Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die wese van die voorspraak

172 En nou swyg Henog en Sethlahem, in stilte wag hulle op die groot Aankomeling.

[2] Maar hulle hoef glad nie lank te gewag het nie; want nog voor hulle daarop bedag was, was Hy daar, ook reeds aan die sy van Jared en Abedam. Maar Adam moes met Eva en die kinders van Set hulleself intussen na die reeds bekende oggendhoogte begewe en vir hom daar, netsoos die res van die ander van die woning van Adam, wat aan almal bekend is, in blydskap wag.

[3] Nouliks het die Hoë Abedam by Henog by die offeraltaar aangekom, of Hy vra hom: "Beste Henog, luister, Ek het `n gekla gehoor in die hart van sommiges wat uit die middag afkomstig is! Sethlahem het hulle weliswaar die mond gesnoer; maar nou roep hulle hart des te erbarmliker en is dit vol ergernis!

[4] Wat dink jy moet ons met hulle doen?"

[5] En Henog antwoord die Hoë Vraer: "O Abba, U sê dit in my hart! Laat met hulle geskied volgens U wil, dit sal vir hulle die beste wees!

[6] En Abedam sê daarop wederom aan Henog: "Sien Henog, alleen daarom was die nagtelike storm toegelaat, sodat hulle hulle hoogmoedige harte sou kon verootmoedig; maar watter geringe uitwerking dit by hulle bewerkstellig het, het jy nou met jou eie oë gesien en met jou eie ore gehoor!

[7] Sou dit dan nie beter wees dat sulke ontstemdes nie sou bestaan nie, as wat hulle bestaan?!

[8] Moes `n mens hulle eintlik nie deur die aarde laat insluk nie, sodat hulle asem hierdie heilige plek nie verder sal bederf nie?!

[9] Nou, wat dink jy, sal dit goed wees, indien met hulle geskied volgens die waarde van hulle hart?"

[10] En Henog antwoord Abedam: "Heer, U Wie vol liefde en erbarming is, U wil is altyd gewyd en U erbarming oneindig en U het geen behoefte daaraan dat iemand U om erbarming smeek nie; maar tog verskaf U ons die geleenthede waarin ons ons eie harte moet ondersoek hoeveel naaste- en broederliefde daarin woon en hoe ver ons dit, vergeleke met U, in die barmhartigheid gebring het.

[11] Sien, omdat ek deur U oneindige barmhartigheid en erbarming insien dat in my die erbarming en liefde ten opsigte van my broers niks anders is as slegs net U erbarming en liefde nie, `n vonkie van U eindelose, meer as heilige liefdesvuur, daarom kom ek hier ook in my slegs skynbare erbarming tot U en beken dat niks van my, maar alles van U is, - my liefde is U liefde in my, my erbarming is U erbarming in my! Ek gee daarom o Abba, ewig dank, lof en prys daarvoor!

[12] O Abba, indien ek vir iemand gevoelens van erbarming het, dan voel ek egter ook tegelykertyd, hoe oneindig dit my erbarming laat opwel, vergeleke met U!

[13] Hoe sou `n arm swakke blinde daaraan toe wees, wanneer ek hom op grond van my erbarming te hulp wil kom, as U Homself nie reeds oneindig veel vroeër oor hom sou ontferm het nie?!

[14] Tog wil ek U vra of U Uself nie oor die swakke en blinde wil ontferm nie! As ek egter daarom vra, o Abba, dan vra ek nie om U tot iets te beweeg nie, maar of U my hart nie in barmhartigheid wil aansien nie, wanneer dit U uit U skat `n klein offer vir die broers bring nie!

[15] Daarom sê ek ook hier soos orals en altyd: O Abba, U heilige wil geskied! En wat my hart aan U in liefde en barmhartigheid bring - is `n geringe offer teenoor U oneindige liefde en barmhartigheid. Neem dit barmhartiglik op asof dit iets voor U sou beteken sodat ook ek, wanneer U barmhartigheid teenoor iemand betoon het, wat ons blindes as `n sigbare daad kan waarneem, saam met hulle wat U sigbare barmhartigheid ontvang het, bly kan wees!

[16] O Abba, neem my bekentenis genadiglik aan en wees geduldig met my dwaasheid; U heilige wil geskied nou en vir ewig! Amen."

[17] En Abedam kyk Henog uitermate vriendelik aan en antwoord hom die volgende:

[18] "Henog, jou woord was volmaak, omdat dit aantoon hoe dit met jou hart gesteld is en hoeveel uit liefde voortgekome wysheid daarin heers! Maar sodat jy ook volkome sal kan bewus word hoe alle voorspraak uit die ewige ordening geaard behoort te wees, luister daarom:

[19] As jy êrens sien dat `n arme broeder of suster `n bepaalde onvolkomenheid vertoon, dit wil sê dat hy liggaamlik gebrekkig is deur swakte of algehele onbruikbaarheid van `n sintuig, of dat hy arm is in sy hart, arm aan liefde, arm aan daadkrag, arm van wil, arm aan insig, arm aan verstand of totaal verarm van gees en aan alles wat van die gees is, en jy ontferm jou oor hom vanuit die liefde van jou hart tot My en van daaruit eers tot jou broeder of tot jou suster, sien, dan is jou erbarming volkome, omdat dit dan reeds `n opname van My groot erbarming is op dieselfde wyse as wanneer die wind deur die woud gaan en die bome beweeg en elke blaar aan die boom roer, waardeur dan elke blaar saggies beweeg en deur daardie beweging ook `n eie klein windjie teweegbring, wat deur die algemene groot wind sodanig opgeneem word. So stel dit in verhouding tot hom werklik iets voor.

