verhelder word deur die Lig uit die son van Barmhartigheid.

[9] Julle moet net soos die winter wees, wat koud is in sy rus, maar daarom ook die meeste geskik is vir die opname van warmte, wat tot in die diepste, dieptes van die aarde is. By wie die winter aangebreek het, sal die lente ook aanbreek soos met die eerste lewe van die Liefde wat in julle is. Ook sal die somer aanbreek, uit die volste kragdadigheid van die Liefde, wat ook binne-in julle is deur die Barmhartigheid. Hierna sal die rustige herfs aanbreek, met die goeie vrug van die werke uit die Liefde en Barmhartigheid, waarin julle dan as volkome nuut geborenes in die lewe van die son sal kan ingaan, om die Aangesig van julle heilige Vader te aanskou om dan soos die son vir die hele wêreld te skyn, deur die groot Krag van die Barmhartigheid, die Liefde en die Barmhartigheid van die goeie, heilige Vader.

[10] Maar wie nie soos die maan en die aarde word nie, kan ook nie soos die son wees nie, - hy is nes `n komeet wat geen vastigheid het nie. Sy hele wese is gesteel uit die uitvloeisels van die barmhartigheid van die sonne en sy baan is deurmekaar, soos die weë van diewe en rowers en hy word gedryf deur die vrees vir die lig, van een kosmiese ruimte tot die volgende en sal in alle ewigheid nooit weer rus vind nie; en die Lig sal hom vervolg op al sy paaie en sy nietigheid verlig.

[11] En uiteindelik sal hy vergaan, soos `n verskietende ster; wat deur die Barmhartigheid uitgewerp en verstoot word, as gevolg van sy nietigheid en sal verteer word deur die berowing van die Barmhartigheid; want die Lig wat gesteel is, sal hulle vir ewig vernietig en hulle sal verder nie meer bestaan nie, net soos die vrug van bome wat te vroeg by die lig uitgespruit het, voordat hulle nog vastigheid deur die Liefde kon kry. Omdat hulle geen vastigheid het nie, vanweë die feit dat daar te min verbinding met die Liefde bestaan, word hulle swakker en swakker, val dan van die boom af en word vertrap en tot niet gemaak.

[12] Sien, hier het jy voor jou die sonne, aardes (planete), mane, komete en die verskietende sterre, volgens hulle wese en volgens hulle betekenis en so ook alles en ook elke enkele deel van die grootste tot die kleinste!

[13] Die Gees van die Liefde en Barmhartigheid is in julle en in alle Wysheid. Wie Hom hoor, sal alles in die diepte van die dieptes deurgrond en hy sal die dooies navors en hulle sal hom antwoord en hy sal die lewendes deursien en hulle liefde sal hom verkwik en hulle lig sal hom verheug en hy sal sy oor op die aarde lê om te luister en die gras sal vir hom die geheime van die Liefde vertel en die aardryk sal haar dieptes aan hom onthul en die berge sal sy stem hoor en die klank van sy woord sal deurdring tot die murg van die aarde en wanneer hy die see sal aanskou, dan sal die strale uit sy oë alle druppels daarvan verhelder en elke sandkorreltjie deurdring; en indien daar nog geeste is wat op die oordeel wag, sal hulle na die lig van sy oë toestroom, nes die visse en kruipende gediertes van die see en sal hulleself trek uit die waters soos na die lig van `n fakkel, wat bo die wateroppervlak gehou word, en sal hulle laat vang om verlos te word uit die kerkers van die ewige nag en hulle sal die Liefde herken en hulle dors les met die water van Barmhartigheid en grootword uit die swakheid tot sterkte en tot die Krag uit die Liefde van die Vader en van die Woord, wat die Liefde in die Vader is en die Gees, wat die Krag is in beide.

[14] En kyk, dit alles en nog baie ander dinge sal My Gees julle leer wanneer julle Sy Stem hoor! Sy Stem is nie hard nie, maar baie stil, - juis daarom alles deurdringend soos die Warmte van die Liefde en soos die Lig van die Barmhartigheid en soos die Krag van die barmhartige Liefde van julle heilige Vader.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205