Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die verlossende mag van die Liefde

90 En onmiddellik staan diegene wat daarvoor aangewese was op en gaan na die nog steeds met hulle gesig op die grond lêende kinders en bring hulle Adam se liefdevolle gebod oor, want dit was `n gebod van vryheid, oftewel een wat iemand wat `n gevangene was, weer kon vrymaak, omdat dit `n gebod van die liefde was.

[2] Nadat hulle hulle opdrag uitgevoer het, staan die kinders dadelik op en loof en prys My, dat Ek Adam se hart week gemaak het; as dit nie sou gebeur het nie, sou hulle Adam nie meer aangekyk het nie en indien hulle nog langer deur die aand terneergedruk sou gewees het, sou hulle seker moes versmag het.

[3] Toe Henog hulle uit hulle vrome hart voortkomende ernstige en volgens waarheid dankbare stemming ten opsigte van My en ook ten opsigte van die aartsvaders opgemerk het, versink hy terstond in die gees van My getroue liefde en rig uit My die volgende woorde tot die nou ontwaakte kinders van die aand:

[4] "Luister, liewe broeders en susters in God, ons God, wat `n magtige Heer is oor alle dinge en ons aller mees liefdevolle, heilige Vader, en ook in Adam, wat die geskape eersteling is vanuit God se almagtige, ewige liefde en ons aller liggaamlike vader:

[5] Dit lyk nou of die gebod wat julle met ysterbande in die ligswakke en trietsige aand afgesonder hou, nooit daar was nie. Die groot warmte van God se ewige liefde het die ysterbande laat smelt, soos die hoogsomer die vaste ys op die hoë berge laat smelt en die liefde gee julle nou `n ander gebod, die wet dat julle vry sal wees, volkome vry, net soos ek en al die vaders volkome vry is in die lewende liefde tot God, wat Self die ewige, allerhoogste en aller reinste liefde is en wat volstrek in en vir Hom die lewe van alle lewe Self is.

[6] Eers as julle Hom meer as julleself, julle ouers en julle kinders en alles wat die aarde dra en gee sal bemin, sal julle in julleself herken wat dit beteken: om vry te wees in die liefde tot God!

[7] Dan sal God julle opwek. Soos julle tot op hede vol angs en verdriet was onder die loodsware las van die gebod van die wysheid en julle nou vervul is met vreugde oor die vryheid, omdat ons julle in opdrag van Adam uit die lang slaap van die blinde eerbied gewek het, - sal julle dan, en wel in `n onuitspreeklike hoë mate, jubel, wanneer op grond van julle groot liefde tot God, Hy julleself in die gees en onder aanskouing van die hoogste waarheid uit Hom sal opwek tot die ewige lewe van die siel wat met die gees verenig is.

[8] Waarlik, wie van julle vandag begin, sal homself reeds môre oor `n verhewe en geseënde hart kan verheug! Maar by diegene wat in die liefde talm en homself meer met sy verstand sal besig hou, sal God ook talm en Hy sal in plaas van seën, aan die verstand harde klippe te kou gee, wat eerder die swak tande sal wen as dat hy dit sal fynkou, en meester van die klipharde wysheidsklippe sal word!

[9] Maar laat elkeen homself afvra wat makliker is: Om God lief te hê soos Hy ons aller mees liefdevolle, heilige Vader is, of God te erken soos Hy ewig God is in die ewige mag, krag, heerlikheid, wysheid, gewydheid, orde en liefde van Sy oneindige Gees!

[10] Wanneer julle egter julle broeder dwing om die geheime van sy hart aan julle te onthul, sien, dan verberg julle broeder sy hart vir julle ondersoek en kry julle niks anders van hom te hore as `n berisping, wat julle teregwysend vermaan om julle dwase begeertes in toom te hou en julle nie te bekommer oor die geheime van die hart van julle broeder nie, maar slegs om sy liefde, of hy julle liefhet soos wat julle liefhet; maar wanneer julle geen sorge maak oor dit wat slegs van julle broeder is nie, maar hom in die plek daarvan tien keer meer liefhet as jouself, - sien, as julle broeder dit in sy hart sal merk, sal hy die deur van sy hart vir julle oopmaak en sal julle oor alles inlig wat vir julle van nut kan wees en hy sal hom hoogstens verheug of tog op die allerminste jou vol vertroue tot sy broeder maak!

[11] Sien, liewe broeders, presies so is dit by God! Wie was ooit daartoe in staat gewees om God te dwing om Hom aan iemand te vertoon of homself te onthul?! En indien Hy dit sou doen, wie sou dit dan kan bevat en in die lewe bly?! Indien julle egter God bo alles liefhet, sal Hy julle steeds meer en meer van ewigheid tot ewigheid met alle wysheid en met die allerhoogste begrip stuur en lei - steeds volgens die bekwaamheid en die grootte van die liefde wat julle vir Hom in julle hart koester!

[12] O liewe broeders, vors nie na nie en maak julle nie besorg oor julle verstand nie, maar bemin God, ons aller mees liefdevolle, heilige Vader, bo alles vanuit al julle kragte, dan sal julle in een oomblik meer ontvang as wat julle verstand in sy grootste skerpte in duisende jare in staat sal wees om die hoogste onvolkomenheid te ontraaisel!

[13] Liefde is die wortel van alle wysheid; daarom bemin, indien julle werklik wys wil word! Maar as julle liefhet, bemin dan vanweë die liefde en nooit vanweë die wysheid nie, dan sal julle werklik wys wees!

[14] Julle in die aand is nou vry; maar die liefde sal julle eers volkome vry maak in julle hart. Kom môre, kom in alle liefde na die nuwe fees van die Sabbat in die ware, vrye liefde tot God! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205