[20] Jy sal egter ook reeds dikwels bemerk het dat wanneer die wind waai, hy ook die dor blare beweeg; maar omdat hulle dor is en daarom styf en dood, hou hulle dit nie teen die windstroom uit nie, breek van die tak af en dwarrel dan dood op die aarde neer. En al voer die groot wind hulle ook `n tydjie mee, sink hulle tog langsamerhand na benede, daar waar die vernietiging op hulle wag!

[21] Die blare van die boom is daartoe bestem; maar die mens nie! Wee diegene wat aan die boom van die lewe verdor is; waarlik, hy sal sy vernietiging nie vryspring nie!

[22] Uit hierdie gelykenis kan die volgende geleer word, dat slegs die lewende deur My groot erbarming tot `n lewende erbarming beweeg kan word. Sy erbarming word sodoende deur My erbarming opgeneem asof dit iets sou voorstel. Net soos wat die wind die sagte luggie van die blare opneem en dit dan met homself meevoer, en die ander blare ook roer, so is die verhouding van erbarming van die mens ook ten opsigte van sy medemens, vandaar dat die een broeder soveel moet doen vir die ander as wat hy kan vanuit die lewende liefde, ja vanuit My en deur My vanuit die lewende liefde en Ek sal dan sy daad en sy voorspraak aansien asof dit iets vir My sou beteken!

[23] Sien, as die wind dus waai, dan neem hy jou suggie saam asof dit enige waarde sou hê! Maar meen jy dat jou asemtog die wind sou kan versterk of hom selfs van rigting sou kan verander?!

[24] O sien, daartoe is die sug van alle lewende mense tesame geneem, nog nie in staat nie! Want die magtige wind kom en geen mens weet waarvandaan nie; en waarheen hy gaan, weet ook niemand nie, maar hy laat jou deur sy trek alleen sy ordelike rigting sien. Indien jy met die rigting saam asem, dan sal jou asemtog opgeneem en meegevoer word; maar adem jy eiemagtig teen die stroom in, dan sal jou asemtog teruggestoot word en sal in jou eie mond gebreek word en sodoende daartoe bydra om jou eie lewe te verstik!

[25] As jy huilend by `n stroom staan en trane van medelye val uit jou oë, waarlik, indien jy jou trane laat val in die water van die stroom, sodat hulle een daarmee word, sal dit ook met die water van die stroom in die see van erbarming toegevoeg word! Indien iemand ewenwel ook mag ween by `n stroom, maar hy sou nie gelet het op die water van die stroom nie en hy laat sy trane val op die sand van die oewer, sal sulke trane dan ook in die see beland?!

[26] Sien, wie dink om My deur sy voorspraak tot medelye te beweeg, is dié nie nog dommer as iemand wat van mening sou wees dat waar hy ook maar `n traan laat val het, die see daarheen sou moet kom en daar sy traan opneem sonder om ook maar in die minste ag daarop te slaan wat die see is en in welke rigting selfs elke bietjie tog al stroom nie?!

[27] Maar wie homself deur My laat beweeg, die verbly met sy erbarming in die ordening en sy trane val reeds onmiddellik in die see!

[28] Wie het dan `n voorbede tot My gerig of My daartoe beweeg om julle te skep toe daar buiten My nog niks bestaan het nie?! Of het Ek sedertdien miskien harder en liefdeloser geword, sodat Ek My deur My skepsels tot iets sou moet laat beweeg?!

[29] O sien, dit is waarlik nie nodig nie, maar wel dat My kinders hulleself deur My in hulle hart laat beweeg en My in suiwer liefde opneem, dan na die trekke van My groot erbarming let en sodoende ook lewendig mede-barmhartig word! Sien, dit is My wil!

[30] Toe Ek jou vroeër gevra het wat daar met hierdie weerspanniges moes gebeur, was jou antwoord immers korrek, omdat jy jou deur My laat gryp en aanraak het en so sal dit ook in die toekoms by elke opregte medelye met elke arme wees, want elkeen is vir die ander `n broeder in My liefde; maar as Ek dooies wil opwek, wie sal My dan wel vra om dit liewer nie te doen nie?!

[31] En sien, Henog, waar jy My vroeëre vrae nie heeltemal begryp het nie, ook hierdie muiters moet eers deur die aarde van die ware deemoed verslind word, voordat hulle lewend kan word!

[32] Daarom gee Ek jou nou ook `n dergelike leer. Laat die muiters nou maar na My toe kom! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205